Hoe om die klasopstelling te doen:
Voorvereiste om hierdie stap te voltooi, registerklasopstelling moet gedoen wees (My Skool > Personeel > Klaskamers).
'n Aanduiding moet gegee word van watter registerklasse gebruik gaan word.
- Vir elkeen van die klasse, kliek op die leë sirkeltjie langs die klas se naam en kliek op die redigeer knoppie.
- Sleutel 'n naam in vir die registerklas.
- Kies die klaskamernommer.
- Kies die onderwyser vir die klaskamer.
- Kliek op die stoor knoppie om die veranderings te stoor.
Nou kan jy aangaan na die volgende klaskamer.

Let wel: Voltooi hierdie stappe slegs wanneer jy seker is dat daar aan die voorvereistes vir die stappe voldoen is.
Administratiewe jaareinde kan nie teruggerol word nie en enige massa veranderinge wat toegepas is sal met die hand verander moet word.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd.