Koppel Ingevoerde Velde

Koppel Ingevoerde Velde


Met hierdie funksie kan die gebruiker die ingevoerde bate velde koppel. Dit sluit in die eienaars, toesighouers, areas, toestande, maateenhede, kategorieë, befondsing bronne en verskaffers. Alle velde wat ooreenstem met stelselvelde sal outomaties gekoppel word by die koppeling skerms. Indien jy seker is dat 'n outomatiese koppeling moes plaasvind, gaan asseblief die spelling van die velde in beide jou Bate Invoer Lêer en die stelsel na. Die stelsel sal beide Engelse en Afrikaanse name van dieselfde veld, ongeag die taal, aan mekaar koppel, gegewe dat die spelling korrek is. Indien 'n veld nie andersins gekoppel is nie, sal die waarde nie bestaan op die stelsel nie. Koppel dit asseblief ooreenstemmend. Hierdie proses sal verduidelik word in hierdie artikel. Indien jy 'n groot aantal bates ingevoer het, kan die koppeling skerms 'n tydjie neem om te laai en dit mag selfs voorkom asof dit glad nie reageer nie. Hierdie is normale gedrag. Wees asseblief geduldig en moet nie jou webblaaier verfris nie. Indien jy andersins aanhou tegniese moeilikhede ervaar, kontak asseblief die Hulplyn. Jy kan enige van hierdie stappe in enige volgorde doen, of selfs 'n paar koppelings doen en later terugkeer om die res te voltooi, maar dit is raadsaam dat jy die proses vanaf die intrek van die bates dwarsdeur tot op die laaste stap voltooi, om te verseker dat al die bate veld koppelings gedoen word.

Hoe om eienaars aan bates te koppel

  • Nadat die bates ingetrek is, kliek op die "koppel bate eienaar velde" om voort te gaan met die volgende stap. Andersins, kliek op die "gaan uit" knoppie en gaan voort met die volgende stap of kliek op die volgende knoppies My Skool > Bates > Bestuur > Koppel Ingevoerde Velde > Koppel Eienaars
  • Aan die linkerkant is die eienaars soos wat hulle ingetrek is vanaf die Bate Invoer Lêer
  • Vanaf die aftreklyste, kies die ooreenstemmende persoon wat geregistreer is op die stelsel wat by die eienaar van jou batelys pas
  • Kliek op die "stoor" knoppie om jou veranderinge te stoor
  • Kliek op die "ja" knoppie om voort te gaan

Hoe om toesighouers aan bates te koppel

  • Nadat die bates ingetrek is, kliek op die "koppel bate toesighouer velde" om voort te gaan met die volgende stap. Andersins, kliek op die "gaan uit" knoppie en gaan voort met die volgende stap of kliek op die volgende knoppies My Skool > Bates > Bestuur > Koppel Ingevoerde Velde > Koppel Toesighouers
  • Vanaf die aftreklyste, kies die ooreenstemmende persoon wat geregistreer is op die stelsel wat by die toesighouer van jou batelys pas
  • Kliek op die "stoor" knoppie om jou veranderinge te stoor
  • Kliek op die "ja" knoppie om voort te gaan

Hoe om areas aan bates te koppel

  • Nadat die bates ingetrek is, kliek op die "koppel bate area velde" om voort te gaan met die volgende stap. Andersins, kliek op die "gaan uit" knoppie en gaan voort met die volgende stap of kliek op die volgende knoppies My Skool > Bates > Bestuur > Koppel Ingevoerde Velde > Koppel Areas
  • Aan die linkerkant is die areas soos wat hulle ingetrek is vanaf die Bate Invoer Lêer
  • Vanaf die aftreklyste, kies die ooreenstemmende area wat geregistreer is op die stelsel wat by die area van jou batelys pas
  • Kliek op die "stoor" knoppie om jou veranderinge te stoor
  • Kliek op die "ja" knoppie om voort te gaan

Hoe om toestande aan bates te koppel

  • Nadat die bates ingetrek is, kliek op die "koppel bate toestand velde" om voort te gaan met die volgende stap. Andersins, kliek op die "gaan uit" knoppie en gaan voort met die volgende stap of kliek op die volgende knoppies My Skool > Bates > Bestuur > Koppel Ingevoerde Velde > Koppel Toestande
  • Aan die linkerkant is die toestande soos wat hulle ingetrek is vanaf die Bate Invoer Lêer
  • Vanaf die aftreklyste, kies die ooreenstemmende toestand wat geregistreer is op die stelsel wat by die toestand van jou batelys pas
  • Kliek op die "stoor" knoppie om jou veranderinge te stoor
  • Kliek op die "ja" knoppie om voort te gaan

Hoe om maateenhede aan bates te koppel

  • Nadat die bates ingetrek is, kliek op die "koppel bate maateenheid velde" om voort te gaan met die volgende stap. Andersins, kliek op die "gaan uit" knoppie en gaan voort met die volgende stap of kliek op die volgende knoppies My Skool > Bates > Bestuur > Koppel Ingevoerde Velde > Koppel Maateenhede
  • Aan die linkerkant is die maateenhede soos wat hulle ingetrek is vanaf die Bate Invoer Lêer.
  • Vanaf die aftreklyste, kies die ooreenstemmende maateenheid wat geregistreer is op die stelsel wat by die maateenheid van jou batelys pas
  • Kliek op die "stoor"  knoppie om jou veranderinge te stoor
  • Kliek op die "ja" knoppie om voort te gaan

Hoe om kategorieë aan bates te koppel

  • Nadat die bates ingetrek is, kliek op die "koppel bate kategorie velde" om voort te gaan met die volgende stap. Andersins, kliek op die "gaan uit" knoppie en gaan voort met die volgende stap of kliek op die volgende knoppies My Skool > Bates > Bestuur > Koppel Ingevoerde Velde > Koppel Kategorieë
  • Aan die linkerkant is die kategorieë soos wat hulle ingetrek is vanaf die Bate Invoer Lêer
  • Vanaf die aftreklyste, kies die ooreenstemmende kategorie wat geregistreer is op die stelsel wat by die kategorie van jou batelys pas
  • Kliek op die "stoor" knoppie om jou veranderinge te stoor
  • Kliek op die "ja" knoppie om voort te gaan

Hoe om befondsingbronne aan bates te koppel

  • Nadat die bates ingetrek is, kliek op die "koppel bate befondsing velde" om voort te gaan met die volgende stap. Andersins, kliek op die "gaan uit" knoppie en gaan voort met die volgende stap of kliek op die volgende knoppies My Skool > Bates > Bestuur > Koppel Ingevoerde Velde > Koppel Befondsingsbronne
  • Aan die linkerkant is die befondsingbronne soos wat hulle ingetrek is vanaf die Bate Invoer Lêer.
  • Vanaf die aftreklyste, kies die ooreenstemmende befondsings bron wat geregistreer is op die stelsel wat by die befondsings bron van jou batelys pas.
  • Kliek op die "stoor" knoppie om jou veranderinge te stoor
  • Kliek op die "ja" knoppie om voort te gaan

Hoe om verskaffers aan bates te koppel

  • Nadat die bates ingetrek is, kliek op die "koppel bate verskaffer velde" om voort te gaan met die volgende stap. Andersins, kliek op die "gaan uit" knoppie en gaan voort met die volgende stap of kliek op die volgende knoppies My Skool > Bates > Bestuur > Koppel Ingevoerde Velde > Koppel Verskaffers
  • Aan die linkerkant is die verskaffers soos wat hulle ingetrek is vanaf die Bate Invoer Lêer
  • Vanaf die aftreklyste, kies die ooreenstemmende verskaffer wat geregistreer is op die stelsel wat by die verskaffers van jou batelys pas
  • Kliek op die "stoor" knoppie om jou veranderinge te stoor
  • Kliek op die "ja" knoppie om voort te gaan
Op jou bate koppeling skerms sal jy 'n "gaan uit" knoppie sien. Kliek op hierdie knoppie om uit die skerm uit te gaan. Indien jy egter besluit om so te doen voordat jy die veranderinge gestoor het sal die stelsel 'n kennisgewing vertoon wat sê "U veranderinge sal verlore gaan, is u seker u wil voortgaan?" Kliek op die "ja" knoppie indien jy seker is jy wil uitgaan, andersins kliek eers op die "stoor" knoppie om die veranderinge te stoor.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd




    • Related Articles

    • Bestuur Ingevoerde Bates

      Hoe om ingevoerde bates se beskrywing te wysig Kies die eienaar van die bate by "Eienaar" Kies die area van die bate by "Area" Om die batelys te filtreer, kan jy die bate beskrywing in die Soek veld intik en dan kliek op die "soek" knoppie. Kliek op ...
    • Bates Oorsig

      My Skool > Bates Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat die gebruiker toe om 'n bateregister op te stel vir die skool onder die volgende opskrifte: Bate Kategorieë Besigtig of druk die lys van bate kategorieë. Die lys ...
    • Intrek Van Bates

      Met hierdie funksie kan die gebruiker bates vanaf ‘n Excel spreiblad in die stelsel intrek. Maak asseblief seker dat wanneer jy die Excel spreiblad weer inlees, dat jy nie dieselfde bate hoeveelhede inlees dat dit die totale vermeerder nie. Lees jou ...
    • Verskaffers

      Hoe om bate verskaffers te besigtig en te wysig Om 'n inskrywing by te voeg, kliek op die "voeg by" knoppie Sleutel die naam van die verskaffer in Kliek op die "stoor" knoppie om die verskaffer by te voeg Om 'n inskrywing te wysig, kliek op die ...
    • Bestuur Betalingsreëlings

      Hier sal jy al jou betalings reëlings kan besigtig en bestuur. Daar is ook seker sms'e wat hiervan af gestuur kan word. Kies die datum van die reëlings wat jy wil besigtig. In die "nagekom" kolom kan jy aandui of die betaling nagekom of gedeeltelik ...