Kalenders

Kalenders



Kalenders kan hier bygevoeg, geredigeer en verwyder word. Kalenders wat geskep word by die skep van 'n kanaal waaraan die nuwe kalender gekoppel is, sal ook in hierdie tabel wys waarvandaan dit verder verander kan word. Stelsel kalenders kan ook gekoppel word aan reeds bestaande of nuwe Google kalenders of 'n bestaande iCal feed.

Wie kan Kalenders bestuur?

  1. Slegs gebruikers wat onder My Skool > Kommunikasie > Bestuur Kommunikasie Regte as Administrateur sal Kalenders kan skep, verwyder of verander. Moderators kan bestaande kalenders wysig en outeure en redakteure aanwys.

Wie kan kalender gebeure bestuur?

  1. Slegs gebruikers onder My Skool > Kommunikasie > Bestuur Kommunikasie wat as Moderators, Administateurs of Outeure/ Redakteure wat spesifiek aangewys word aan 'n kalender sal die kalender gebeure kan wysig, skep of verwyder.

Bestuur skool kalenders

Skep 'n kalender 

  • Om 'n kalender te skep kliek op die "voeg by" knoppie.
  • Sleutel die Kalender naam in ( Hou die naam so beskrywend as moontlik om maklik te identifiseer waarvoor die kalender is).
  • Kies die kleur waarin jy wil hê die gebeure van die kalender moet vertoon.

  • Kies of die kalender moet wys op die skool kalender.
  • Kies of die kalender beskikbaar is as:
    Publiek ( beskikbaar vir enige iemand wat jou skool volg)
    Nie publiek (beskikbaar vir persone in die spesifieke kanale waarop jy die kalender deel.)
  • Kies of die kalender moet sinkroniseer met 'n ander kalender soos Google calendar.
  • Jy kan ook 'n nuwe Google kalender skep.
  • Wanneer jy 'n bestaande Google kalender gebruik sal die stelsel jou die opsie gee om "die kalender te deel met die volgende persone om nuwe gebeurtenisse te mag skep"
  • Kliek op die " Voeg gebruiker by" knoppie.
  • Kies of jy 'n ouer of 'n personeellid wil byvoeg.
  • Plaas die persone wat jy wil regte gee oor na die regterblok 
  • Let wel dat hierdie nie persone is vir wie jy regte wil gee om te besigtig nie maar redigeer regte. Jy kan verskeie gebruikers kies.
  • Of jy kan kies om die kalender te sinkroniseer, jy sal toegelaat word om die URL in te sit vir die iCal sinkronisasie.

Hersien opgestelde iCal strome:

  1. Kalender gebeure kan gereeld ingevoer word vanaf 'n eksterne iCal stroom adres.
  2. Stel dit op op die Kalenders tab deur die "Sinkroniseer kalender" veld van die kalender te verander na "iCal stroom".
Redigeer/ Verwyder 'n Kalender
Let wel: Die wysig en verwyder knoppies sal slegs beskikbaar raak wanneer 'n kalender gekies is. 

  1. Kliek op die kalender wat jy wil redigeer en kliek op die "wysig" of "verwyder" knoppie.
  2. Maak die veranderinge wat nodig is en kliek op die "stoor" knoppie wanneer jy klaar is.
  3. Die stelsel sal 'n boodskap wys wanneer jy "verwyder" kies: Die kalender asook alle gebeurtenisse wat reeds op hierdie kalender aangeteken is, gaan nou verwyder word. Is u seker u wil voortgaan? Kliek op "Ja" of "nee"

Bestuur kalender gebeure en besigtig kalender

    • In die lyntjie waar die kalender wys (heel regs) is daar 'n skakel in blou na die kalender. Kliek op die skakel om 'n kalender gebeurtenis te sien. (wanneer die skakel blou in kleur is beteken dit jy het nog nie na die kalender gekyk nie en wanneer dit pers in kleur is beteken dit jy het reeds na die kalender gekyk).
    • Die eerste tab sal jou toelaat om die gekose kalender gebeure te bestuur.
    • Om 'n gebeurlikheid by te voeg kliek op die "voeg by" knoppie.
    • Sleutel 'n titel in vir die gebeure, voeg 'n beskrywing by vir die gebeure, kies die datum en tyd van wanneer die gebeure gaan begin en eindig, sleutel die plek waar die gebeure gaan plaasvind in.
    • Kies al die kalenders waar jy hierdie gebeure wil byvoeg deur hulle na regs te plaas.
    • Jy kan 'n aangehsel aan die gebeure sit deur op die blokkie by "voeg aanhegsels by" te kliek.
    • Kliek dan op die "voeg by" knoppie. 
    • Kies om of 'n lêer by te voeg of 'n web skakel (URL).
    • Sleutel 'n naam in vir jou aanhegsel.
    • Kliek op "Choose file" om die lêer op jou rekenaar te kry.
    • Wanneer jy kies om 'n URL by te sit, sleutel die URL skakel in in die blokkie daarvoor geskep.
    • Kies of jy die gebeure as 'n nuus-item of as 'n blitskennisgewing wil stel.
    • Kliek op "stoor as konsep" of publiseer.
Let Wel:  Jy kan beide lêers en 'n URL byvoeg. Hou in gedagte dat die aanhegsel nie  25 MB kan oorskry nie.

Om die Kalender te besigtig kliek op die tweede tab "Besigtig kalender".
Jy kan na verskillende datums navigeer deur te kliek op die pyltjies na die maande, week, dag knoppies.


© Copyright d6 group (Pty) Ltd.

    • Related Articles

    • Kommunikasie Groepe

      My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kanale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kommunikasie Kanale is die skakels tussen Ouers/ Ander Kontakpersone en d6 Connect inhoud. Multi-platform en d6 Connect boodskappe kan gestuur word aan ...
    • Kommunikasie Kategorieë

      Inleiding My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kategorieë Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kommunikasie kategorieë is geskep om inligting te kategoriseer wat gedeel word met kliënte/ gebruikers. Skep 'n Kommunikasie Kategorie Om ...
    • Multi-Platform Kommunikasie

      My Skool > Kommunikasie > Multi-Platform Kommunikasie Druk <Ctrl><F> to search for words in the article Hierdie funksie laat die gebruiker toe om kommunikasie te stuur deur verskillende mediums sonder duplikasie en onnodige kostes. Dit kan E-pos, SMS ...
    • Kalender Gebeure

      My Skool > Kommunikasie > Kalender Gebeure Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat 'n gebruiker toe om Kalenders te bestuur.   Wie kan Kalenders bestuur? Slegs persone met gebruikersregte by My Skool > Kommunikasie > ...
    • Bron Kategorieë

      Wanneer hulpbronne bygevoeg word wil ons graag weet na watter kategorie die hulpbron gesorteer moet word. Hierdie naam sal as 'n opskrif in die ouer se toep vertoon. Wanneer die hulpbron gestoor is, sal toepaslike Ouers en Ander kontakte wat gekoppel ...