Teenwoordigheid Bevestigings

Teenwoordigheid Bevestigings



Die Department van Onderwys vereis dat die inlees van leerder afwesighede vir elke dag bevestig word om seker te maak dat die inlees van afwesighede voltooi is. Die stelsel wys 'n taak vir die registerklas onderwyser indien die dag se afwesighede nog nie voltooi is nie. Die stelsel wys ook 'n taak met alle onbevestigde leerder teenwoordighede vir alle klasse aan die gebruiker wat toegang het tot die leerder teenwoordigheids bevestigings. Wanneer 'n teenwoordigheid bevestig word, word die tyd en datum en personeellid wat die bevestiging gedoen het  aangeteken.

Verwys na die einde van die dokument om te sien watter program gebruikers regte benodig word vir die toepaslike Afwesigheids en Doen-en -Late funksies.

Bevestig leerder afwesighede inskrywings per dag 

My Skool > Leerders > Teenwoordigheid Bevestigings
  1. Kies die Graad, Status en Register klas wat jy wil wys vir die gekose datum.
  2. Alle onbevestigde klasse, met die aantal afwesighede ingelees aangedui, word op die lys vertoon. Kliek op die aantal om die ingeleesde afwesighede vir die dag te sien of verander. Let wel dat die skerm alle afwesighede vir die week sal vertoon. 
  3. 'n Klas se teenwoordighede word bevestig deur te kliek op die klas se ry om die kliekboksie te vertoon wat al die afwesighede vir die klas sal bevestig vir die gekose datum. 
  4. Stoor veranderinge.
  5. Alle register klasse kan gelyk bevestig word vir 'n gekose dag deur op "Bevestig alles " te kliek. Alle onbevestigde klasse sal nou as bevestig gemerk word.
Nadat die afwesighede vir die dag bevestig is kan die inskrywings nie weer verwyder of verander word nie. Behalwe as die gebruiker met Bevestigings regte die dag onbevestig om veranderinge toe te laat.  

Onbevestig leerder afwesighede om veranderinge toe te laat

My Skool > Leerders > Teenwoordigheid Bevestigings
  1. Kies die Graad, Status en Register klas wat jy wil wys vir die gekose datum. 
  2. Kliek op die bevestigde klas se ry om die kliekboksie te vertoon waar al die inskrywings vir die graad vir die dag onbevestig kan word.
  3. Stoor veranderinge.

Hoe om leerder afwesighede in te lees 

My Skool > Leerder > Afwesighede
  1. Lees afwesighede in per Registerklas of Leerder
  2. Kies die datum van die Maandag van die week waarvoor jy wil inlees.
  3. Kies die "Ja" om alle leerders te wys en "Nee" om nuwe inskrywings  deurmiddel van 'n lyn by te voeg en 'n enkele leerder te kies. 
  1. Registerklas onderwysers kan afwesigheids inskrywings byvoeg en inskrywings bevestig vir die dag vir hulle eie registerklas sonder bykomende gebruikersregte.
  2. Indien jou stelsel opgestel is om SMS boodskappe te stuur vir afwesighede sal die stelsel 'n SMS skep vir die gekose ouers, maar dit word nie direk gestuur nie.
  3. Gaan na My Tuiste > My Take > Kommunikasie Take om die taak te sien waar jy die afwesigheids SMSe  kan vrystel.
  4. Jy sal sekere SMSe kan verwyder voordat jy hulle vrystel.

Hoe om leerder afwesighede te verwyder 

My Skool > Leeerders > Afwesighede
  1. Kliek die blou asblik ikoon langs die toepaslike afwesigheids inskrywing om die inskrywing te verwyder.
  2. Wanneer die blou asblik ikoon nie wys nie was die inskrywing reeds bevestig en 'n gebruiker met " Leerder teenwoordigheid bevestigingsregte" sal die afwesighede moet onbevestig vir die dag voordat dit verwyder kan word.


