My Skool > Kurrikulum > Resultaat metodes
Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel.
Hierdie funksie stel jou resultaat metodes op vir verskillende fases.
Hierdie metodes word gebruik om die berekende resutate van leerders te bepaal gebasseer op die gekose metode.
Indien jou skool hulle ie metode gebruik en nie die DOE voorgeskrewe metode nie, kopieer die bestaande metode en pas dit aan soos nodig.
- Op hierdie skerm kies die "Jaar"
- Kies die " Fase"
- Kliek op die " voeg by" knoppie.
- Tik die "Afrikaanse en Engelse" name in.
- Kies die "Tipe" Promosie of Endossement".
- Die fase wat jy kies sal die vaste keuse (default) wees en jy sal dit nie op hierdie skerm kan verander nie.
- Om die besluit by te voeg kliek op die "Voeg by" knoppie onder die "Besluite" tab.
- 'n Volgende skerm sal oopmaak, die "Besluit" op die kieslys waarvoor jy die metode voor wil skep sal jy kan kies.
- Die keuses is bevorder, oorgeplaas met aanpassing, teruggehou en oorgeplaas agv Fase/ Ouderdom.
- Vul die kodes en beskrywings in beide Engels en Afrikaans in en kliek op die " stoor" knoppie.
- Op die " Berekeningingsreëls" tab kliek op die "voeg by" knoppie om 'n reël vir die besluit of konsessie by te voeg.
- Doen hierdie vir al die resultaat metodes wat jy nodig het vir jou skool.
- Onthou om te stoor.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd.