Finansiële Jaar Einde

Finansiële Jaar Einde


Wanneer jy voorberei om 'n finansiële jaareinde te doen, moet die volgende take gefinaliseer word voordat die proses kan begin:
  • Die afsluiting van alle projekte wat 'n wins of verlies toon wat gesluit moet word vir die finansiële jaareinde.  Let daarop dat alle projekte nie afgesluit hoef te word nie - dit hang af wat die doel van die projek was.
  • Die voltooiing van alle bankrekonsiliasies vir alle bankrekeninge, insluitende Geldmarkfonds rekeninge en Kleinkas.
  • Die uitvoer van 'n fisiese bevestiging van vaste bates (indien dit reflekteer op u Balansstaat)
  • Die uitvoer van 'n fisiese telling en waardasie van voorraad-items (indien dit reflekteer op u Balansstaat), wat die volgende kan insluit:
  1. Spyseniering en voedselvoorraad
  2. Skoonmaakgoedere
  3. Onderhoudsverbruikersware
  4. Skryfbehoeftes
  5. Snoepwinkel voorraad
  6. Werkboeke
  7. Ander winkelvoorraad
Projek rekenings wat vaste bates of lopende Laste verteenwoordig moet aktief bly sodat dit saldos daarvan kan oordra na die volgende jaar
Verder moet die onafhanklike ouditproses voltooi word vir nakoming en wesenlike toetse wat ontwerp is om getroue verteenwoordiging (betroubaarheid) te bewerkstellig deur:
  • Volledigheid
  • Akhuraatheid
  • Klassifikasie
  • Vergelykbaarheid
  • Verifieërbaarheid
  • Tydigheid
  • Verstaanbaarheid
Nadat die oudit voltooi is, moet die skool die volgende voltooi:
  • Alle ouditjoernale vir die jaareinde moet gepos word.
  • Alle bank rekeninge gerekonsilieër is soos op 31 Desember van die betrokke jaar.
  • Die skool moet verseker dat die surplus of tekort wat reflekteer op die proefbalans ooreenstem met die geouditeerde finansiële state. Indien die stelsel met die ouditeursverslag se wins of verlies verskil, moet die verskille geïdentifiseer word.  ‘n Goeie beginpunt is om die ouditeur se jaareind joernale wat geprosesseer was te versoek en seker te maak dat alles korrek gepos was.  Vra gerus u ouditeur om hiermee behulpsaam te wees.
Sodra hierdie take voltooi is en jy die jaar se geouditeerde finansiële state en 'n afskrif van die ouditeursjoernale ontvang het, kan jy voortgaan om die finansiële jaareinde op die stelsel te voltooi. Let wel dat die jaar einde nou uit verskeie stappe bestaan

Hoe om 'n jaar einde te proseseer

  • Kliek op die jaareinde knoppie
  • Kliek op die "doen jaareinde" knoppie
  • Stap 0: Laat steeds die postering van transaksies in die vorige finansiele jaar toe
  • Stap 1: Blok verdere postering van transaksies in die vorige finansiele jaar
  • Stap 2: Hier kan jy aantoon dat jy die finale proefbalans aan jou ouditeur oorhandig het
  • Stap 3: Hier jan jy aantoon dat jy die oudit joernale vir die jaar ontvang het en dit wil posteer. Die stelsel sal dan die joernaal funksie oopmaak om te kan posteer op 31 Desember van jou toepaslike finansiele jaar
  • Stap 4: Hier gee die stelsel die opsie om die netto wins/verlies te kan allokeer na verskillende eienaarsbelang of fondse rekeninge. Daar is verskeie skole wat byvoorbeeld hulle koshuise se winste in aparte opgehoopte fondse rekeninge wil allokeer of fondse wil oormerk vir spesifieke aanwendings wat dan tydens die stap gedoen kan word
  • Stap 5: Deur die stap te voltooi, sal die stelsel die finansiele jaareinde joernaal na die Algemene Grootboek toe pos en sodoende is jou finansiele jaar einde dan voltooi
Indien jy hulp nodig het met die prosessering van die jaar einde joernale, is jy welkom 'n versoek aan D6 se ondersteunings span te stuur waar hulle jou in kontak sal sit met hulle vennote wat skole met dit assisteer.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd
    • Related Articles

    • Algemene Grootboek Rekeninge

      Grootboekrekeninge maak deel uit van die grootboek van die skool, waar alle rekenkundige transaksies gestoor en opgesom word. Hierdie word benodig sodat die boekhouding stelsel suksesvol kan funksioneer. Grootboekrekeninge word normaalweg genommer. ...
    • Algemene Grootboek Verslag

      Hoe om die algemene grootboek verslag te skep Kies of jy vir Alle, Aktiewe of Geslote rekeninge wil vertoon. Kies om dit te sorteer volgens Rekeningkode, Rekeningnaam, Kategorie of Begrotingshoof. Kliek op "besigtig" om die verslag te toon. Die ...
    • Algemene Grootboek Joernale

      Hierdie funksie moet slegs gebruik word wanneer u transaksies op Grootboek rekeninge en Projekte wil teboekstel. Joernale word nie gebruik vir regstellings in debiteure rekeninge nie. Hoe om 'n joernaal te skep. Kliek op die "skep 'n joernaal" ...
    • Projekte

      Skole is soms besig met een of ander projek. Party projekte is vir ‘n spesifieke gebeurtenis, byvoorbeeld ‘n Kaskar-dag of Konsert, terwyl ander projekte deurlopend gedurende die jaar plaasvind, byvoorbeeld die verhuring van die Lapa. Omdat projek ...
    • Admin Jaar-Einde

      Die Admin-jaareindeproses (oorrol) moet voltooi word deur elke skool om die volgende jaar se rekords vir die leerders en personeel te skep in d6+. Verkieslik moet die proses eers begin word NADAT die finale punte ingelees is. Behalwe as jy gebruik ...