Gebruiker regte wat benodig word vir Leerder Afwesigheids inskrywings en bevestiging.

1.3.2 Leerder afwesighede

  1. Kan nuwe afwesigheids inskrywings vir klasse/ datums byvoeg wat nog nie bevestig is nie.
  2. Kan afwesigheids inskrywings vir klasse/ datums verwyder wat nog nie bevestig is nie.
  3. Registerklas onderwysers sonder Leerder afwesigheids regte.
  4. Die stelsel sal 'n taak wys vir die registerklas onderwyser indien die dag se afwesighede nie bevestig is nie.
  5. Registerklas onderwysers kan afwesighede byvoeg of afhaal vir hulle eie registerklas solank dit nog nie bevestig is vir die gekose datum nie by My Tuiste > My Take.
  6. Registerklas onderwysers kan hulle eie teenwoordigheid bevestig vir hulle eie registerklas op die huidige datum.

Doen en late: Laatkommers personeel benodig 3.2 Leerder Dissipline regte

  1. Verskeie skole koppel hulle laatkommers aan dissipline inskrywings wat beteken dat  'n gebruiker 3.2. Leerder Dissipline regte nodig het om afwesighede en laatkom inskrywings te kan maak by My Skool > Leerders> Doen en late. 

1.3.3 Leerder Teenwoordigheids Bevestigingsregte

  1. Kan afwesigheids inskrywings bevestig/ onbevestig 
  2. Kan bevestigde afwesigheids inskrywings afhaal.



Algemene vrae: 

Hoekom kan ek nie afwesighede inlees op sekere dae nie? 

  1. Termyne is nie korrek opgestel nie: Wanneer die datums van die week nie wys nie of nie korrek wys nie beteken dit dat die termyne en vakansies nie reg opgestel is nie. Afwesighede vir leerders kan slegs ingelees word vir 'n vasgestelde termyn. Gaan asseblief na My Skool > Algemeen > Termyne om hierdie reg te stel.
  2. Die afwesighede vir die dag is alreeds bevestig en geen veranderinge word toegelaat nie. Die gebruiker met die " Teenwoordigheids bevestiging regte" sal die dag moet onbevestig om veranderinge toe te laat.
Let wel:
Afwesighede kan ook ingelees word onder Doen- en -late. Gaan na My Skool > Leerders > Doen - en -Late en soek die leerder se naam. 



    • Related Articles

    • Doen en Late

      My Skool > Leerders > Doen en Late Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Leerder doen-en-late fasiliteer die hantering van laat-kommers, leerders wat vroeg verlaat en leerders wat sekere tye van die dag mis. Dit dien as ‘n skakel ...
    • Doen en late opstelling

      Inleiding My Skool > Algemeen > Doen en late opstelling Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel. Hierdie funksie laat jou toe om die beskikbare Doen en Late tipes en redes te sien wat jy gaan gebruik wanneer jy 'n leerder se Doen en Late ...
    • Leerder Afwesighede

      Afwesighede van leerders word vir verskillende redes ingelees: Bywonings statestieke vir die Departement van Onderwys Om aan te dui hoeveel dae 'n leerder afwesig was op verskeie verslae Aansporings toekennings vir klasse waar die leerders 100% ...
    • PERSONEEL AFWESIGHEDE

      SKEP ‘N VERSLAG VIR KATEGORIEE Kies "Afwesighede vir" deur te kliek op die af pyltjie. Kliek op Kategorieë. Kies "Vir personeel wat betaal word deur". U kan kies tussen Departement van Onderwys, Beheerliggaam of Ander. In die d6+ stelsel kan ...
    • PERSONEEL TEENWOORDIGHEDE

      Hierdie verslae toon vorige personeelteenwoordighede aan. Daar is ‘n ander funksie om personeel bywoningsregisters te skep sodat personeelbywoning per hand aangeteken kan word. Vir daardie funksie gaan na die handleiding vir Personeelregisters. ...