LEERDER AFWESIGHEDE

LEERDER AFWESIGHEDE



Afwesighede van leerders word vir verskeie doeleindes aangewend:

  • Bywoning statistieke van leerders aan die Departement
  • Aantoon van die aantal dae afwesig op rapporte
  • Aansporings vir klasse wat bv. 100% teenwoordig is vir ‘n week
  • Sertifikate vir leerders wat  100% teenwoordig was
  • Wees dus akkuraat met die inlees van leerder afwesighede aangesien dit baie ander prosesse beïnvloed.
Maak seker dat die kwartale en vakansiedae reg opgestel is voordat jy afwesighede begin insleutel. 

INSLEUTEL OF VERWYDERING VAN AFWESIGHEDE

Wanneer die gebruiker inligting wil uithaal uit die data kan die Excel knoppie gebruik word om die inligting na Excel toe uit te voer en verder te verwerk. Daar is ook ‘n “Excel Verslae”  knoppie beskikbaar wat verskillende verslae bevat wat jy moontlik wil gebruik.

  • Let daarop dat afwesighede vir leerders op grond van verskillende groeperings ingelees kan word:  U kan byvoorbeeld per Registerklas, Per Vakgroep of per Leerder direk inlees.  Vir die res van hierdie handleiding gaan ons die per Registerklas opsie verduidelik maar die res van die opsies is selfverduidelikend.
  • Kliek op die rooi sirkel met die wit kruis in om nuwe afwesighede in te lees.
  • Kies die registerklas waarvoor u afwesighede wil inlees deur die sirkel  langs die relevante klas te kies en dan op die blou  knoppie aan die onderkant te kliek - Die kortpad hier is om direk op die  knoppie langs die relevante klas te kliek.
  • Kies die datum van die begin van die week deur om op die verskillende kieslyste te kliek. U moet die dag, maand en jaar kies (dit moet ‘n Maandag wees)
  • Kies of alle leerders moet vertoon of nie deur om op die kieslys te kliek en te kies:
  • Kliek op die groen gaan voort knoppie.
  • Kliek op die kieslys langs "kies 'n leerder" om die leerder te kies wat afwesig was.
  • Die dae van die week verskyn op die veld. Vul die dae in deur op die blokkie te kliek.
  • Daar sal ‘n regmerkie in die blokkie verskyn. Onthou om die rede van afwesigheid in te vul deur op die kieslys te kliek.
  • Kies die toepaslike rede
  • U skool se opstelling vir die uitstuur van SMS boodskappe vir afwesighede word gedoen onder My Skool > Algemeen > Skool opstelling (Afwesighede Inligting)
  • U moet nou kies of Ouer 1, Ouer 2 of beide ‘n SMS moet ontvang oor die leerder se afwesighede, deur op die blokkie te kliek.  Let daarop dat die opstelling onder  My Skool > Algemeen > Skool opstelling (Afwesighede Inligting) reeds die korrekte ouers sal kies.

Dit is belangrik om die verskeie kleure en redes te besigtig voordat u ‘n ouer kies:

  • Indien daar meer as een leerder afwesig was, kliek op "voeg lyn by". 
  • Indien u ‘n foutiewe lyntjie geskep het, kliek op die tiek boksie langs die lytjienommer en dan op "vee lyne uit".
  • Wanneer u klaar is, onthou om op die groen "gaan voort" knoppie te kliek, sodat u data gestoor kan word.
  • Indien u stelsel opgestel is om SMS boodskappe vir afwesighede te stuur, sal die stelsel ‘n kommunikasie taak skep vir die gebruiker om te sien vir watter leerders SMSe gestuur moet word.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd
    • Related Articles

    • Leerder Afwesighede

      Oorsig Die Afwesiges-module maak voorsiening vir die handmatige vaslegging en bestuur van leerderafwesigheid. Hierdie data word gebruik om amptelike bywoningsistatistiek te genereer, akademiese rapporte aan te vul en ouerkennisgewings te aktiveer. ...
    • Leerders

      Oorsig Die Leerders-module is die sentrale administratiewe middelpunt van die d6-skoolbestuursoplossing. Dit fasiliteer die vaslegging en bestuur van leerder-demografie, mediese data, ouer/voog-kontakinligting en finansiële faktureringstrukture. ...
    • Leerder Afwesighede

      Inleiding My Skool > Leerders > Afwesighede Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Waarom word leerder afwesighede ingelees? Aanwesigheid statestieke vir die Departement van Onderwys  Om aan te toon hoeveel dae 'n leerder afwesig was op ...
    • Rapporte

      Oorsig Die Rapporte-module word gebruik om amptelike leerder-vorderingsdokumente vir interne en eksterne verspreiding te genereer. Dit konsolideer akademiese punte, bywoningsrekords en opvoeders se kommentaar in professionele sjablone wat gedruk of ...
    • Leerderoorsig

      Oorsig Die Leerderoorsig-module dien as 'n gesentraliseerde dataspilpunt wat 'n omvattende 360-grade blik op 'n leerder se skoolloopbaan bied. Dit konsolideer biografiese besonderhede, ouer/voog-kontakinligting, gedragsgeskiedenis, akademiese ...