Projekte

Projekte


Skole is soms besig met een of ander projek. Party projekte is vir ‘n spesifieke gebeurtenis, byvoorbeeld ‘n Kaskar-dag of Konsert, terwyl ander projekte deurlopend gedurende die jaar plaasvind, byvoorbeeld die verhuring van die Lapa. Omdat projek administrasie in die skool omgewing tyd opneem, is die Projek gedeelte van die die stelsel ontwikkel. Die doelwit van die projekstelsel is om tyd te bespaar en aan u die volledige besonderhede aangaande projekte te bied, wat u skoolbestuur van u verlang.  Soos wat u die stelsel begin gebruik sal u vinnig agterkom watter items as projekte hanteer moet word en watter binne u reeds bestaande grootboek rekeningstruktuur sal inpas.

Hoe om 'n projek te skep.

  • Druk op die "skep 'n projek" knoppie.
  • Projeknommer: Die stelsel sal outomaties die volgende projeknommer toeken.
  • Projeknaam: Wenk: Tik die jaartal waarin die wins van die projek erken moet word vooraan die naam, sodat ons met jaareinde weet ons moet die projek afsluit (indien jy dit nog nie gedoen het gedurende die jaar nie). Tik dan slegs die naam van die projek in. ‘n Voorbeeld van ‘n projeknaam sal dan wees 20?? Kaskar of 20?? Afrikaans Konsert. Moenie die woord "Projek" vooraan tik nie, dit neem onnodig plek op en help nie met enige rapportering nie.
  • Projek bestuurder: Die naam van die onderwyser wat in beheer is van die projek moet gekies word uit die lys van name.
  • Projekkontrolerekening: Kies die grootboekrekening wat u wil gebruik as u projekkontrolerekening. Die meeste skole sal hier slegs een opsie hê.
  • Wins-/Verlies rekening: Hier moet jy die naam kies van die rekening waarheen jy wil hê die wins of verlies van die projek moet pos. 20?? Kaskar se wins of verlies rekening sal byvoorbeeld Fondsinsamelings inkomste wees.
  • Begin datum: Die datum wanneer die projek begin moet getoon word. Indien u transaksies pos, sal hierdie betrokke projek slegs van daardie datum af beskikbaar wees.
  • Verwagte eind datum: Hierdie datum is wanneer jy verwag die projek ten einde sal loop. Van hierdie datum af sal die stelsel vir jou ‘n taak lys by "My Take", naamlik dat jy ‘n projek het wat verby die verwagte eind datum is. Dit is sodat jy na die betrokke projekbestuurder kan gaan om alle onkostes en strokies in te handig sodat die projek afgesluit kan word.
  • Projek het ‘n bepaalde bedrag: Indien daar ‘n bepaalde bedrag is vir die projek moet die bedrag ingesleutel word. Indien jy hierdie projek beskikbaar wil maak vir betaling deur die D6 Connect app moet dit ‘n bepaalde bedrag hê.
  • Koppel leerders aan projek: As daar spesifieke leerders by die projek betrokke is, moet jy hier "Ja" kies en dan die leerders se name aan die linkerkant kies en kliek dan op die regs pyltjies. Die leerders sal oorbeweeg na die regterkantste blokkie (dit beteken hulle is gekoppel). Jy het dan die opsie om die besonderhede van die projek op hulle debiteure state te print. Indien die projek vir enige leerder van die skool is hoef jy hier net "Nee" te kies dan is die projek vir alle leerders beskikbaar maar sal nie op hulle debiteure state verskyn nie. Indien jy hierdie projek beskikbaar wil maak vir betaling deur die D6 Connect app moet dit gekoppel wees aan leerders.  Die rede hoekom ons leerders koppel is slegs vir spesifieke verslagdoening.
  • Wanneer jy kies om leerders "per graad" of "per register klas" te koppel gaan die stelsel vra dat jy moet aandui vir watter jaar se graad of klas. Dit kan gebeur dat jy vir volgende jaar se Graad 6'se 'n Kamp wil reel so hulle sal dus in Graad 7 wees. Om dat die projek dan oor 'n jaar loop gaan die stelsel moet seker maak dat hy weet dat die kinders wat volgende jaar in Graad 7 is, is eintlik die jaar se Graad 6 kinders.
  • Koppel ander kontakte/debiteure aan projek: Hier kan jy kies om ander kontakte wat gewoonlik verwys na ouers, te koppel aan 'n projek. Jy kan ook ander debiteure aan 'n projek koppel.
  • Jy kan ook kies of jy personeel lede aan die projek wil koppel.
  • Sodra al die informasie gelaai is, kliek op die "voegby knoppie" en die stelsel sal jou terug vat na die eerste skerm waar al jou aktiewe projekte vertoon.
  • Die huidige "balans" van die projek vertoon. As 'n projek 'n verlies (debiet) maak sal die bedrag in rooi uitgelig wees en die projek 'n wins (krediet) maak sal die bedrag in groen uitgelig wees.
  • Die "bepaalde bedrag" vir die projek, indien van toepassing, vertoon. Met ander woorde, as leerders aan 'n projek gekoppel is en alle leerders moet dieslefde bedrag betaal vir die projek, sou dit vasgevang as die bepaalde bedrag van die projek.
  • Die aantal van "leerders gekoppel" aan die projek sal vertoon indien van toepassing. 

