SPORTSPANNE

SPORTSPANNE


Wanneer u Sportspanne opstel, sal drie opsies beskikbaar wees, naamlik: Skoolspanne; Jaarlikse Spanne en Spanbestuurders; en Reëls en Leerder-indelings.

SKEP EN WYSIG SKOOLSPANNE

  • Kliek op "Sportspanne".
  • Kliek op "Voeg span by".
  • Sleutel die Spannaam in Afrikaans in.
  • Sleutel die Spannaam in Engels in.
  • Kies die kleur.
  • Kliek op "Stoor".
  • Dubbel-kliek op enige veld om dit te redigeer.
  • U kan die Kleur Definisies verander deur te kliek op die "Kleur Definisies" knoppie.
  • U kan enige veld verander deur daarop te dubbel-kliek.
  • U kan die kleur verander deur te dubbel-kliek op die kleur veld.
  • Kliek op die "Stoor" knoppie wanneer u klaar is.
  • Kliek op "Aanvaar veranderinge" wanneer u klaar is met die kleuropstelling.

OPSTELLING VAN JAARLIKSE HUISSPORTSPANNE

 Jaarlikse spanne en spanbestuurders

Stap 1 tab:
  • Kliek op die tab Stap 1: Kies spanne vir 20XX.
  • Kies die spanne aan die linkerkant van die wit blok en kliek op die regs pyltjie om die spanne te allokeer.

Stap 2 tab:
  • Kliek op die tab Stap 2: Kies spanbestuurders vir 20XX.
  • Kies die span onder Spanne.
  • Kies die spanbestuurder aan die linkerkant van die wit blok en kliek op die regs pyltjie om spanbestuurders te allokeer.
  • Herhaal die stappe vir al die spanne.
  • Kliek op "Stoor" wanneer u klaar is.

OPSTELLING VAN RËELS EN LEERDER-INDELINGS

U kan allokeer op grond van Demografie, Leerder van, Registerklas, Rondomtalie en u kan uitsonderings skep by elkeen van die reëls. Die proses bestaan uit drie stappe.

Stap 1: Reël opstelling 

  1. "Leerder Van" Opstelling:
  2. Om te allokeer op grond van leerder vanne, kliek op die Leerder vanne knoppie.
  3. Kies die van letters en kliek op die regs pyltjie om leerder vanne te allokeer.
  4. U kan 'n letter onderverdeel deur te kliek op die boksie onder Onderverdeel 'n letter van die alfabet.
  5. Kies 'n letter om te onderverdeel. Kliek op die "Onderverdeel" knoppie om die letter te onderverdeel.
  6. U wit blok sal nou die letters onderverdeeld hê in Q?, QA, QB, ens.
  7. Enige vraagtekens dui op letters wat skryftekens op hul het.
  8. Kliek op "Stoor" wanneer u klaar is.
  1. Registerklas Opstelling:
  2. Om per registerklas te allokeer, kliek op die Registerklas ikoon.
  3. Kies die registerklas en kliek op die > knoppie om registerklasse te allokeer.
  4. Kliek op "Stoor" wanneer u klaar is.
  1. Rondomtalie Opstelling:
  2. Om per rondomtalie te allokeer, kliek op die Rondomtalie knoppie.
  3. Die Rondomtalie-indelingsmetode plaas elke volgende leerder in `n ander huissportspan. Rontomtalie sorteer die leerders op die gekose metode van indeling, en allokeer dan 1 > 2 > 3 > 1 > 2 > 3.
  4. Kliek op die boksie onder Verander metode van indeling.
  5. Kies die indelings metodes (Per Skool, Per Graad of Per Registerklas).

  6. Demografiese Opstelling:
  7. Om op grond van Demografiese eienskappe te allokeer, kliek op die Demografies knoppie .
  8. U kan enige kombinasie van ouderdom, geslag of etniese groep kies.
  9. Kliek op "Stoor" wanneer u klaar is.
  10. Kliek op "Stoor" wanneer u klaar is.

Stap 2: Pas reëltipe toe (Kliek op Stap 2: Pas reëltipe toe)

  • U moet nou die reëltipes toepas.
  • Kliek op die onderskeie metodes van indleings (Demografies, Leerder Van, Registerklas of Rondomtalie) om die reël toe te pas op die leerders soos per u opstelling in Stap 1.
  • Soos wat u op 'n indelings metode kliek, sal die reël toegepas word.
Stap 3: Maak uitsonderings (Kliek op Stap 3: Maak uitsonderings)
  • Indien u 'n uitsondering wil skep, kan u dit doen by hierdie stap.
  • Kies die span onder Spanne.
  • Kies die graad onder Graad.
  • Kies die leerder aan die linkerkant van die wit blok en kliek op die regs pyltjie om leerders te allokeer.
  • Kliek op "Stoor" wanneer u klaar is.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd.

    • Related Articles

    • RUGSTEUN

      My Skool > Algemeen > Rugsteun Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hierdie handleiding is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit verduidelik die “backups” (rugsteun) wat die sisteem maak om u data te beskerm. Die stelsel maak outomaties ...
    • WATERMERKE

      My Skool > Algemeen > Watermerke Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel  VOEG WATERMERKE BY Indien u ‘n agtergrond wil byvoeg, kliek op die "Voeg Agtergrond By" knoppie. Kies die brieftipe deur op die kieslys te kliek. Kies die ...
    • NOODNOMMERS

      Noodnommers is die telefoonnommers, adresse en ander kontakbesonderhede van die naaste polisie stasie, ambulans, brandweer, dokter of hospitaal. Nooddiens besonderhede moet opgestel word op die stelsel. Kies die toepaslike diens van die kieslys af en ...
    • KWARTALE

      My Skool > Algemeen > Kwartale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Opstelling van kwartale is van kardinale belang omdat die stelsel juis kwartaal gedrewe is. Modules soos die Kurrikulum vereis hierdie inligting as boustene vir ...
    • DOKTERS

      Leerders en Personeel wat reeds aan bestaande dokters gekoppel is se besonderhede sal opgedateer word indien u die dokter se besonderhede opdateer. SKEP DOKTER INLIGTING Indien u ‘n nuwe dokter wil laai, kliek op die "Laai 'n huisdokter" knoppie. ...