Poging graderings

Poging graderings

My Skool > Kurrikulum > Poging graderings

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel

Met hierdie funksie kan die gebruiker die poging graderings  opstel en verander. 'n Poging gradering is die gradering en /of skaal simbool wat ingelees kan word additioneel tot gewone akademiese punte, om leerders se punte of gedrag te evalueer.

Eerste stap

Wanneer daar besluit is watter simbole jy wil gebruik, en of julle 'n nuwe skool wil opstel of 'n bestaande een aanpas, stuur asseblief 'n e-pos na support@d6plus.co.za om ons in te lig van die veranderinge wat julle wil aanbring. Ons doen die opstelling en veranderinge vir jou. Bv. Jy wil die skaal opstelling van die CAPS kurrikulum verander van 1-7 na A-G, gee asseblief hierdie inligting in jou e-pos deur.

Tweede stap

- Gaan na My Skool > Kurrikulum > Poging graderings
- Kliek op "Voeg nuwe by" 
- Lees name in in Afrikaans en Engels
- Kies die skaalstelsel
- Ordering sal aandui wat die volgorde is waarin die poging graderings op die rapport sal wys
- Let wel: Aktiveer die poging gradering vir 'n spesifieke jaar deur die jaar oor te plaas na regs.
- Onthou asselief om op die " stoor" knoppie onderaan die bladsy te kliek

Hoe om poging graderings in te lees 

- Gaan na My Skool > Leerders > Punte > Punte per groep
- Kies 'n jaar, kwartaal, en vak, kliek op die knoppie wat jy gebruik om punte in te lees
- Vir elke klas sal jy die poging gradering kolom kry langs die punte kolom.

Hoe om die poging graderings te druk op die rapport

- Gaan asseblief na Verslae > Leerders > Rapporte
- Kies die rapport templaat wat jy wil gebruik en kliek op "redigeer gekose templaat"
- Op die "poging graderings" tab kan jy kies om die "vlak" of beide die persentasie en vlak te druk, of elkeen op sy eie.
- Jy kan kies om die graad gemiddeld in die skaal te druk
- Kies die poging graderings wat jy wil aktiveer vir hierdie rapport en dra oor na die regterkant om te aktiveer.
- Onthou asseblief om op "stoor" te kliek onderaan die bladsy.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.


    • Related Articles

    • Voer uit na SA-SAMS databasis

      Verslae > DOE > SA-SAMS > Voer uit na SA-SAMS databasis Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Deur die SA-SAMS databasis uit te voer kan jou skool die Departement van onderwys se regulasies ivm data invoer nakom. In 'n poging om jou te ...