PUNTE INSLEUTELREGTE

PUNTE INSLEUTELREGTE

My Skool > Kurrikulum > Insleutelregte 

Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.  

Hierdie funksie beheer die punte insleutelregte. Dit kan per personeellid of vir spesifieke vakke en vakgroepe opgestel word. 

Wie kan insleutelregte toeken?

  • Hierdie gebruikersregte word deur die Superuser toegeken aan individuele onderwysers. (My Skool > Personeel > Personeel).
  • Personeel met “Besigtig en wysig” regte by 2.1 Kurrikulumopstelling (Assesserings & Leerprogramme) sal in staat wees om insleutelregte per vak aan ander onderwysers toe te ken.

Hoe om Insleutelregte op te stel 

  • My skool > Kurrikulum > Insleutelregte
  • Opsies Tab
  • Onderwysers het die gebruikersregte (Besigtig en Wysig) nodig om die volgende moontlikhede toe te pas:
  • Vakhoofde kan punte insleutel: Vakhoofde het outomaties toegang tot alle punte vir die aangewese vak.

Onderwysers wat die vakke aanbied kan punte insleutel:

  • Slegs onderwysers wat aan ‘n spesifieke vakgroep gekoppel is, kan punte insleutel (My Skool > Kurrikulum > Vakgroepe). 
  • Hierdie opsie word outomaties deur die stelsel gemerk.

Vertoon vakke waarvoor ‘n gebruiker nie punte insleutelregte het nie:

  • Wanneer die blokkie nie gemerk is nie, sal die gebruiker slegs die vakke en punte waarvoor hulle insleutelregte het, kan sien en inlees.
  • Wanneer jy hierdie blokkie merk, sal alle personeel ook alle vakke waarvoor hulle nie insleutelregte het nie, se punte kan sien, maar sal nie enige punte kan insleutel/verander nie.

Per Personeellid”-tab

  • Hierdie opsie word gebruik om die insleutelregte per personeellid op te stel en te bestuur.
  • Kies personeellid, jaar, graad, leerprogram (Kwartaal) en Vak.
  • Die inligting sal in die twee blokke vertoon. 
  • Die linkerkantste blok vertoon al die beskikbare vakgroepe waarvan gekies kan word.
  • Die regterkantste blok vertoon al die vakgroepe wat alreeds toegeken is.
  • Die vakgroepe in pienk is outomaties geallokeer omdat die onderwyser as vakgroep onderwyser (onder Leerprogram Stap 2) of vakhoof (onder Vakgroepe) aangedui is.
  • Wanneer die gekose onderwyser toegang nodig het tot addisionele vakgroepe, skuif die groepe oor vanaf die linkerkantste blok en Stoor.
  • Hierdie addisionele vakgroepe sal in swart vertoon.

Per Vak-tab

Hierdie skerm word gebruik om te sien watter personeellid het insleutelregte per Vak/Vak groep.
  • Kies Jaar, Graad, Leerprogram en Vak.
  • Al die personeellede wat vertoon word in die tabel het insleutelregte vir die vakgroepe.
  • Die inligting sal die Personeellid se naam, rol en Vakgroep vertoon.
  • Wanneer die lyn in blou vertoon: is die personeellid die Onderwyser van die Vakgroep. 
  • Wanneer die lyn in pienk vertoon: is die personeellid opgestel as die Vakhoof vir die Vak.
  • Personeellede wat gemerk is as administrateurs of moderators op die Kommunikasie Module onder " Bestuur Kommunikasie regte"
  • sal ook in pienk vertoon. Vakke kan verwyder word van hierdie personeellede by die "Per Personeellid" tab en hulle sal steeds huiwerk kan inlees.
  • Wanneer die lyn in swart vertoon: is die personeellid met die hand aangewys met Punte Insleutelregte op die Per Personeellid tab.
  • Dubbel kliek op die personeellid naam of die rol om die skerm oop te maak waar jy, personeellede wie toegang het tot die insleutelregte vir die spesifieke Vakgroep, kan besigtig en bestuur.
  • Wanneer jy op die vakgroep skakel kliek sal dit die normale vakgroep skerm oopmaak waar verskeie items bestuur kan word.
Nota:   Dit mag dalk lyk of ‘n personeellid gedupliseer is, maar dit is verskillende Vakgroepe of dieselfde personeellid wat beide Vakgroep onderwyser en Vakhoof is.

Vrae wat gereeld gevra word

1. Hoe om alle personeel toestemming te gee om alle vakke te besigtig ?
  • Merk die laaste keuse blokkie in die Opsies-tab.
2. Hoe om onderwysers toe te laat om vakke waarvan hulle nie die Vakhoof of Vakgroep onderwyser is nie se punte kan besigtig         en verander:
   Byvoorbeeld: Die Departementshoof wil graag enige vak in die fase kan sien en verander, alhoewel sy nie ‘n onderwyser vir die         vak is nie.
  • Voeg addisionele vakgroepe by die onderwyser op die “Per Personeellid”-tab.
  • Hierdie vakke sal in swart vertoon.
3. Hoe om Vakhoofde per vak aan te wys
  • Allokeer ‘n vakhoof vir elke vak in die nuwe kolom in stap 2 van die Leerprogram Opstelling:
         My Skool > Kurrikulum > Leerprogramopstelling / Stap 2

4. Hoe om ‘n onderwyser aan te wys vir Vakgroepe
  • Wys onderwysers per vakgroep aan by:  My Skool > Kurrikulum > Vakgroepe
5. Hoe om Onderwysers by te voeg om punte in te sleutel by bestaande Vakgroepe
    My Skool > Kurrikulum > Vakgroepe
  • Kies die nommer-skakel in die laaste kolom van die vakgroep: Punte insleutelaars
  • Voeg addisionele onderwysers by die spesifieke vakgroep op die volgende skerm wat oopmaak.
  • Name aan die regterkant  in pienk  is Vakgroep onderwysers. 
  • Name aan die regterkant in swart is bygevoeg om toe te laat vir punte insleutel.
6. Kan regte aangewys word aan verskillende onderwysers van komponente van ‘n vak?
    Byvoorbeeld: Geskiedenis en Geografie in Sosiale Wetenskappe word aangebied deur twee verskillende onderwysers.
  • Dit is nie moontlik om individuele regte aan komponente van ‘n vak aan te wys nie.
  • Bv. SS-Geskiedenis en SS-Geografie.
  • Allokeer een van die onderwysers as Onderwyser vir Sosiale Wetenskappe. (bv. Die SS-Geskiedenis onderwyser)
  • Kliek op die “Punte Inlesers”-skake om die SS- Geografie onderwyser by te voeg as punte inleser.
7. Hoekom wys ‘n Personeellid se naam nie op die lys van name waarvan gekies kan word om personeellede aan te wys nie?
  • Die Personeellid het nie toepaslike kurrikulum regte nie.
  • Vra die Superuser om regte toe te ken.
8. Hoe om toegang te gee na alle vakke vir die Skoolhoof of Akademiese hoof:
    Byvoorbeeld: Die Hoof wil punte aanpas of uitvee vir ‘n leerder in die skool.
  • My Skool  > Kurrikulum > Insleutelregte > Tab 2 (Per Personeellid)
  • Kies die onderwyser wat bykomende regte moet kry.
  • Selekteer alle vakgroepe aan die linkerkant en skuif oor na regs.
  • Stoor.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Kurrikulum Opmerkings

      My Skool > Kurrikulum > Opmerkings  Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat jou toe om opmerkings te skep wat op die rapport kan wys aan die einde van die jaar of termyn. Opmerkings kan bygevoeg word om op die Rapport ...
    • Punte per groep

      My Skool > Leerders > Punte > Punte per groep Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. VERWERKING VAN MASSA PUNTE Ons het die moontlikheid bygevoeg om 'n 'a' (afwesig) aan te teken op die rooi vakpunt, oranje taakpunt en groen rou of ...
    • LEES PUNTE IN PER LEERDER

      My Skool > Leerders > Punte > Punte per Leerder Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Lees punte in per leerder Hierdie funksie laat die gebruiker toe om punte per leerder in te lees.  Dit is ideaal vir leerders wat in die middel van ...
    • Punte Statistieke

      Verslae > Leerders > Punte Statistieke Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die punte statistieke verslag word geskep om die punte per vak, per graad en vir individuele assesseringstipes, bv SBA, PAT of Eksamen te vertoon. Nota: In ...
    • ANA Punte Skedule

      Skep die ANA Punte Skedule Kies die jaar, termyn, kies of jy die verslag wil sien in .PDF of wil uitvoer, sleutel die area/ circuit in. Kies sonder skoolinligting vir die verslag opskrif en voetnota. Kies die huistaal, eerste addisionele taal en ...