LEERDERVERLOF

LEERDERVERLOF


Hierdie funksie laat die gebruiker toe om verlof vir leerders in te lees wat swanger is, sowel as leerders wat nie by die skool is nie as gevolg van afstandsbywoning en Covid 19 regulasies.

Hoe om Verlof in te lees vir Leerders

- Kliek op die Leerderverlof knoppie en kies of jy verlof wil inlees vir 'n individuele leerder, alle verlof, of massa byvoeg/verwyder vir 'n groep. Kliek op die toepaslike tab.

Op die Leerders tab:
-  Sleutel die leerder se besonderhede in onder "Soek Leerder".
-  Kliek op "Voeg by" om verlof by te voeg vir 'n leerder.
- Daar is 4 tipes verlof om van te kies: Swangerskap, Afstandsbywoning, Geen skool agv Covid 19 en Nie teenwoordig agv skoolrooster.
- Kies die vanaf en tot datums en jy kan kommentaar byvoeg as dit nodig is.
- Kliek op "Stoor" om die verlof te stoor.

LET WEL: Swangerskap tel as afwesigheid terwyl Afstandsbywoning,  Geen skool agv Covid 19 en  Nie teenwoordig agv skoolrooster afgetrek word van moontlike teenwoordigheid. Gebruik die laasgenoemde opsies wanneer leerders nie by die skool moet wees nie, maar ook nie as afwesig getel moet word nie. 
Op die Alle Verlof tab:
- Dui die volgende keuses aan om lyste van spesifieke Leerder Verlof wat voorheen aangedui is, te sien.
- Graad
- Register Klas
- Vanaf en Tot datums
- Tipe verlof
- Sportspanne om te sien.

Op die Massa byvoeg/verwyder tab:
- Kies die graad en/of klas voorvoor verlof ingelees moet word.
- Kies die tipe verlof wat ingelees moet word, die vanaf en tot datums en voeg kommentaar by indien nodig.
- Verlof kan toegewys word aan 'n spesifieke geslag of aan leerders wie se vanne met 'n spesifieke letter begin.
- Kliek op Stoor om die verlof aan al die gekose leerders toe te wys.
- Indien jy 'n fout maak, kliek op Verwyder om verlof vir gekose datums en leerders te verwyder.

Nota: Om massa verlof makiliker in te lees, oorweeg om die groepe wie op verskillende dae skool bywoon, as Sportspanne op te stel. Indien die skool nie reeds die sportspanne vir Atletiekspanne gebruik nie,  ken die leerders toe aan bv Groep A & B. Wanneer massa toekennings gedoen word, sal u dit kan toeken aan Groep A of B en hoef  individuele leerders nie gekies te word nie. 
Sportspanne word opgestel by My Skool > Algemeen > Sportspanne.


Leerders op verlof en afwesighede, doen en late en leerder oorsig
- Op My Skool > Leerders > Afwesighede vir 'n leerder en datum waarvoor reeds verlof ingelees is, sal jy 'n sambreel ikoon kry op die datums waar die leerder reeds verlof het. Jy sal nie verdere afwesigheid vir die leerder kan inlees vir dieselfde datums nie.
- By My Skool > Leerders  > Doen - en - late sal die leerders wat reeds verlof het in pienk vertoon en wanneer jy die leerder kies om Doen - en - Late in te lees sal jy nie kan inlees vir die datums waarop die verlof val nie.
- By My Skool > Leerders > Leerder Oorsig kies die leerder en kliek op die Bywoning tab om die afwesighede sowel as die leerderverlof te besigtig.
- Die leerderverlof kan ook vinnig besigtig word op die My Skool > Leerders > Leerders skerm deur te kliek op die blou sambreeltjie ikoon na links van die leerder se naam.

Leerderverlof op Verslae 

- Verslae > Leerders > Afwesighede op die "Datumreeks" opsie sowel as die "Leerder (Huidig)" opsie word die leerderverlof sowel as die afwesighede aangedui.
- Verslae > Leerders > Teenwoordighede die leerderverlof is ingesluit in die totale van die bywoning.
- Verslae > Leerders > Doen - en - Late Verslag, beide afwesighede en verlof is ingesluit in die verslag.
- Verslae > Leerders > Bywoningsregisters, leerders met ingeleesde verlof sal uitgegrys wees op die datums van verlof.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd



    • Related Articles

    • Skool Aktiwiteite

      My SKOOL > PRESTASIES > SKOOL AKTIWITEITE Type <Ctrl> <F> to search for words in the article. Skool Kategorieë en Aktiwiteite word gebruik om veskillende prestasies te groepeer.  Die lys kan volgens die status vertoon word. Een of al hierdie statusse ...
    • Skool Opstelling

      Die Skool opstelling is die eerste en 'n belangrike stap wat voltooi moet word voor jy op die stelsel kan begin. Dit is belangrik om die inligting te voltooi met soveel detail as moontlik sowel as om te verseker dat die inligting waar en korrek is ...
    • Multi-Platform Kommunikasie

      My Skool > Kommunikasie > Multi-Platform Kommunikasie Druk <Ctrl><F> to search for words in the article Hierdie funksie laat die gebruiker toe om kommunikasie te stuur deur verskillende mediums sonder duplikasie en onnodige kostes. Dit kan E-pos, SMS ...
    • Wysig Skool Embleme

      My Skool > Algemeen > Wysig Skool Embleme Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hierdie artikel verduidelik hoe om jou skool embleem, rapport agtergrond en die Skoolhoof se handtekening op te stel. Gebruikers met 'Besigtig en ...
    • LEERDER AFWESIGHEDE

      Afwesighede van leerders word vir verskeie doeleindes aangewend: Bywoning statistieke van leerders aan die Departement Aantoon van die aantal dae afwesig op rapporte Aansporings vir klasse wat bv. 100% teenwoordig is vir ‘n week Sertifikate vir ...