Personeel Afwesighede

Personeel Afwesighede






















Hierdie funksie laat die gebruiker to om afwesighede in te lees vir Personeel en om afwesighede wat reeds ingelees te besigtig.
Die eerste skerm vertoon die afwesighede wat reeds vir die gekose kwartaal ingelees is.

Hoe om afwesighede in te lees vir Personeel:

  1. Kliek op die blou "laai afwesighede" om n nuwe afwesighede aan te teken.
  2. Kies die kategorie van die werkgewer waarvoor jy die afwesigheid wil inlees, Departement van onderwys/Beheerliggaam/Ander, deur op die blou ogie langs die kategorie te kliek.
  3. Kies die Maandag van die week waarin jy die afwesigheid wil inlees en kliek op gaan voort.
  4. Op die skerm sal jy afwesighede sien wat reeds vir personeel in hierdie week ingelees is.

  5. KIes die naam van die personellid wie afwesig was uit die kieslys.
  6. Kliek in die blokkie van die afwesigheids datum.
  7. Kies die afwesigheidsrede.
    NOTA: Addisionele afwesigheidsredes kan bygevoeg word by My Skool > Algemeen  > Afwesigheidsredes. 
    NOTA: Onderwysers kan nie afwesig gemerk word tydens skoolvakansie nie.

  8. Dui aan of n vervangende personeellid aangestel gaan word.
  9. Indien wel, dui aan wie vir die vervanger se salaris verantwoordelik sal wees.
  10. Dui aan of dokumentasie vir die afwesige personeellid benodig word.
  11. Beskryf die tipe dokumnet wat deur die onderwyser wie afwesig is, ingedien moet word.
  12. Voeg enige Notas by indien nodig.
  13. Hierdie addisionele inligting sal ook uitgevooer word na SA-SAMS vir die gereelde afwesigheids indienings.
    .
  14. Kliek op die "voeg lyn by" knoppie om afwesigheid vir nog 'n personeellid in te lees.
  15. Wanneer jy op "Gaan voort" kliek sal die afwesigheid gestoor word

Beskikbaarheid van spesifieke datums:  

Wanneer jy vind dat jy nie afwesighede vir onderwysers kan inlees nie omdat die datum blokkies uitgegrys is sal jy die kwartaal datums of vakansiedae wat opgestel is by My Skool > Algemeen > Kwartale/Vakansiedae moet nagaan om seker te maak die datum wat jy wil gebruik vir 'n afwesigheid nie in die skoolvakansie val nie.



© Copyright d6 group (Pty) Ltd.

    • Related Articles

    • PERSONEEL AFWESIGHEDE

      SKEP ‘N VERSLAG VIR KATEGORIEE Kies "Afwesighede vir" deur te kliek op die af pyltjie. Kliek op Kategorieë. Kies "Vir personeel wat betaal word deur". U kan kies tussen Departement van Onderwys, Beheerliggaam of Ander. In die d6+ stelsel kan ...
    • Kwartale

      KWARTALE Opstelling van kwartale is van kardinale belang omdat die stelsel juis kwartaal gedrewe is. Modules soos die Kurrikulum vereis hierdie inligting as boustene vir latere gebruik. In publieke skole, word tipies 4 kwartale per jaar opgestel. ...
    • KWARTALE

      My Skool > Algemeen > Kwartale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Opstelling van kwartale is van kardinale belang omdat die stelsel juis kwartaal gedrewe is. Modules soos die Kurrikulum vereis hierdie inligting as boustene vir ...
    • LEERDER AFWESIGHEDE

      Afwesighede van leerders word vir verskeie doeleindes aangewend: Bywoning statistieke van leerders aan die Departement Aantoon van die aantal dae afwesig op rapporte Aansporings vir klasse wat bv. 100% teenwoordig is vir ‘n week Sertifikate vir ...
    • PERSONEEL TEENWOORDIGHEDE

      Hierdie verslae toon vorige personeelteenwoordighede aan. Daar is ‘n ander funksie om personeel bywoningsregisters te skep sodat personeelbywoning per hand aangeteken kan word. Vir daardie funksie gaan na die handleiding vir Personeelregisters. ...