Prestasies

Prestasies

My Skool >  Prestasies > Prestasies

Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.

                            

Prestasies is die items waarvoor leerders erkennings/toekennings ontvang. Hierdie word gegroepeer onder Skool Aktiwiteite soos Akademie, Tennis, Leierskap. Tipiese prestasies sal wees 'Top 10 per vak', '1ste Span kaptein', 'Hoofseun'.

Die lys kan volgens die status vertoon word. Een of al hierdie statusse kan gekies word: Aktief, Onaktief en/of Verwyder.

Skep nuwe Prestasies

  • Kies die relevante Skool Kategorie en Aktiwiteit.
  • Kliek op +Skep Nuwe
  • Die eerste drie velde behoort vooraf gekies te wees. Indien nie, maak die huidige skerm toe en weer oop.
  • Die Prestasie Kriteria moet gekies wees vir die Akademiese Kategorie. Hierdie kriteria reëls gebruik leerder punte om prestasies te allokeer.
  • Kies 'n Borg indien relevant.
  • Tik die Prestasienaam in Afrikaans en English. Hierdie naam sal druk op die sertifikaat, onder die Aktiwiteit.
Die volgende stappe moet herhaal word vir beide Afrikaanse en Engelse teks blokke selfs as jy beplan om sertifikate slegs in een taalvoorkeur uit te druk.
  • Om die Prestasie op die sertifikaat te vertoon, kliek die "Prestasie" knoppie om dit by te voeg in die teks blok. Kliek "Achievement" vir die Engelse teks blok.
  • Addisionele velde kan bygevoeg word in die teks blokke, soos "Vak" of Opsionele resultate wat opgestel was vir die kriteria. Hierdie sal gelys word volgens die naam van die opsionele resultate soos opgestel in die kriteria.
Beste manier
Voeg slegs die Prestasies en Opsionele resultate knoppies by in die teks blok. Verander die formaat van die teks soos wat dit moet vertoon op die sertifikate. Die res van die velde sal opgestel word tydens die Sertifikaat Templaat proses.
  • Stoor die Prestasie.
  • Prestasies wat vertoon in helder pienk is not nie gekoppel aan 'n sertifikaat templaat nie. 
  • Verwys na "Sertifikaat Template" artikels vir instruksies.
BELANGRIK:  Akademiese prestasies work gekoppel aan leerders gebasseer op hierdie opstelling. Indien enige inligting in 'n prestasie opgedateer of geredigeer word, moet die nuwe formaat her-allokeer word na leerders by My Skool > Prestasies > Outomatiese Akademiese toekennings. Dit sal verseker dat die veranderinge korrek sal vertoon op die sertifikaat wanneer dit weer gegenereer word.

Redigeer of Verwyder Prestasies

  • Kies die relevante Skool Aktiwiteit Kategorie.
  • Dubbel-kliek die gekose Prestasie in die relevante Kategorie en Aktiwiteit.
  • Redigeer inligting soos nodig.
  • Om 'n Prestasie te verwyder, merk die status as "Onaktief" of "Geskrap". 
  • Enige onaktiewe status kan weer later geaktiveer word.


© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Geallokeerde prestasies

      Verslae > Leerders > Geallokeerde Prestasies  Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Geallokeerde Prestasies Gebruik hierdie funksie om die geallokeerde prestasies te druk per leerder. Hierdie verslag kan gebruik word by die ...
    • Prestasies Oorsig

      Prestasies Oorsig Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel. Die prestasie module laat skole toe om sekere akademiese  kriteria en formules op te stel om te bepaal watter leerders akademiese sertifikate en ander toekennings moet ontvang. ...
    • Borge

      My Skool > Prestasies > Borge Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Borge se name kan bygevoeg word om outomaties op spesifieke sertifikate te druk. Hierdie artikel verduidelik hoe om borge by te voeg, te verander of te verwyder. Hoe ...
    • Per Hand Toekennings

      My Skool > Prestasies >  Per Hand Toekennings Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek Nie-akademiese prestasies moet individueel 'per hand' gekoppel word. Per hand Toekenning van Prestasies Kies die Jaar van prestasie, Sertifikaat datum, ...
    • Outomatiese Akademiese Toekennings

      My Skool > Prestasies > Outomatiese Akademiese Toekennings  Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek Akademiese prestasies kan outomaties geallokeer word aan leerders na aanleiding van Akademiese Kriteria soos voorheen opgestel. Leerder punte ...