Gebruik hierdie verslag om ‘n lys van alle ouers alfabeties te genereer.
GENEREER ‘N OUERLYS
- Kies om Detail of Opsomming te vertoon.
- Indien u Detail gekies het, kies vir watter ouers om te wys, alle ouers, manlik of vroulik.
- Selekteer die volgorde om in te vertoon deur te kies tussen Van of Beroep.
- Kliek op Besigtig om die verslag te toon. Die verslag sal gegenereer word as 'n .PDF dokument.
Kan ‘n lys met ouer beroepe gegenereer word?
Ja, kliek op Verslae > Leerders > Ouerlys. Kliek op die kieslys by “Vertoon volgorde” en kies “Beroep”.
Kliek op besigtig om die verslag te sien.
Hoe kan ek ouerinligting na Excel uitvoer om sodoende my eie lyste te genereer?
Vra jou ‘Superuser’ (Administrateur) vir die relevante gebruikersregte wat jou in staat sal stel om data uitvoer na Excel te kan doen.
Kliek op My Skool > Leerders > Leerders
Kliek op die ‘meer inligting’ opsie
Kliek op die Excel knoppie
Die databasis met inligting sal afgelaai word na die linker onderkant van die skerm
Maak die dokument oop in Excel en verwyder irrelevante kolomme / maak veranderinge om jou eie lys/te te genereer.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd.