Kalender Gebeure

Kalender Gebeure


My Skool > Kommunikasie > Kalender Gebeure

Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.

Hierdie funksie laat 'n gebruiker toe om Kalenders te bestuur.  


  • Wie kan Kalenders bestuur?

    • Slegs persone met gebruikersregte by My Skool > Kommunikasie > Bestuur Kommunikasie regte (Superuser / Administrateur) sal Kalenders kan redigeer, skep of verwyder. Moderators sal bestaande kalenders kan redigeer en kan outeurs en redakteurs aanwys.

  • Wie kan Kalender gebeure bestuur?

    • Slegs persone wat aangewys word as Moderators of Administrateurs of outeurs/redakteurs wat spesifiek aangewys is vir kalender regte redigering by My Skool > Kommunikasie > Bestuur Kommunikasie regte.

Trek Kalender gebeure in vanaf Excel:

Dit is moontlik om kalender gebeure vanaf Excel in te trek indien die tabelle in Excel in die voorgeskrewe formaat is. 




Nota: Die kolomopskrifte in die Excel lêer wat ingetrek moet word, moet dieselfde formaat behou soos voorgeskryf. Die 'Vereiste Excel uitleg templaat' kan afgelaai word en gebruik word.


  • Kies die kalender waarin die gebeure ingetrek moet word.

  • Kliek op “Trek in vanaf Excel” om die lêer te kies met kalender gebeure wat ingetrek moet word.



Redigeer / Voeg kalender gebeure direk by in die stelsel:


  • Kies die relevante Kalender waarvoor gebeure bestuur moet word deur op die af-pyltjie te kliek.

  • Die eerste 'Kalender Gebeure tab' sal toelaat dat bestaande kalender gebeure bestuur kan word.

  • Om byvoegings te maak, kliek op die 'Voeg by' knoppie.

  • Tik die titel van die gebeurtenis in the titel blok. (Hierdie is 'n verpligte veld).

  • Tik 'n beskrywing in vir die gebeurtenis. (Nie verpligtend).

  • Voeg die datum en tyd by wanneer die gebeurtenis sal begin en eindig.

  • Dui aan waar die gebeurtenis gaan plaasvind.

  • Kies die kalender/s waarby hierdie gebeurtenis bygevoeg moet word, deur op die kalender/s te kliek en te skuif na regs.

  • (Hierdie gebeurtenis sal vertoon in alle aktiewe kalenders aan die regterkant).

  • Heg aanhegsels aan indien nodig deur te kliek op die blokkie by 'voeg aanhegsels by'.

  • Kliek op die 'Voeg by' knoppie.

  • Kies om 'n lêer of 'n 'URL' web-skakel te gebruik.

  • Voeg 'n lêer by:

  • Tik 'n titel in vir die aanhegsel.

  • Kliek op die 'Voeg lêer by' opsie en soek op jou rekenaar vir die relevante lêer.

  • Voeg 'n web-skakel (URL) by:

  • Tik 'n titel in vir die aanhegsel.

  • Voeg die 'URL' web-skakel in die blok wat voorsien word.

  • Indien jy ingeteken is as 'n Outeur, sal jy slegs in staat wees om 'n kalender gebeurtenis te stoor as 'n konsep. 'n Redakteur kan sy/haar eie gebeure skep en publiseer (of stoor as 'n konsep). 'n Moderator of Administrateur kan sy/haar eie gebeure skep en publiseer maar ook die gebeure van ander publiseer.



NOTA:  Beide 'URL' web-skakels en lêers kan gebruik word. Hou in gedagte dat die aanhegsels se grootte nie 25 MB moet oorskry nie.
  1. Kies om 'n Nuus-item of blitskennisgewing te stuur indien nodig. 
  • Kliek op die tweede 'tab' om die Kalender te besigtig.

  • Kliek op die blou sirkels met pyltjies om tussen verskillende datums te navigeer, of kliek op die maand/week/dag knoppies.



© Copyright d6 group (Pty) Ltd.





    • Related Articles

    • Kommunikasie Groepe

      My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kanale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kommunikasie Kanale is die skakels tussen Ouers/ Ander Kontakpersone en d6 Connect inhoud. Multi-platform en d6 Connect boodskappe kan gestuur word aan ...
    • Kalenders

      Kalenders kan hier bygevoeg, geredigeer en verwyder word. Kalenders wat geskep word by die skep van 'n kanaal waaraan die nuwe kalender gekoppel is, sal ook in hierdie tabel wys waarvandaan dit verder verander kan word. Stelsel kalenders kan ook ...
    • Kommunikasie Kategorieë

      Inleiding My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kategorieë Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kommunikasie kategorieë is geskep om inligting te kategoriseer wat gedeel word met kliënte/ gebruikers. Skep 'n Kommunikasie Kategorie Om ...
    • Multi-Platform Kommunikasie

      My Skool > Kommunikasie > Multi-Platform Kommunikasie Druk <Ctrl><F> to search for words in the article Hierdie funksie laat die gebruiker toe om kommunikasie te stuur deur verskillende mediums sonder duplikasie en onnodige kostes. Dit kan E-pos, SMS ...
    • Huiswerk

      My Skool > Kommunikasie > Huiswerk Hierdie afdeling in die stelsel word binnekort gestaak weens 'n baie lae gebruik. Huiswerk moet liewer gestoor word as 'n pdf dokument en dan as 'n bron gelaai word, gekoppel aan die gepaste kanale.