KLASLYSTE

KLASLYSTE



‘n Klaslys word gegenereer sodat alle leerders se name in klasverband op dieselfde dokument vertoon word. Verskeie opsies kan gekies word wanneer ‘n klaslys gegenereer word en opsionele leerder inligting velde kan ook vertoon word

GENEREER KLASLYSTE

  1. Vir klaslyste van: Kies die jaar waarvoor die klaslyste gedruk moet word.
  2. Klaslyste soos op: Kies die datum vir die klaslys. Indien ‘n leerder op n toekomstige datun by die skool sal aansluit, sal hy nie op die huidige klaslys druk nie. Leerders verskyn nog op die klaslys op die “Verlaat” datum. Dit word gesien as die laaste dag in die skool
  3. Klaslys met: Dui aan of Leerder, Ouer, Mediese of Buitemuurse inligting gedruk moet word.
  4. Onderwyser naam: dui die formaat waarin die onderwyser se naam op die klaslys gedruk moet word.
  5. Vertoon Geslag: Kies Seuns/Dogter/Almal
  6. Druk Klaslyste: Kies tussen Portret en Landskap oriëntasie.
  7. Druk kolom opskrif hoogte: Dui die verlangde opskrif hoogte aan
  8. Druk lyn hoogte: Indien die klaslys oorloop na 2 bladsye kan die lynhoogte verklein word om op een bladsy te pas.
  9. Druk leë lyne: Dui aan of ‘n aantal leë lyne onder elke leerder se naam gedruk moet word.
  10. Druk aantal leë lyne: Kies hoeveel leë lyne onder elke leerder se naam moet vertoon.
  11. Druk leë lyne geskei: Kies of die lyne sigbaar moet wees of nie.
  12. Druk totale per geslag: Dui aan of die leerder totale opsomming regs bo aan die klaslys moet druk.
  13. Druk leë kolomme: Kies hoeveel leë kolomme by op die klaslys moet druk.
  14. Leerder inligting: Dui aan in watter formaat en volgorde die leerder name gedruk moet word.
  15. Druk bykomende inligting: Kies watter addisionele inligting op die klaslys gedruk moet word.
  16. Druk eie kolomopskrifte: Dui aan of kolomme met eie opskrifte bygevoeg moet word. Skep nuwe opskrifte of kies uit die beskikbare lys. Bestaande opskrifte kan ook verwyder word.
  17. Register klas: Kies die klas(se) wat geduk moet word.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd

    • Related Articles

    • Leerders

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Leerders funksie is die middelpunt van die invordering van die skool se administratiewe data. Hierin kan alle demografiese inligting, kontak inligting en rekening ...
    • Leerders Per Heffings Item

      Hoe om die leerders per heffingsitem verslag te skep Kies die heffingsitems wat jy wil besigtig en kliek op die pyltjies wat na regs wys om op hul te rapporteer. Kliek op "besigtig" knoppie om die verslag te toon. Die verslag sal geskep word as 'n ...
    • Bate Verslae

      Hoe om die ingevoerde bates verslag te genereer Kies hoe jy die verslag wil genereer. Dit kan gedoen word deur op die af-pyltjie te kliek by "Groepeer Volgens" Kies om te filtreer volgens die eienaar deur op die af-pyltjie by "Filtreer Volgens ...
    • DISSIPLINE

      GENEREER DIE DISSIPLINE VERSLAG Kies vir wie die verslag gedruk moet word. Kies die periode waarvoor die verslag opgestel moet word. Indien u enige van die eerste drie Leerders verslae gekies het, kies dan om die onderwyser te vertoon. Indien u enige ...
    • DATA VERIFIKASIE

      GENEREER LEERDER DATA VERIFIKASIE VORMS Kies om die vorms te genereer vir Registerklasse, Leerders (huidig) of Leerders (verlaat). Kies om die data oor twee bladsy te druk of om al die bladsye te druk. Indien u twee bladsye kies sal slegs die ...