SMS Boodskappe

SMS Boodskappe

My Skool > Kommunikasie > SMS 

  1. Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel
Die SMS funksie bied aan die gebruiker die geleentheid om met Ouers, Personeel, Leerders, Debiteure, Kanale en eie nommers. Kommunikasie met betrekking tot dissipline, sport gebeurtenisse, uitstaande balanse, en algemene kommunikasie is van toepassing hier.

Die Kommunikasie module kan SMS'e stuur aan verskeie ander lande.

Jy sal in staat wees om die landskodes vir hierdie lande te kies wanneer jy "eie nommers" kies en wanneer jy "eie kanale" bestuur.
Let wel: as gevolg van tegniese redes/ beperkings van baie van die bogenoemde lande sal ontvangers nie kan terugantwoord (reply) op boodskappe wat hulle van die d6+ stelsel af ontvang nie.

Stuur 'n nuwe SMS boodskap

'n Skerm sal oopmaak waar jy die gehoor (ontvangers van die boodskap) kan kies, die datum en tyd wat die SMS gestuur moet word, kies of dieselfde SMS na almal gestuur moet word of volgens voorkeurtaal. Lees die boodskap in.

SMS na Ouers

  1. Kies die ouerinligting, watter leerder se ouers die SMS moet ontvang?
  2. Kies watter ouers en watter geslag.
  3. Kies families in die linkerkanste blok en kliek op die regs pyltjie om hulle te kies.
  4. Kies die ouers van die volgende leerders en kies die leerders.
  5. Kies ouers van leerders in die volgende grade en kies die grade.
  6. Kies die ouers van leerders op waglyste in die volgende grade en kies die waglyste.
  7. Kies ouers van leerders in die volgende klasse en kies die klasse.

SMS na leerders 

  1. Maak jou keuse in die " SMS vir" veld en kies leerders.
  2. Kies watter leerders die SMS moet ontvang: Huidige leerders, verlaat leerders (alma mater leerders) of geregistreerde leerders (waglys leerders).
  3. Kies die leerders in die volgende grade: Kies ouers.
  4. Kies leerders in die volgende klasse: Kies die klasse.

SMS na Debiteure

Kies om 'n voorafopgestelde SMS te gebruik, kliek op "ja".

  1. In die voorafopgestelde SMS veld sal jy twee opsies kry: 
  2. - stuur debiteur se verwysingsnommer
  3. - stuur familiekode en uistaande balans
  4. Onderaan die bladsy kies van alle debiteure, slegs families met kinders nog in die skool, slegs families met geen kinders meer in die skool nie, kies families en kies debiteure van heffingskategorie
  5. Vir debiteure met uistaande balanse kies om die SMS te stuur met ouderdomsontleding of balans.
  6. Met ouderdomsontleding kies die datums onder na gelang van die oudersomsontleding.
  7. Met balans kies die balans bedrag.
  8. Wanneer jy kies " Kies families" in die "vir Debiteure" veld sal die stelsel 'n linkerblok en 'n regterblok wys om die debiteure te kies.
  9. Wanneer jy kies " kies debiteure van 'n heffingskategorie" sal die stelsel 'n linkerblok en regterblok wys om die heffingskategorie te wys.
SMS na personeel

  1. Wanneer jy personeel kies, maak jou keuse tussen "alle personeellede", " kies kategorieë" en "kies personeellede".
  2. Kies die kategorie en dra oor na regs.
  3. Kies die Personeellede en dra oor na regs. 

SMS na kanale

Wanneer jy kanale kies, kies tussen "alle kanale" of " kies kanale".
Kies die kanale van die linkerblok en dra oor na die regterblok.

SMS na eie nommers

Indien jy "Eie nommers" gekies het, lees 'n nommer in in die blokkie daarvoor geskep en kliek op " Voeg by".
Jy kan ook nommers wat verkeerd ingelees is afhaal deur hulle terug te plaas na links en korrekte nommers na regs plaas.

Vrae wat baie gevra word:

Hoeveel karakters kan een SMS wees?

Sms boodskappe kan geakkommodeer word met tot 612 karakters (maksimum 4 dele) - let asseblief daarop dat boodskappe langer as 160 karakters in verskeie dele gestuur sal word so dat die koste per boodskap deel uitgewerk word en nie per SMS nie.

                                   © Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • SMS Boodskappe

      My Skool > Kommunikasie > SMS Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die SMS funksie gee die geleentheid om met Ouers, Personeel, Leerders, Debiteure en eie nommers te kommunikeer. Kommunikasie met betrekking tot dissipline, sport ...
    • MY SMS

      My Skool > Kommunikasie > My SMS Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Gaan na hierdie funksie wanneer jy al die SMS'e kan sien wat gestuur is deur 'n spesifieke gebruiker vanuit die stelsel sowel as die antwoorde/ terugvoer van die ...
    • Multi-Platform Kommunikasie

      My Skool > Kommunikasie > Multi-Platform Kommunikasie Druk <Ctrl><F> to search for words in the article Hierdie funksie laat die gebruiker toe om kommunikasie te stuur deur verskillende mediums sonder duplikasie en onnodige kostes. Dit kan E-pos, SMS ...
    • Kommunikasie Groepe

      My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kanale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kommunikasie Kanale is die skakels tussen Ouers/ Ander Kontakpersone en d6 Connect inhoud. Multi-platform en d6 Connect boodskappe kan gestuur word aan ...
    • SMS Terugvoer

      My Skool > Kommunikasie > Terugvoer Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel. SMS Terugvoer kan nou ontvang word van sekere gekose internasionale nommers. Wanneer SMS'e gestuur is, laat hierdie funksie die gebruiker toe om terug te ...