Die Prestasie module laat skole toe om sekere akademiese kriteria en formules op te stel om te betaal watter leerders spesifieke akademiese sertifikate en ander toekennings moet ontvang. Per hand toekennings kan gedoen word vir kategorieë soos Sport, Kultuur, Leierskap en ander.
Stel die Akademiese reëls/ kriteria op asook die Sertifikaat template
Stel die toekennings/ prestasies op.
Allokeer toekennings/ prestasies aan die leerders.
Druk sertifikate
Borge:
Indien jou skool borg name op die sertifikate wil druk, stel die besonderhede op.
Prestasietipes:
Stel prestasietipes op soos Trofee, Medalje, Sertifikaat, ens.
Akademiese Kriteria:
Stel die reëls op vir automatiese akademiese toekennings na gelang van die leerder punte in die gespesifiseerde Termyne. Sommige vooropgestelde reëls is beskikbaar, soos Top 10 leerders, gemiddeld 80%+, Beste vordering, ens.
Sertifikaat Template:
Stel die sertifikaat uitleg op, dui die posisie aan van die skool naam, ens. Sommige vooropgestelde uitlegte is beskikbaar om te kopieer en aanpas soos nodig. Bv. A4 Portrait, A5 Landscape.
Die toekennings is opgestel in 3 dele:
Kategorie > Aktiwiteit > Prestasie
Sport > Sokker > 1ste span Kaptein
Die Kategorieë is vas geprogrammeer en kan nie verander word of bygevoeg word nie.
Akademies, Sport, Kultuur, Leierskap en ander.
Aktiwiteite is saam gegroepeer na gelang van die kategorieë.
Prestasies vir elke aktiwiteit kan gekoppel word aan 'n spesifieke Serifikaat Templaat.
Skool Aktiwiteite:
Skool aktiwiteite word gegroepeer onder die vooropgestelde kategorieë.
Hierdie aktiwiteite kan geskep word soos nodig.
Byvoorbeeld:
Kategorie Aktiwiteit
Sport Sokker
Sport Atletiek
Kultuur Drama
Kultuur Koor
Prestasies:
Skep die toekennings vir elke aktiwiteit:
Byvoorbeeld:
Kategorie Aktiwiteit Prestasie
Sport Sokker 1ste Span Kaptein
Sport Atletiek Provinsiale Kleure
Kultuur Drama Vol Kleure
Kultuur Koor Nasionale Wenners
A table as in the example below will help to plan the Activities, Achievements and Certificate Templates needed.
Nadat die al Akademiese Kriteria (reëls) opgestel is, Sertifikaat Template, Aktiwiteite en Prestasies, kan die toekennings aan die leerders geallokeer word.
Outomatiese Akademiese Toekennings:
Dui die Akademiese prestasies aan wat na gelang van die leerders se punte geallokeer moet word.
Per Hand Toekennings:
Allokeer die res van die prestasies aan spesifieke leerders per hand.
Besigtig of Wysig Leerder Koppelings:
Verifieer watter leerders spesifieke Aktiwiteite en Prestasies. Hierdie lyste kan gedruk word by:
Verslae > Leerders > Geallokeerde Prestasies
Druk Sertifikate:
Dui aan watter Serifikaat Template om te druk.
Verslae > Leerders > Sertifikaatlyste
Druk 'n voorblad per leerder wat 'n opsomming gee van die katgorieë waarvoor toekennings onvang word.
VERSLAE > Leerders > Prestasie Serifikate
Skep en druk sertifikate na gelang van die gekose Sertifikaat template en die Prestasies daaraan gekoppel.
VERSLAE > Leerders > Geallokeerde Prestasies
Druk prestasies per leerder om gebruik te word by die Prysuitdeling/ Toekenningsgeleentheid
Opsomming:
Of volledig: