LEERPROGRAM OPSTELLING

LEERPROGRAM OPSTELLING

My Skool > Kurrikulum > Leerprogram Opstelling

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel
Indien u op stap 3 van die Leerprogramopstelling 'n Taak sou verwyder wat opgestel is as deel van 'n Vak-spesifieke formule, sal die taak ook uit die formule verwyder word. Dit geld vir Jaarpunt, Merietepunt asook Promosiepunt formules

Excel Uitvoer Funksie:
‘n Excel Uitvoer funksie is bygevoeg op verskeie skerms. Wees op die uitkyk vir die "Voer uit na excel" knoppie
  • 'n Leerprogram word opgestel om aan te dui watter vakke, per graad en per kwartaal of termyn, by 'n skool aangebied word.
  • Al die Vakke en meeste van die komponente en assesserings soos uiteengesit in die CAPS dokumente, is reeds vooraf op die stelsel gelaai. Indien dit nodig is om ‘n addisionele Vak te skep, stuur asseblief ‘n e-pos versoek aan die ondersteuningsspan:   support@d6plus.co.za.
  • ‘n Komponent of assessering kan self geskep word.
  • Die Leerprogram opstelling bestaan uit 6 stappe.  Al 6 stappe moet in volgorde gedoen word om die Leerprogram suksesvol op te stel. 

STEL ‘N LEERPROGRAM OP

  • Hierdie stap is om die vakke, komponente/leeruitkomste/take en assesserings per graad op te stel. Dit is die skool se keuse tot op watter vlak die leerprogram opgestel word, alhoewel die assesseringsvlak meer voordele inhou vir verslag generering.
  • Indien die punte slegs tot op vakvlak opgestel word, moet stappe 1 en 2 opgestel word.
  • Indien die skool die leerprogram tot op komponentvlak wil opstel moet stappe 1 tot 4 opgestel word. 
  • Indien die skool die leerprogram tot op assesseringsvlak wil opstel moet stappe 1 tot 6 opgestel word.
In hierdie afdeling moet u die volgende 6 stappe volg:

1. Kies Vakke
  •  Kies die Jaar, Graad en Kwartaal
  • Kies die vakke wat vir die graad aangebied word. 
  • Al die vakke wat vir ‘n graad aangebied word sal in die linkerkantste blok vertoon word
  • Kliek op die vakke wat aangebied word en allokeer deur op die regs pyltjie te kliek.
  • Kliek op die "Stoor"  knoppie om u veranderinge te stoor.
As jy van die "Preset kurrikulum" gebruik maak om jou leerprogramme op te stel, hoef jy net Stap 1 te voltooi. Stappe 2 - 6 sal outomaties volgens die KABV-vereistes voltooi word.

Jy kan steeds veranderinge aan die outomatiese opstelling maak, maar dan sal jy nie die "Preset Promosie Formules" aan die einde van die jaar kan gebruik nie en sal dit self moet opstel.
2. Vak opstelling
  • Stel die gewigte op vir die vak per kwartaal
  • Kliek op "Aanvaar veranderings" om u veranderinge te stoor.
  •  ‘n Voorbeeld vir Senior fase: Daar kan dalk ‘n praktiese taak by die kwartaal wees en 'n vak kan ook ‘n eksamen punt in kwartaal 2 hê, van die vakke kan ook meer tel in ‘n kwartaal as in ander kwartale. Hierdie inligting is ook uiteengesit in die CAPS dokumente.  Dit sal bv. Kwartaal 2, SBA 70%, Prakties 20%, Eksamen 10%, wees. 
  • Kliek op "Aanvaar veranderings" om u veranderinge te stoor.

3. Kies Take/Leeruitkomste/Komponente

  • Kies die vak waaraan die take/leeruitkomste/komponente gekoppel moet word vir die betrokke termyn, bv. Sosiale Wetenskap.
  • Die komponente sal in die linkerkantste blok verskyn bv. Geografie en Geskiedenis.
  • Kliek op die komponente wat vertoon word en allokeer deur te kliek op die regs pyltjie.
  • Kliek op die "Stoor" knoppie om u veranderinge te stoor.

