HERREGISTRASIEVORMS

HERREGISTRASIEVORMS


Hierdie funksie genereer 'n Herregistrasievorm met die leerder se huidige inligting.  Sommige gedeeltes van die vorm kan gewysig word volges die skool se voorkeure. 

Genereer die herregistrasievorm


Herregistrasie vorms inligting:
  • Kies die rapport titel.
  • Kies om herregistrasievorms vir Registerklasse, Leerders (huidige) of Leerders (verlaat) op te stel.
  • Kies die papiergrootte
  • Kies of ‘n onderneming deur ‘n biologiese ouer gedruk moet word of nie.
  • Kies of die Provinsiale logo gedruk moet word.
Rekenpligtige/Debietorder informasie:
  • Kies of Rekenpligtige/Debietorder informasie gedruk moet word.
  • Indien die skool debietorders gebruik, kies die tydperk waarin debietorder betalings moet geskied.
  • Kies of uitstaande gelde opsie op Debietordermagtiging gedruk moet word.
Kontrak met skool:
  • Kies of die kontrak met die skool gedruk moet word.
  • Kies die tydperk van skoolgel betalings.
  • Kies of 'n opsie vir eie betalings reëlings geduk moet word.
Leerderinligting:
  • Kliek op die regsiterklas of leerder en gooi oor na regs met die pyltjies.
Besigtig knoppie:
Die vorm kan gedruk word en as harde kopie uitgedeel word.

E-pos knoppie:
Die vorm kan per epos gestuur word na die ouers wie aangedui het dat hul kommunikasie van die skool wil ontvang. Hierdie opsie word aangedui op die Leerder se profiel vir Ouer 1 en 2 afsonderlik.  Die boodskap wat die epos vergesel sal in elke ouer se voorkeur kommunikasietaal gestuur word.

Wysig e-pos templaat
Die inhoud van die epos teks wat die vorm vergesel kan gewysig word. Maak gebruik van die beskikbare velde om die boodsap meer persoonlik te maak.
Indien u die epos formaat wil toets, vervang een van die ouers se epos adres tydelik met jou eie en epos 'n vorm na jouself.

Wysig Kontrak:

Sommige gedeeltes van die vorm kan gewysig word volges die skool se voorkeure.  Die volgende gedeeltes van die vorm kan geredigeer word:
  1. Kontrak
  2. Vrywaring/Toestemming
  3. Vrywaring
  4. Ouer onderneming
  5. Debietordermagtiging
Gebruik die volgende kolomme om een van hierdie afdelings te wysig.
Om addisionele reëls by te voeg, klik op "Voeg by" op die betrokke oortjie.
ITEM
DOEL
Induikvlak
Dui die induikvlak van die inhoud aan. Vlak 1 sal nie induik nie, maar op die kantlyn begin.
Paragraaf nommer
Moet die paragraaf genommer word met 'n letter, nommer , of romeinse nommer?
Opsie keuse
Moet 'n opsie blokkie links van die paragraaf verskyn (tick box).
Opsie Letter
Tik die letter of syfer wat in die blokkie moet vertoon of los leeg indien geen syfer moet vertoon nie.
Inhoud Eng
Tik die inhoud wat op die vorm moet vertoon wanneer dit in Engels gedruk word. Die inhoud sal oor verskeie reëls vertoon indien nodig. Addisionele reëls kan bygevoeg word met die "Voeg by"-knoppie.
Inhoud Afr
Tik die inhoud wat op die vorm moet vertoon wanneer dit in Afrikaans gedruk word. Die inhoud sal oor verskeie reëls vertoon indien nodig. Addisionele reëls kan bygevoeg word met die "Voeg by"-knoppie.
Volgende bladsy
Dui aan of hierdie reël op n nuwe bladsy moet begin.
Opskrif
Dui aan of hierdie reël as 'n opskrif met wit teks op n swart agtergrond moet vertoon.
Sorteer
Dui aan waar die reël op die vorm moet verskyn deur 'n paragraaf nommer in te tik.
Status
Dui die status van die reël aan:
Aktief: die reël verskyn op die vorm
Onaktief: die reël  verskyn nie op die oomblik op die vorm nie. Die status kan enige tyd weer na Aktief verander word.
Verwyderreëls wat verwyder is kan nie weer herwin word nie.



Elektroniese Registrasies

Dit is nou moontlik om leerderinligting met 'n Excel-tempaat in te voer. Skole kan 'n Google-vorm skep wat deur ouers ingevul moet word om die nodige inligting in te samel.
Kyk na die instruksies en 'n voorbeeld hier




© Copyright d6 group (Pty) Ltd

    • Related Articles

    • Leerders

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Leerders funksie is die middelpunt van die invordering van die skool se administratiewe data. Hierin kan alle demografiese inligting, kontak inligting en rekening ...
    • Leerders Per Heffings Item

      Hoe om die leerders per heffingsitem verslag te skep Kies die heffingsitems wat jy wil besigtig en kliek op die pyltjies wat na regs wys om op hul te rapporteer. Kliek op "besigtig" knoppie om die verslag te toon. Die verslag sal geskep word as 'n ...
    • Bate Verslae

      Hoe om die ingevoerde bates verslag te genereer Kies hoe jy die verslag wil genereer. Dit kan gedoen word deur op die af-pyltjie te kliek by "Groepeer Volgens" Kies om te filtreer volgens die eienaar deur op die af-pyltjie by "Filtreer Volgens ...
    • DISSIPLINE

      GENEREER DIE DISSIPLINE VERSLAG Kies vir wie die verslag gedruk moet word. Kies die periode waarvoor die verslag opgestel moet word. Indien u enige van die eerste drie Leerders verslae gekies het, kies dan om die onderwyser te vertoon. Indien u enige ...
    • DATA VERIFIKASIE

      GENEREER LEERDER DATA VERIFIKASIE VORMS Kies om die vorms te genereer vir Registerklasse, Leerders (huidig) of Leerders (verlaat). Kies om die data oor twee bladsy te druk of om al die bladsye te druk. Indien u twee bladsye kies sal slegs die ...