PROFIELAANVRAAG
‘n Profielaanvraag is ‘n versoek van een skool aan ‘n ander een om die inligting rakende ‘n leerder by daardie skool, beskikbaar te stel, soos bv. die onlangse punte, Ed Lab inligting, oorplasingskaarte ens. Hierdie profielaanvraag kan dan aan die skool gestuur word waarvan die leerder oorgeplaas is om sodoende die inligting te bekom wat benodig word deur die sisteem.
Dit is raadsaam om te verseker dat die nuwe leerder se inligting volledig ingesleutel word op die stelsel, voordat die profielaanvraag uitgedruk word.
VRA ‘N LEERDERPROFIEL AAN
- Kies die leerder/s aan die linkerkant en kliek op die regs pyltjies om hulle te allokeer. Kliek op die besigtig knoppie om die verslag te besigtig. Hierdie verslag word uitgedruk en na die skool gestuur om die inligting aan te vra.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd