Hierdie dokument gee inligting oor die verskillende opleidingsgeleenthede wat die stelsel bied. Ons bied aanlyn-opleiding, klaskameropleiding en e-Learning kursusse. Daar is ook maklik toeganklike handleidings beskikbaar deur op die (?) bo aan elke knoppie te klik.
   
   
  
  
   
     
     
      Indien geen huidige opleidingsessies vir u vereiste module geskeduleer is nie, kan u 'n sessie aanvra by 
      
training@d6.co.za.
      
     
 
   
    
   
   
  
   Hoe om vir opleidingsessies te registreer.
   
    - Kies die sessie wat u wil bywoon.
 
- Kies die datum en tyd van die opleiding
 
- Klik op die "Register"-knoppie
 
- Nadat u op die "Register"-knoppie geklik het, neem die stelsel u na die besprekingsskerm. Vul u besonderhede in.
 
- Nadat u inligting ingevoer is, klik op die "Register now" -knoppie
 
- U sal 'n bevestigings-e-pos ontvang om te sê dat u vir opleiding geregistreer het. Die epos bevat die skakel waarmee u by die sessie sal aansluit.
 
    
      
      
       Wanneer u 'n e-posadres insleutel vir registrasie, gebruik 'n e-posadres waartoe u altyd toegang het, aangesien u toegang moet hê tot die e-pos wat aan u gestuur word om op die geskeduleerde tyd aan by opleiding aan te sluit.
       
      
     
    
   
    
      
      
       Elke deelnemer MOET met 'n unieke e-posadres registreer, aangesien die besprekings met daardie adres gedoen word. As twee persone met dieselfde e-posadres bespreek, sal slegs een persoon geregistreer wees.
       
      
     
    
   
    
      
      
       Klasbesprekings wat nie 24 uur voor die tyd gekanselleer word nie, word steeds gefaktureer. 
       
      
     
    
     
    
    U benodig die volgende om 'n aanlyn-sessie suksesvol by te woon:
    
     - Stabiele, funksionerende internetverbinding tydens die opleidingsessie
 
- Rustige omgewing sonder onderbrekings om die sessie te kan volg.
 
- Voldoende tyd vir die sessie.
 
- PC: oorfone of 'n stel luidsprekers.
 Skootrekenaar: Die ingeboude luidsprekers moet in 'n werkende toestand wees.
- Stoor asseblief die e-pos wat u gestuur is vir die dag waarop die opleiding sal plaasvind. Sluit ongeveer 10 minute voordat die sessie begin by die sessie aan, om te verseker dat u suksesvol gekoppel is.
 
Nadat die aanbieder die sessie begin het:
    
     - Raak vertroud met die paneel aan die linkerkant
 
- Laai die sessiehandleiding af op die "Handouts"-knoppie
 
- Vrae word in die Chatbox getik. Dit kan spesifiek aan die opleier gerig word, of waar alle deelnemers die vraag kan sien.