TEMPLAAT FORMULES

TEMPLAAT FORMULES

My Skool > Kurrikulum > Templaat Formules

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel 


Die berekening van promosiepunte word benodig vir alle leerders om te bepaal of leerders bevorder word of nie. Hierdie berekeninge word deur die stelsel gefasiliteer deur van twee tipes formules gebruik te maak:
  • Templaat formules (waar dieselfde formule aan meer as een vak gekoppel kan word)
  • Vak-spesifieke formules (wat slegs aan een spesifieke vak gekoppel kan word). Kliek hier vir die handleiding.  
Die stelsel fasiliteer dan ook drie verskillende punt tipes (Promosie punte, Jaarpunte of Merietepunte). Vakke word gekoppel aan formules en dan bereken die stelsel die relevante punte dienooreenkomstig die elemente wat in die formule ingesluit is.  Daar is dus geen hand-berekeninge wat nodig is om die punte te bereken nie (vir bv Promosie punte, Merietepunte of Jaarpunte nie.)

HOE OM ‘N TEMPLAAT FORMULE TE BESIGTIG 

  • Selekteer die Jaar
  • Selekteer die Kurrikulum
  • Selekteer die Formule Tipe

SKEP NUWE FORMULE

  • Kliek op die “Voeg by” knoppie.
  • LET WEL: Dat die velde met die volgende ikoon ! verpligte velde is. Die volgende nota sal vertoon word wanneer u met die muis oor die driehoek-tekens beweeg: .
  • Tik die Formule Naam in Afrikaans
  • Tik die Formule Naam in Engels
  • Tik die Volgorde nommer van die formule in
  • Selekteer die status  van die formule
  • Kliek op die "Aanvaar Veranderinge" knoppie.
  • Nota: Indien u besig is om 'n nuwe Formule opskrif te skep en u wil nie voortgaan om dit te stoor nie, kliek op die "Verwerp Veranderinge" knoppie. 
  • Nota: Maak altyd seker dat u Formuletipe se status "Aktief" is.
  • U formule opskrif is nou suksesvol geskep. 

WYSIG FORMULES

  • Om die inligting van die templaat formule te kan redigeer dubbel kliek op die spesifieke templaat formule:
  • Die formule lyn sal nou beskikbaar word om veranderinge te kan maak:
  • Tik die Formule Naam in Afrikaans
  • Tik die Formule Naam in Engels
  • Tik die Volgorde nommer van die formule in
  • Selekteer die status  van die formule
  • Kliek op die "Aanvaar Veranderings" knoppie. 
  • Kliek op "Wysig Formule" skakel onder die Formule kolom
  • Promosiepunt: Maak seker dat u op die vorige skerm die regte "Formule tipe" kies (in hierdie geval is "promosie punt" gekies).
  • Die SBA punt  met gewig word bereken deur die aantal termyne, soos deur gegee word deur CAPS dokument.
  • Die Eksamen punt met gewig word bereken deur die aantal termyne, soos deur gegee word deur die CAPS dokument.

  • Om ‘n Assesseringstipes by te voeg by die formule - Kliek op die blokkie van die relevante "Assessering Tipes" (in hierdie geval SBA). Hou die linker muis knoppie in, en trek die blokkie na regs tot op die "Promosie punt" blokkie wat nou groen sal vertoon. Los die muis knoppie en die nuwe SBA blokkie sal dan onder die Promosie punt blokkie vertoon word:
  • U kan presies dieselfde prosedure volg om "Prakties", "Eksamen" en "Kwartale" blokkies te skep.
  • Indien u 'n blokkie geskep het en dit weer wil verwyder, kliek op die rooi X aan die regter bokant van die blokkie.
  • Kliek op die "Stoor" knoppie om u veranderings/toevoegings te stoor.
  • Kliek op die "Terug" knoppie en die stelsel sal u terugneem na die "Bestuur formules" skerm.
  • ​Die nuwe formule wat u geskep het sal nou vertoon heelonder by die reeds geskepde formules.

