REGISTRASIEVORMS

REGISTRASIEVORMS


Hierdie funksie druk 'n leë registrasievorm vir nuwe leerders.
Sommige gedeeltes van die vorm kan volgens die voorkeur van die skool geredigeer word.

Druk Registrasie vorms

Die volgende keuses moet aangedui word:
  1. Vir jaar: Dui die jaar aan wat in die opskrif van die vorm moet verskyn.
  2. Druk vir papier: kies tussen A4- en A3-papier grootes.
  3. Vorm opskrif: Kies die betrokke vormopskrif.
  4. Onderneming van biologiese ouer: Dui aan of die afdeling vir die biologiese ouer se besonderhede op die vorm moet verskyn.
  5. Druk verantwoordelike persoon/Debietorderinligting: As die skool van d6 Finansies gebruik maak, moet u aandui of hierdie besonderhede op die vorm moet verskyn.
  6. Debietorderbetalings vind plaas oor: Dui aan of debietorders oor 10, 11 of 12 maande sal duur.
  7. Druk kontrak met skool: Dui aan of die gedeelte waar ouers toestemming verleen, skadeloosstelling onderteken en die skoolgeld inbetaal, ingesluit moet word.
  8. Betalings vind plaas oor: Dui aan of die ooreengekome betalings oor 10, 11 of 12 maande sal duur.

Wysig Kontrak:

Die volgende gedeeltes van die vorm kan geredigeer word:
  1. Kontrak
  2. Vrywaring/Toestemming
  3. Vrywaring
  4. Ouer onderneming
  5. Debietordermagtiging
Gebruik een van die volgende kolomme om een van hierdie afdelings te wysig.
Om addisionele reëls by te voeg, klik op "Voeg by" op die betrokke oortjie.
ITEM
DOEL
Induikvlak
Dui die induikvlak van die inhoud aan. Vlak 1 sal nie induik nie, maar op die kantlyn begin.
Paragraaf nommer
Moet die paragraaf genommer word met 'n letter, nommer , of romeinse nommer?
Opsie keuse
Moet 'n opsie blokkie links van die paragraaf verskyn (tick box).
Opsie Letter
Tik die letter of syfer wat in die blokkie moet vertoon of los leeg indien geen syfer moet vertoon nie.
Inhoud Eng
Tik die inhoud wat op die vorm moet vertoon wanneer dit in Engels gedruk word. Die inhoud sal oor verskeie reëls vertoon indien nodig. Addisionele reëls kan bygevoeg word met die "Voeg by"-knoppie.
Inhoud Afr
Tik die inhoud wat op die vorm moet vertoon wanneer dit in Afrikaans gedruk word. Die inhoud sal oor verskeie reëls vertoon indien nodig. Addisionele reëls kan bygevoeg word met die "Voeg by"-knoppie.
Volgende bladsy
Dui aan of hierdie reël op n nuwe bladsy moet begin.
Opskrif
Dui aan of hierdie reël as 'n opskrif met wit teks op n swart agtergrond moet vertoon.
Sorteer
Dui aan waar die reël op die vorm moet verskyn deur 'n paragraaf nommer in te tik.
Status
Dui die status van die  reël  aan:
Aktief: die  reël verskyn op die vorm
Onaktief: die  reël   verskyn nie op die oomblik op die vorm nie. Die status kan enige tyd weer na Aktief verander word.
Verwyder reëls wat verwyder is kan nie weer herwin word nie.

Elektroniese Registrasies

Dit is nou moontlik om leerderinligting met 'n Excel-tempaat in te voer. Skole kan 'n Google-vorm skep wat deur ouers ingevul moet word om die nodige inligting in te samel.
Kyk na die instruksies en 'n voorbeeld  hier

© Copyright d6 group (Pty) Ltd


    • Related Articles

    • Leerders

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Leerders funksie is die middelpunt van die invordering van die skool se administratiewe data. Hierin kan alle demografiese inligting, kontak inligting en rekening ...
    • Personeel Registrasievorms

      Hoe om personeel registrasievorms te skep Kies of jy die Kategorie lys wil druk. Kliek op die "besigtig" knoppie om die verslag te toon. Die verslag sal geskep word as 'n .PDF dokument. Jy sal Adobe Acrobat Reader nodig hê om hierdie dokument te kan ...
    • Leerders Per Heffings Item

      Hoe om die leerders per heffingsitem verslag te skep Kies die heffingsitems wat jy wil besigtig en kliek op die pyltjies wat na regs wys om op hul te rapporteer. Kliek op "besigtig" knoppie om die verslag te toon. Die verslag sal geskep word as 'n ...
    • Bate Verslae

      Hoe om die ingevoerde bates verslag te genereer Kies hoe jy die verslag wil genereer. Dit kan gedoen word deur op die af-pyltjie te kliek by "Groepeer Volgens" Kies om te filtreer volgens die eienaar deur op die af-pyltjie by "Filtreer Volgens ...
    • DISSIPLINE

      GENEREER DIE DISSIPLINE VERSLAG Kies vir wie die verslag gedruk moet word. Kies die periode waarvoor die verslag opgestel moet word. Indien u enige van die eerste drie Leerders verslae gekies het, kies dan om die onderwyser te vertoon. Indien u enige ...