Laai Zoho Assist Af

Laai Zoho Assist Af

My Tuiste > Stelsel Ondersteuning > Laai Zoho Assist Af

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel
Zoho Assist is betroubare gratis sagteware wat gebruik word om aanlyn bystand te verleen. Dit stel ons in staat om bystand te verleen deur middel van deel skerms vanaf enige plek in die wêreld.  Hierdie sagteware stel ons in staat om aan te teken op jou rekenaar en sodoende te assisteer.

Hoe om Zoho Assist af te laai en te gebruik

  • Kliek op die "Zoho Assist" knoppie
  • Die Zoho Assist applikasie sal begin aflaai op jou rekenaar en 'n ikoon sal verskyn in die onderste linkerkantste hoek van die skerm
  • Kliek op die af-pyltjie aan die regterkant van die ikoon
  • Kliek op ‘Open’ om die Zoho Assist applikasie te begin
  • Kliek op die "Install Zoho Assist on this computer" knoppie
  • Kliek op die "Accept & Install" knoppie
  • Daar gaan 'n kennisgewing blokkie verskyn wat vra of jy wil toelaat dat die volgende program veranderinge aan jou rekenaar maak en jy kan dan net "ja" kliek
  • Kliek op die "Zoho Assist" knoppie
  • Die skerm wat sal vertoon gaan vra dat jy die "session Id" moet insit wat dan deur die konsultant vir jou gegee sal word
  • Kliek dan op die "join session" knoppie
  • Sodra die sessie afgehandel is kan jy die Zoho Assist skerm toe maak.  Dit sal dan die sessie afteken

© Copyright d6 group (Pty) Ltd


    • Related Articles

    • Download Zoho Assist

      My Home | Download Zoho Assist Type <Ctrl> <F> to search for words in the article Zoho Assist is a reliable, trustworthy and free software for remote assistance, administration, remote desktop sharing and distance education from any place in the ...
    • Laai SA-SAMS databasis op

      Verslae > DOE > SA-SAMS > Laai SA-SAMS databasis op Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hierdie funksie laat die gebruiker toe om 'n bestaande databasis op te laai op die stelsel. Die doel van die funksie is om inligting wat in ...
    • Aanlyn Registrasies

      Gebruik hierdie bladsy om aanlyn registrasies/aansoeke te aktiveer of te deaktiveer, en om die aanlynvorm wat ouers sal invul om aansoek te doen vir plasing van hul leerders aan te pas. Dit is moontlik om te versoek dat dokumente by die aansoek ...
    • Kleinkas eisvorm

      Druk hierdie vorm af om amptelike uitgawes te eis wat aangegaan word deur eie geld te gebruik. Genereer 'n kleinkas eisvorm Kies "Voorskou" om die vorm op te laai. Vul al die nodige inligting in wat u moet eis. © Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Opleiding sessies

      My Tuiste > Opleiding Tik <Ctrl> <F> om spesifieke woorde in die artikel te soek Hierdie dokument gee inligting oor die verskillende opleidingsgeleenthede wat die stelsel bied. Ons bied aanlyn-opleiding, klaskameropleiding en e-Learning kursusse. ...