Punte per groep

Punte per groep

My Skool > Leerders > Punte > Punte per groep

Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.

VERWERKING VAN MASSA PUNTE


Ons het die moontlikheid bygevoeg om 'n 'a' (afwesig) aan te teken op die rooi vakpunt, oranje taakpunt en groen rou of assesseringspunt.

Die "=" knoppie word gebruik om die punte weer te bereken nadat u dit ingelees het. (hoewel dit selde benodig word, aangesien die proses alreeds geoutomatiseer is om punte te herbereken en te stoor terwyl dit ingelees word)
Die 'a' knoppie sal 'a' inskryf vir alle leerders met geen bestaande punte nie. Enige bestaande punte sal onaangeraak bly.
Die "x" -knoppie: Gebruik dit asseblief versigtig, want nadat u 'Ja' bevestig het, sal ALLE punte onmiddellik vir die gekose vakgroep permanent uitgevee word.

Punte per groep:
  • Kliek op die jaar
  • Kliek op die kwartaal
  • Kliek op die graad
  • Kliek op die vak
  • Kies die vlak waarop u punte wil insleutel deur te kliek op die relevante opsie. U kan kies tussen Vak punte (rooi), Taak/LU punte (oranje) en Assesseringspunte (groen).
Sodra u punte op enige van bogenoemde vlakke ingelees het, sal die totale punte vertoon word in hakkies bv. (137) op die relevante knoppie. Wanneer totale punte vertoon word, is dit 'n bevestiging aan u dat die punte suksesvol gestoor is.
  • Punte: Kliek op die "Lees punte in (0)" knoppie en u sal direk na die punte bladsy geneem word waar u punte kan insleutel.
  • Kies die VAkgroep waarvoor u die punte wil inlees.
Voorsiening is gemaak vir "ongeallokeerde" leerders. Wanneer u op hierdie opsie kliek sal alle name van leerders vertoon word, wat nie by " Vakgroep indeling" gekoppel is nie.
  • Daar is twee bladsye, Opsomming en Punt 1. Kliek op Punt 1
  • U kan "Punt 1" hernoem na bv. Lees - Toets dit deur te kliek op Punt 1, en tik u verkose naam in.
  • U kan die verwerkte punt of die prestasie vlak punt insleutel.
  • Druk Tab of Enter om die volgende leerder punte in te sleutel. Die punt sal outomaties gestoor word sodra u na die volgende veld gaan. 'n Groen blokkie sal regs van die punte aandui dat die punte gestoor is.
Indien u 'n punt wil verander, kliek op die leerder punt wat verander moet word en wysig die punt.  Druk Tab en 'n addisionele groen blokkie sal regs van die punte aantoon dat die punte opgedateer en gestoor is.

Indien u 'n addisionele punt wil skep, kliek op die groen "Plus" knoppie en "Punt 2" sal outomaties geskep word.DIe final punt vir die assesseering sal bereken word as die gemiddeld van al die punte vir die assesseering. Bv, (Punt 1 + Punt 2+ Punt 3) /3

    • Related Articles

    • LEES PUNTE IN PER LEERDER

      My Skool > Leerders > Punte > Punte per Leerder Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Lees punte in per leerder Hierdie funksie laat die gebruiker toe om punte per leerder in te lees.  Dit is ideaal vir leerders wat in die middel van ...
    • Inlees van leerderpunte

      Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie stel die gebruiker in staat om punte óf per leerder óf per groep in te voer. Daar is twee (2) aparte handleidings vir die verskillende maniere om punte per groep en per leerder in te ...
    • Punte Statistieke

      Verslae > Leerders > Punte Statistieke Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die punte statistieke verslag word geskep om die punte per vak, per graad en vir individuele assesseringstipes, bv SBA, PAT of Eksamen te vertoon. Nota: In ...
    • ANA Punte Skedule

      Skep die ANA Punte Skedule Kies die jaar, termyn, kies of jy die verslag wil sien in .PDF of wil uitvoer, sleutel die area/ circuit in. Kies sonder skoolinligting vir die verslag opskrif en voetnota. Kies die huistaal, eerste addisionele taal en ...
    • PUNTE INSLEUTELREGTE

      My Skool > Kurrikulum > Insleutelregte  Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.   Hierdie funksie beheer die punte insleutelregte. Dit kan per personeellid of vir spesifieke vakke en vakgroepe opgestel word.  Wie kan insleutelregte toeken? ...