4. Take/Leeruitkomste gewigte opstelling 

  • Stel die gewigte op vir die leeruitkomstes vir die kwartaal.
  • Dubbel kliek op die veld waarin die gewigswaarde is sodat die veld kan oopmaak dat jy daarin kan tik.
  • Kliek op "Aanvaar veranderings" om u  veranderinge te stoor.

5. Kies Assesserings

  • Kies die vak en die komponente waaraan die assessering gekoppel moet word.
  • Die assesserings sal in die linkerkantste blok vertoon word.
  • Kliek op die assessering wat aangebied word en allokeer deur te kliek op die regs pyltjie. 
  • Kliek op die "Stoor" knoppie om u veranderinge te stoor.

 6. Assesserings Opstellings

  • Lees die gewigte vir assesserings in. 
  • Lees die "Punte tel uit" in.
  • Kliek op "Aanvaar veranderings" om u veranderinge te stoor.
  • Kliek op die "Terug" knoppie aan die onderkant van die bladsy.
  • Die stelsel sal u outomaties terug neem na die "Kurrikulum" bladsy.

Vrae wat baie gevra word

  • Kan addisionele vakke self geskep word?
Indien dit nodig is om ‘n addisionele Vak te skep, stuur asseblief ‘n e-pos versoek aan die ondersteuningsspan: support@d6plus.co.za
  • Kan komponente of assesserings self geskep word?
 Ja jy kan.
‘n Komponent kan self geskep word. Kliek op My Skool > Kurrikulum > LU, Take of Komponente.
‘n Assessering kan self geskep word. Kliek op My Skool > Kurrikulum > Assesserings.
  • Watter vlak hou die meeste voordeel in vir die Leerprogram Opstelling?
Die assesseringsvlak is die voordeligste vlak vir verslag generering.
  • Hoekom druk die vakke se name in die verkeerde Huistaal uit op die rapport?
Die Vak / Komponent / Assessering se naam wat uitdruk op die rapport, is die “Alias” naam by Stap 2, Stap 4 en Stap 6 van die Leerprogram Opstelling.
Kliek op My Skool | Kurrikulum | Leerprogram Opstelling.
Dubbel-kliek op die “Alias” naam en verander die bewoording.
Kliek op die "Aanvaar veranderings"  knoppie.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • LEERPROGRAMME

      Daar moet vir elke graad, per kwartaal 'n leerprogram bestaan om gebruikers in staat te stel om die leerprogramme op te stel by My Skool > Kurrikulum > Leerprogram Opstelling. Die bestaande lys leerprogramme kan volgens hul status gefiltreer word. ...
    • KURRIKULUM DATA VERSLAG

      ‘n Kurrikulum Data Verslag kan gegenereer word om die leeruitkomstes/komponente en hul assesserings wat bestaande is in die Databasis, te vertoon. Hierdie verslag sal beide die voorafopgestelde sowel as die assesserings wat per hand geskep is, ...
    • Kurrikulum Opmerkings

      My Skool > Kurrikulum > Opmerkings  Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat jou toe om opmerkings te skep wat op die rapport kan wys aan die einde van die jaar of termyn. Opmerkings kan bygevoeg word om op die Rapport ...
    • Aksie Opstelling

      My Skool > Gedragskode > Aksie Opstelling Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel. Sekere dissiplinêre aksies moet opgestel word vir hierdie funksie. Hierdie aksies sal outomaties gegeneer word wanneer die opstelling vir 'n spesifieke ...
    • Vakkeuses

      My Skool > Kurrikulum > Vakkeuses Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel  Hierdie funksie laat die gebruiker toe om vakke aan leerders toe te ken. Al die CAPS vakke, komponente en assesserings soos uiteengesit in die die CAPS dokument ...