ALLOKEER VAKKE AAN FORMULES

  • Om ‘n templaat formule te koppel aan ‘n vak, kliek op die "Koppel Aan Vakke" knoppie.
  • Selekteer die Jaar
  • Selekteer die Kurrikulum
  • Selekteer die Formule Tipe by  Promosiepunt, Jaarpunt of Merietepunt
  • Selekteer die relevante Graad
  • Selekteer die relevante templaat formule
  • Kies die relevante Vak/ke of ‘alle vakke’ in die linker kolom en kliek op > knoppie om dit na die regter kolom te laat gaan. (Sien die blou blok bo)
  • Kliek op die "Stoor" knoppie om die inligting te stoor.

Vrae wat baie gevra word

Ek het begin om ‘n templaat formule te bou en wanneer ek op die ‘stoor’ knoppie kliek, gebeur niks. Hoekom?

Wanneer ‘n templaat formule gebou word moet ten minste een kwartaal onder ‘n assesseringstipe ‘ingetrek’ word voordat die stelsel sal toelaat dat die templaat formule gestoor word wanneer jy op die ‘stoor’ knoppie kliek. 

Hoe word finale resultate bereken wanneer ‘n leerder Vak veranderinge gemaak het in die jaar?

Die stelsel neem slegs die laaste kwartaal (wat van toepassing is) se vakke in berekening vir die Finale Resultaat.  So sal die stelsel ‘n leerder - wat byvoorbeeld Wiskunde gehad het in Kwartaal 1 & 2, en dan in Kwartaal 3 oorskakel na Wiskunde Geletterdheid - se berekening soos volg doen:

Kwartaal 1 = Gebruik Wiskunde.

Kwartaal 2 = Gebruik Wiskunde Kw 1 & Kw 2.

Kwartaal 3 = Ignoreer Wiskunde Kw 1 & 2 , gebruik Wiskunde Geletterdheid Kw 3.

Kwartaal 4 = Ignoreer Wiskunde Kw 1 & 2, gebruik Wiskunde Geletterdheid Kw 3 & 4.

Kan ek die vorige jaar se formules kopieer na die huidige jaar toe?

Ja, kliek op My Skool | Kurrikulum | Kopieer Leerprogramme.
Maak seker die blokkie is gemerk by die ‘Kopieer formules’ opsie. Let op: hierdie kan slegs gedoen word wanneer die Jaar-tot-jaar kopieer opsie gebruik word.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Vak Spesifieke Formules

      My Skool > Kurrikulum > Vak -spesifieke Formules Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Vak-spesifieke formules moet gekoppel word sodat dit vir die stelsel moontlik is om die promosiepunte outomaties te kan bereken. Die formules word ...
    • Kurrikulum Opmerkings

      My Skool > Kurrikulum > Opmerkings  Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat jou toe om opmerkings te skep wat op die rapport kan wys aan die einde van die jaar of termyn. Opmerkings kan bygevoeg word om op die Rapport ...
    • KURRIKULUM DATA VERSLAG

      ‘n Kurrikulum Data Verslag kan gegenereer word om die leeruitkomstes/komponente en hul assesserings wat bestaande is in die Databasis, te vertoon. Hierdie verslag sal beide die voorafopgestelde sowel as die assesserings wat per hand geskep is, ...
    • Kopieering van leerprogramme

      Die opstel van die kurrikulum vir 'n hele jaar is 'n groot taak. In d6 + is daar twee benaderings hiertoe. Vir skole wat die CAPS leergang volg, word voorafopstellings voorsien gebasseer op die SA-SAMS-leergang wat deur die DOE vir 'n jaar vrygestel ...
    • Rapport Template

      My Skool > Kurrikulum > Rapport Template Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Die Rapport Templaat opstelling word gebruik om die opsies/ voorkeure in te stel wanneer jy 'n rapport gaan druk.  Die Skep of opdatering van rapport template ...