PUNTESTAAT

PUNTESTAAT



‘n Puntestaat word gegenereer om ‘n opsomming te vertoon van leerders se punte wat ingevoer is in die stelsel.
Enige van hierdie verslae kan uitgevoer word na Excel deur gebruikers wie Excel uitvoerregte het.

GENEREER PUNTESTAAT

Ingeleesde Punte Kontrolestaat

Skep ‘n verslag met ingeleesde punte per vakgroep 

  • Punte wys per taak en assessering 

  • Verslae kan gegroepeer word volgens klas of onderwyser 

  • Leerders met onvoltooide punte kan op hierdie verslag gesien word 

  • Leerders wat die skool verlaat het maar steeds vakke gekoppel het sal op hierdie verslag wys. “Verlaat” leerders wat nie in die skool was in die betrokke termyn nie moet van vakgroepe verwyder word en die vak moet van hulle ontkoppel word sodat hulle nie op die DVO skedules verskyn nie.

Berekende Puntestaat

Skep ‘n verslag met al die punte per vakgroep 

Taak en assessering gewigte word vertoon na gelang van die opstelling in My Skool > Kurrikulum > Leerprogramopstelling 

  • Kies die inhoud wat vertoon moet word

    • Leeg: Geen punte word gewys nie en daar word toegelaat dat punte met die hand ingelees word

    • Met punt uit: Slegs die “Punt uit” rou punte soos ingelees per assessering word vertoon. Die berekende persentasies word nie vertoon nie

    • Met gewigpunte: Die “punt uit” rou punt word vertoon sowel as die berekende persentasies na gelang van die opgestelde gewig per assessering/ taak

    • Met rou punte: Die “punt uit” rou punt word vertoon sowel as die berekende persentasies na gelang van die opgestelde gewig per assessering/ taak

  • Kies die kwartaal, graad en klas om die verslag te skep

  • Dui aan of die Taake en Assessering gemiddelde moet vertoon

  • Dui aan of die Taak en Assessering Vlakverspreiding moet vertoon


Gedetaileerde Puntestaat

Vertoon die punt berekening per vak na gelang van die gewigte opgestel by My Skool > Leerprogramopstelling 
  • Kies die kwartaal, graad en klas om te vertoon,

  • Skep die verslag per leerder per vak 

  • Hierdie verslag kan gebruik word om aan ‘n ouer te verduidelik wie nie saamstem met die berekening van finale punte nie, hoe die punte bereken word


Vakpuntestaat

Skep ‘n verslag waar jy alle finale berekende punte kan vertoon per leerder 

  • Kies die kwartaal, graad en klas wat moet vertoon 

Werkspuntestaat

  • Voer ‘n puntestaat uit na Excel wat gekopieer kan word na die amptelike DVO puntestaat

  • Kies die jaar, graad en vak waarvoor die kwartaal punte vertoon moet word.

  • Leerders kan per vakgroep, registerlas of alle leerders vertoon word.

  • Kies om die verslag te genereer vir alle huidige leerders of om verlaat leerders in te sluit.

  • Kies of taak gemiddeldes bo aan die verslag moet vertoon.

  • Kies of die vlak gemiddeldes bo aan die dokument moet vertoon




© Copyright d6 group (Pty) Ltd
    • Related Articles

    • Leerders

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Leerders funksie is die middelpunt van die invordering van die skool se administratiewe data. Hierin kan alle demografiese inligting, kontak inligting en rekening ...
    • Leerders Per Heffings Item

      Hoe om die leerders per heffingsitem verslag te skep Kies die heffingsitems wat jy wil besigtig en kliek op die pyltjies wat na regs wys om op hul te rapporteer. Kliek op "besigtig" knoppie om die verslag te toon. Die verslag sal geskep word as 'n ...
    • Bate Verslae

      Hoe om die ingevoerde bates verslag te genereer Kies hoe jy die verslag wil genereer. Dit kan gedoen word deur op die af-pyltjie te kliek by "Groepeer Volgens" Kies om te filtreer volgens die eienaar deur op die af-pyltjie by "Filtreer Volgens ...
    • DISSIPLINE

      GENEREER DIE DISSIPLINE VERSLAG Kies vir wie die verslag gedruk moet word. Kies die periode waarvoor die verslag opgestel moet word. Indien u enige van die eerste drie Leerders verslae gekies het, kies dan om die onderwyser te vertoon. Indien u enige ...
    • DATA VERIFIKASIE

      GENEREER LEERDER DATA VERIFIKASIE VORMS Kies om die vorms te genereer vir Registerklasse, Leerders (huidig) of Leerders (verlaat). Kies om die data oor twee bladsy te druk of om al die bladsye te druk. Indien u twee bladsye kies sal slegs die ...