LEERDER HERREGISTRASIES

LEERDER HERREGISTRASIES

Dit is raadsaam om te verseker dat u hierdie stappe slegs voltooi wanneer u seker is dat die voorvereistes vir hierdie stappe nagekom is. Die administratiewe jaareinde kan nie omgekeer word nie, en enige groot veranderinge soos toegepas, sal met die hand verander moet word.

My skool > Kurrikulum > Herregistrasies

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel
Met hierdie funksie word leerders herregistreer vir ‘n volgende jaar by u skool.  Hierdie prosedure het baie meer waarde as wat dit op die oog af lyk aangesien dit onder andere gebruik word vir statistieke vir Departementele rapportering, druk van oorplasingskaarte aan die einde van die jaar en leerder se klasindelings vir die volgende jaar. 

HERREGISTREER LEERDERS

  • Die volgende stappe kan vooraf gedoen word:
  • Alle Herregistrasie vorms moet voltooi word deur ouers en terug ontvang word.
  • Om Herregistrasie vorms uit te druk, kliek op die volgende knoppies:
  • Verslae > Leerders > Herregistrasie Vorms
  • Om Herregistrasies van leerders te doen, kliek op die volgende knoppies:
  • My Skool > Leerders > Herregistrasies
  • Die Rooi kolom wys die hoeveelheid leerders per register klas waarvoor daar nog geen terugvoer ontvang is nie of die herregistrasie proses nog nie 
  • Die Oranje kolom wys die hoeveelheid herregistrasie vorms wat nog uitstaande is per register klas. 
  • Die Groen kolom wys die hoeveelheid leerders wat herregistreer het vir die volgende jaar en die hoeveelheid leerders wat die skool verlaat teen die einde van die huidige jaar, per registerklas.
  • Kies nou die klas waarvoor u herregistrasies wil inlees deur om op die blou pyltjie langs die gekose registerklas te kliek, alternatiewelik kliek op die sirkel langs die klas se naam  en dan op die blou "Kies"  knoppie onderaan die bladsy.
  • Indien ‘n leerder se vorm uitstaande is, dui dit aan deur te kliek op die radio knoppie langs die leerder se naam . Onthou asseblief dat die stelsel u nie sal toelaat om voort te gaan met stap 2 van die admin jaareinde voordat alle uitstaande vorms nie terug ontvang is en u aangedui het of die leerders vir die volgende jaar herregistreer of verlaat het nie. Die leerders wat nie herregistreer het nie, sal nie beskibaar wees vir klasindeling nie.
  • Indien ‘n leerder herregistreer vir die volgende jaar, dui so aan deur te kliek op die  radio knoppie onder .
  • Indien ‘n leerder die skool verlaat in die nuwe jaar, dui so aan deur te kliek op die  radio knoppie onder.
  • As al die leerders in 'n register klas herregistreer vir die volgende jaar , merk die ‘Kies Alles’ Blokkie onderaan die lys van leerders.
  • Let op dat al die leerder name se agtergrond van oranje na groen verander het. Kliek op die "Gaan voort"  knoppie om voort te gaan of kliek op die "Besigtig voorlopige oorplasingskaarte" knoppie om die ooplasingskaarte van die leerders wat die skool gaan verlaat te besigtig en te druk.
  • Gaan nou voort om hierdie proses vir alle klasse in die skool te volg.


© Copyright d6 group (Pty) Ltd.

    • Related Articles

    • Herregistrasies

      My Skool > Leerders > Herregistrasies Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Leerders moet jaarliks aandui of hulle gaan aanbly by die skool die volgende jaar en of hulle aan die einde van die jaar die skool gaan verlaat. Hierdie Proses ...
    • Kurrikulum Opmerkings

      My Skool > Kurrikulum > Opmerkings  Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat jou toe om opmerkings te skep wat op die rapport kan wys aan die einde van die jaar of termyn. Opmerkings kan bygevoeg word om op die Rapport ...
    • LEERDER GETALLE

      Dit is raadsaam om te verseker dat die toelatings, herregistrasies en promoverings proses afgehandel is voordat die verslag (herregistrasies / promoverings) genereer om leerder getalle te vertoon vir die volgende admin jaar. Dit sal verseker dat die ...
    • PROMOVERINGS

      Promoverings laat u toe om elke leerder na die volgende graad te bevorder. Indien u nog nie die herregistrasie voltooi het nie sal die stelsel u outomaties terugneem na daardie funksie. Wanneer u promoverings doen moet u verkieslik by die hoogste ...
    • LEERDER PROFIEL

      LEERDER PROFIEL Hierdie funksie skep ‘n verslag wat die basiese inligting van die leerder, soos van tyd tot tyd versoek tussen skole, vertoon. Dit is raadsaam om te verseker dat alle data velde op die leerder se profiel inligting volledig ingevoer is ...