LEERUITKOMSTE/TAKE/KOMPONENTE

LEERUITKOMSTE/TAKE/KOMPONENTE

My skool > Kurrikulum > LU, Taak of Komponent

Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.
Al die CAPS kurrikulum se leeruitkomste/take  is vooraf in die stelsel gelaai. Indien u ‘n publieke skool is in Suid-Afrika, sal u vakke en leeruitkomste/take/komponente alreeds beskikbaar wees vir keuse op die stelsel (behalwe vir nuwe vakke / veranderde DOE vereistes).
Met hierdie funksie kan die leeruitkomste wat nie deel uitmaak van die DOE kurrikulum nie, bygevoeg word. 
Die lys kan volgens die status vertoon word. Een of al hierdie statusse kan gekies word: Aktief, Onaktief en/of Verwyder.

Excel Uitvoer Funksie:
‘n Excel Uitvoer funksie is bygevoeg op verskeie skerms. Wees op die uitkyk vir die "Excel" knoppie.
  • Kies die kurrikulum wat vertoon moet word.
  • Kies die take wat moet vertoon: Indien 'n vooraf opgestelde kurrikulm gebruik word, kan een van die beskikbare CAPS opstellings gekies word. 
  • Kies die graad wat vertoon moet word.
  • Kies die vak wat vertoon moet word.

  • Die leeruitkomste vir die keuse wat gemaak is sal nou vertoon word.
  • In die "Gebruik" kolom word aangedui in watter jaar en termyn(e) die taak gebruik word.  Hierdie opsie sal help om aan te dui of dieselfde taak in verskillende kwartale gebruik is. 

WYSIG OF VOEG LEERUITKOMSTE/TAKE/KOMPONENTE BY

  • Kliek op die :voeg nuwe by" knoppie om ‘n nuwe leeruitkoms by te voeg.
  • Kies die kurrikulum.
  • Kies die graad.
  • Kies die vak.
  • Sleutel die leeruitkomsnaam in beide Afrikaans en Engels in die teksraampie in.
  • Sleutel die leeruitkomskode in beide Afrikaans en Engels in die teksraampie in.
  • Kies of die vak 'n algemene toets of taak is.
  • Kies of die vak ‘n DOE vak is.
  • Sleutel by  in in watter volgorde dit op die rapport vertoon moet word.
  • Kliek op die "Stoor" knoppie om u veranderinge te stoor.
  • U kan ‘n leeruitkoms wysig deur te dubbelkliek op die leeruitkoms en die velde verander soos nodig. Die skerm sal die spesifieke lyn beklemtoon en u toelaat om die nodige veranderinge te maak.
  • Kliek op "Aanvaar veranderings" om u veranderinge te stoor.  U nuwe leeruitkoms sal nou beskikbaar wees in u kurrikulum en u sal in staat wees om hierdie leeruitkoms aan vakke te allokeer.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • My Take

      Die take bladsy is die eerste bladsy wat jy sal sien wanneer jy in die stelsel ingeteken het. Hierdie take is gekoppel aan jou gebruikersprofiel so jy behoort slegs take te sien van dinge waarvoor jy verantwoordelik is. Die take behels verskeie ...
    • KURRIKULUM DATA VERSLAG

      ‘n Kurrikulum Data Verslag kan gegenereer word om die leeruitkomstes/komponente en hul assesserings wat bestaande is in die Databasis, te vertoon. Hierdie verslag sal beide die voorafopgestelde sowel as die assesserings wat per hand geskep is, ...
    • Kurrikulum Opmerkings

      My Skool > Kurrikulum > Opmerkings  Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat jou toe om opmerkings te skep wat op die rapport kan wys aan die einde van die jaar of termyn. Opmerkings kan bygevoeg word om op die Rapport ...
    • LEERPROGRAM OPSTELLING

      My Skool > Kurrikulum > Leerprogram Opstelling Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Indien u op stap 3 van die Leerprogramopstelling 'n Taak sou verwyder wat opgestel is as deel van 'n Vak-spesifieke formule, sal die taak ook uit die ...
    • ASSESSERINGS

      My Skool > Kurrikulum > Assesserings  Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Al die KABV kurrikulum assesserings is vooraf opgestel op die stelsel. Indien u ‘n openbare skool is in Suid-Afrika, sal alle Vakke, Leeruitkomste/Take/Komponente ...