Wanneer 'n skool die projek funksie wil gebruik sonder om die hele Finansies module te gebruik

Skole wat nie gebruik maak van die Finansie module nie kan nog steeds projekte skep. Die projek funksie word ge-aktiveer onder My Skool > Algemeen > Skool Opstelling. Hierdie projekte kan dan deur die ouers via Kontantloos betaal word indien die skool van die kontantlose funskie gebruik maak. Sodra die projek funksie ge-aktiveer is, sal dit verskyn onder My Skool > Stelsel > Projekte.
Projekte in die stelsel vertoon op die Balansstaat - Ons het wel 'n funksie om die wins en verlies van 'n spesifieke projek op die Inkomstestaat te vertoon vir verslagdoening doeleindes. Met ander woorde wat die Inkomste staat sal vertoon sou jy alle projekte sluit. Let asseblief daarop dat die werklike wins of verlies slegs sal vertoon op die algemene grootboek rekening wanneer die projek gesluit is.

Hoe om 'n projek te redigeer.

  • Kies die projek wat jy wil redigeer.
  • Kliek op die "redigeer" knoppie.
  • Nadat die projek gewysig is, kliek op die "stoor" knoppie.

Hoe om 'n projek af te sluit.

  • Kies die projek wat jy wil afsluit. 
  • Kliek op die "sluit projek af" knoppie.
  • Die stelsel sal dan 'n kennisgewing opbring wat vra of jy seker is dat jy wel die projek wil afsluit. Hiervan af het jy dan die opsie om "ja" of "nee" te kies.
  • Indien jy "ja" kies, sal die stelsel in die agtergrond vir jou 'n joernaal genereer en pos wat na die projek se wins of verlies na die betrokke rekening sal oordra.
  • Indien jy "nee" kies, sal die stelsel net na die vorige skerm terug keer.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd
    • Related Articles

    • Algemene Grootboek Joernale

      Hierdie funksie moet slegs gebruik word wanneer u transaksies op Grootboek rekeninge en Projekte wil teboekstel. Joernale word nie gebruik vir regstellings in debiteure rekeninge nie. Hoe om 'n joernaal te skep. Kliek op die "skep 'n joernaal" ...
    • Algemene Grootboek Rekeninge

      Grootboekrekeninge maak deel uit van die grootboek van die skool, waar alle rekenkundige transaksies gestoor en opgesom word. Hierdie word benodig sodat die boekhouding stelsel suksesvol kan funksioneer. Grootboekrekeninge word normaalweg genommer. ...
    • Algemene Grootboek Verslag

      Hoe om die algemene grootboek verslag te skep Kies of jy vir Alle, Aktiewe of Geslote rekeninge wil vertoon. Kies om dit te sorteer volgens Rekeningkode, Rekeningnaam, Kategorie of Begrotingshoof. Kliek op "besigtig" om die verslag te toon. Die ...
    • Projekte Verslag

      Hoe om 'n projeklys te skep Kies om Alle, Aktiewe of Afgesluite projekte te vertoon Kliek op die "besigtig" knoppie om die verslag te besigtig. Die verslag sal geskep word as 'n .pdf dokument. Jy sal Adobe Acrobat Reader nodig hê om hierdie dokument ...
    • Grootboek Detail

      Verslae > Finansies > Transaksies > Grootboek Detail Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hoe om 'n grootboek detail verslag te skep Kies die periode waar binne die verslag moet hardloop Kies of rekeninge gesorteer moet word volgens ...