Multi-Platform Kommunikasie

Multi-Platform Kommunikasie

My Skool > Kommunikasie > Multi-Platform Kommunikasie


Druk <Ctrl><F> to search for words in the article

Hierdie funksie laat die gebruiker toe om kommunikasie te stuur deur verskillende mediums sonder duplikasie en onnodige kostes. Dit kan E-pos, SMS en d6 Connect (Toep) boodskappe stuur met 'n enkele aksie.
 

Hoe om die Multi-Platform Kommunikasie Opsie te gebruik

  • Daar is a 'tab' vir elke tipe ontvanger wat sal wys sodra jy die blokkie merk. Ten minste een blokkie moet gemerk wees. Elke 'tab' het opsies waaruit gekies kan word vir die tipe ontvanger.
  • Jy kan al die blokkies merk of meer as een, soos nodig.
  • Wanneer jy die keuses maak vanuit die kieslyste, sal daar meer opsies beskikbaar word vir jou om van te kies.
  • Gehoor: Ouers: Jy het opsies om keuses te maak in die volgende velde: " Ouers van"; "Vir Ouers"; "Ouers van tipe" en "Vir Ouers van leerders met geslag".
  • Gehoor: Leerders: Jy moet keuses maak in die volgende velde: "Tipe leerders"; Vir leerders"; en "Vir leerders met geslag:".
  • Gehoor: Personeel: Jy moet kies in die volgende velde: "Vir Personeel" en "Geslag".
  • Gehoor: Ander Kontakte: Kies die ander kontakte wat jy wil insluit as ontvangers deur hulle oor te dra na die regterkant.
  • Gehoor: Ander Kanale: Maak keuses in die veld: "Vir eie Kanale."
  • Gehoor: Debiteure: Maak jou keuse uit die volgende velde: "Vir Debiteure"; "Stuur volgens" en "Met balans".
  • Gehoor: Eie: Sleutel 'n selfoonnommer of 'n e-pos adres in en kliek op die "Voeg by" knoppie. Die stelsel sal die selnommer of e-pos adres byvoeg en dit outomties aktiveer na regs.
  • Gaan voort om jou boodskap te stuur.
Let wel: Wanneer jy gebruik maak van die "Voorkeur kommunikasie Metode", sal die toepaslike opsie gebruik word na aanleiding van die regte wat aan die gebruiker toegeken is deur die Administrateur (Superuser). Dit beteken dat as 'n gebruiker nie die regte het onder "Mag SMS funksie gebruik" nie, sal alle SMS afleweringsmetodes uitgeskakel word.

Kies die afleweringsmetodes:

  • Kies 'n afleweringsmetode 
  • Let wel: d6 Connect: Jou skool se d6 Connect Toepassing (App) moet aktief wees.
  • E-pos: E-pos adresse moet ingesleutel wees in die stelsel.
  • SMS: Selfoon: Selfoonnommers moet ingelees wees in die stelsel.
  • Die totale hoeveelheid mense wat gekies is om die boodskap te ontvang sal vertoon.
  • Die totale hoeveelheid mense uit verskillende opsies wat die boodskap gaan ontvang, gebasseer op die inligting wat in die stelsel ingesleutel is, sal vertoon.
  • 'n Lys van ontvangers wat nie die boodskap gaan ontvang nie sal vertoon. Kliek op die web-skakel om die lys te sien.
  • Op die lys sal die rede vertoon waarom elkeen van die ontvangers nie die boodskap sal ontvang nie, daar sal 'n kruisie wees onder die d6 Connect Kolom, die E-pos kolom of die SMS kolom.
  • Wanneer jy kies om "Vertoon details ontvangers" en die blokkie kliek sal 'n lys van die ontvangers vertoon onder die verskillende 'tabs' (Ouers; Leerders; Personeel; Debiteure en eie. Kliek op die toepaslike 'tab' om die ontvangers te sien.
Let wel: Op hierdie stadium sal jy as gebruiker nog steeds die keuses kan verander onder die kolom opskrifte. Bv. Wanneer jy 'n e-pos wil verander, kliek in die boksie om die keuse te kanselleer.
  • Kliek op die "volgende" knoppie om 'n skerm te vertoon waar jy kan kies "Boodskaptaal". Kies tussen "Dieselfde boodskap vir almal" of "Volgens kommunikasietaal."
  • Sleutel 'n "Onderwerp" in vir die boodskap.
  • Sleutel die "Bewoording" in vir jou boodskap.
  • Kies of jy 'n aanhegsel wil aanheg aan jou boodskap.
  • Let wel: Jy kan verskeie aanhegsels aanheg tot 'n totaal van 25 MB.  Sou jy verkies om verskeie lêers te kies, kliek op die "Voeg by" knoppie en jy sal jou rekenaar kan deursoek vir die lêers.
  • Let wel: Die stelsel sal 'n skerm vertoon waar jy 'n beskrywing kan insit vir jou aanhegsel bv. Registrasie vorm.
  • Sleutel die toepaslike lêernaam vir die aanhegsel in die "Titel" blok, kies die lêer en kliek op stoor om die lêer in die lyntjie te sien. Slegs een lêer kan op 'n slag gekies word, maar jy kan soveel lêers byvoeg as wat jy wil (nie 25 MB oorskry nie). Die stelsel sal vir jou die totaal bereken van die aanhegsels.
  • Belangrik: Besigtig en pas die boodskap aan in die toepaslike afleweringsopsies voordat dit gestuur word.
  • Klik die regmerkie om u boodskap in d6 Connect, e-pos en sms-formaat vertoon.
    • d6 Connect boodskap:
    • Kies om 'n standaard- of 'n 'Let wel'-boodskap te stuur wat 'n rooi agtergrond vertoon.
    • Dui aan of 'n Blitskennisgewing gestuur moet word om ouers in kennis te stel dat 'n nuwe boodskap ontvang is.

    • Epos boodskap:
    • Kies die antwoordadres vir die e-pos. As standaard sal die gebruiker se e-pos gebruik word. Of kies die skool-adres of finansie-adres of die 'ignoreer antwoorde'-adres, in welke geval die antwoorde glad nie ontvang sal word nie.
    • Voer u eie adres by BCC in om een ​​kopie van die e-pos vir u rekords te ontvang. Daar is geen ander manier om die e-posinhoud te sien nadat dit gestuur is nie.
    • Die ontvanger ontvang u e-pos met u skoolnaam en logo as opskrif.

    • SMS-boodskap:
    • Indien van toepassing, verander die datum en tyd waarop die SMS gestuur moet word.
    • Kontroleer ALTYD die aantal dele waaruit die SMS bestaan voordat u dit stuur. U sal per deel gehef word en nie per sms nie.
    • 'N SMS kan nie langer as vier dele wees nie. Die res van die boodskap sal afgesny word.

  • Kliek op die "volgende" knoppie.
  • Bevestig jou aksie:
    Nota: Jou boodskap is nog nie gestuur nie.
  • 'n Opsomming van al die boodskappe wat gestuur sal word per afleweringsmetode sal vertoon word.
  • Indien so vertoon, kliek op die rooi skakel om die lys te besigtig van ontvangers wat nie die boodskap sal ontvang nie.
  • Kliek op die 'Stuur' knoppie. 'n Opsomming van hoe die boodskap afgelewer is, sal vertoon.

  • Wanneer jy 'n ander boodskap wil stuur, kliek op die "Stuur nog 'n boodskap" knoppie.

Vrae wat gereeld gevra word

Watter gebruikersregte sou 'n Administrateur moet gee om die Multi-Platform funksie te kan gebruik?

Die gebruiker moet regte hê onder die "Kommunikasie regte Inligting" gedeelte. Al drie opsies moet gekies wees om die volle funksie te kan gebruik.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Kommunikasie Groepe

      My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kanale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kommunikasie Kanale is die skakels tussen Ouers/ Ander Kontakpersone en d6 Connect inhoud. Multi-platform en d6 Connect boodskappe kan gestuur word aan ...
    • Multi-Platform Communication

      Multi-platform Communication This module allows a school to send the same message to registered d6 Connect members, or by email or SMS to unregistered parents, without duplication and unnecessary costs. Step 1: Choose the audience Click the relevant ...
    • D6 CONNECT NUUS-ITEM

      My Skool > Kommunikasie > d6 Connect Nuus-item Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Gebruik hierdie skerm om Nuusitems wat reeds met d6 Connect gestuur is, te filtreer en te sien of nuwe boodskappe te stuur. In nuusitem boodskappe, waar ...
    • Kommunikasie Kategorieë

      Inleiding My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kategorieë Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kommunikasie kategorieë is geskep om inligting te kategoriseer wat gedeel word met kliënte/ gebruikers. Skep 'n Kommunikasie Kategorie Om ...
    • d6 Connect App Afwesigheids

      My Skool > Kommunikasie Kennisgewings > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Ouers kan hierdie funksie gebruik om die skool in kennis te stel van leerder afwesighede. Die kennisgewings sal op 'n lys verskyn hier en wanneer ...