Kwartaal Resultate

Kwartaal Resultate

My Skool > Kurrikulum > Kwartaal Resultate
Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel


Hierdie funksie stel die skool instaat om termyn resultate te kan bereken, monitor en te wysig. Die berekening van termyn resultate word outomaties gedoen. 
Handige Excel uitvoer dokumente is beskikbaar onder aan die bladsy, op die "resultate verslag"-knoppie.  Indien u nie die knoppie sien nie, vra die skool se Administrateur (superuser) om Excel regte aan u toe te ken.

HOE OM LEERDERS SE TERMYN RESULTATE TE BESIGTIG

  • Selekteer die Jaar
  •  Selekteer die Graad
  • Selekteer die Kurrikulum
  • Selekteer die Kwartaal
  • Al die leerders vir die betrokke graad en kwartaal sal vertoon met die berekende resultate.
  • Indien u die muis oor die info ikoon  langs die leerder se naam beweeg. U sal die vakke van die spesifieke leerder kan sien asook die punte wat die leerder ontvang het vir daardie spesifieke vakke.

HOE OM ‘N LEERDER SE BEREKENDE RESULTATE TE KAN AANPAS (VERANDER)

  • Indien jy ‘n leerder se punte wil modereer moet jy kliek op die relevante leerders en dan op die "Modereer die gekose leerder" knoppie of dubbel kliek op die spesifieke leerder lyn.

HOE OM TOEGEWINGS (VERGUNNING) AAN LEERDERS TOE TE KEN

  • Kliek op die vergunning afpyltjie.
  • By die gemodereerde resultaat kan ‘n keuse gemaak word met die oorskryf van die berekende resultaat. Kliek op die afpyltjie.
  • Tik die rede vir die gemodereerde resultaat se oorskrywing in beide Afrikaanse en Engelse.
  • Kliek op die "Stoor" knoppie om die veranderinge te stoor.
  • Stelsel sal jou outomaties terug neem na die skerm ‘Termyn resultate’:
  • Indien daar ‘n vergunning aan ‘n leerder toegeken was, sal dit in die vergunning kolom vertoon,
  • Die leerder se gemodereerde punte sal uitgelig wees in rooi, die punte sal dus nou verskil van die stelsel se berekening.
  • Let Wel: Indien die leerder se berekende resultaat nie gemodereer is nie sal dit lig grys verskyn.
  • Indien jy wil sien wanneer laas die punte gemodereer was asook die rede vir modereering van punte beweeg u muis oor die ikoon "i" langs die toepaslike gemodereerde resultaat.

HOE OM TERMYN RESULTATE TE KAN HERBEREKEN

  • Om ‘n termyn te kan herbereken van alle leerders kliek op die "Herbereken" knoppie.
  • Kliek op die "Ja" knoppie.
  • As u u rekenaar se muis oor die inligting ikoon  neem, sal u die datum sien wanneer dit laas bereken was asook die rede vir die besluit rakende die resultaat (Behaal / Nie Behaal):
  • Let Wel: Resultate wat reeds bereik was sal leeg vertoon by die rede. Hierdie kriteria is gebaseerd op die riglyn ‘2012 DOE - NPPPPR’.

HOE OM ALLE LEERDERS TE BEVORDER

My Skool > Kurrikulum > Termyn Resultate
  • Selekteer die Jaar
  •  Selekteer die Graad
  • Selekteer die Kurrikulum
  • Selekteer die Kwartaal
  • Al die leerders vir die betrokke graad en kwartaal sal vertoon met die berekende resultate
  • Om alle leerders van ‘n spesifieke graad en termyn te promoveer, kliek op die "Promoveer almal" knoppie.
  •  Kliek "Ja" om te bevestig
  • Let Wel: Indien u gekies het om alle leerders te promoveer sal die berekende resultate wat gebasseerd is op die ‘2012 DOE-NPPPR’ riglyne oorskry word. Indien dit verkeerd is kan u kliek op die ‘Gebruik berekende resultate vir almal’ knoppie om terug te keer na die oorspronklike resultate.  LET WEL!  Indien u hierdie gebruik sal alle gemodereerde punte oorskryf word na die berekende resultaat. 
  • Die sisteem sal die berekende resultate vertoon en die gemodereerde resultate sal vertoon.

HOE OM DIE BEREKENDE RESULTATE VIR ALLE LEERDERS TE GEBRUIK

  • Indien u gemodereerde punte weer wil laat terugkeer na die oorspronklike berekende punte, kliek op die ‘Gebruik berekende resultate vir almal’ knoppie.
  • Kliek die "Ja" knoppie om te bevestig.
  • Die gemodereerde kolom sal nou lig grys vertoon gebasseer op die berekende resultate kolom.

OORSIG VAN LEERDERS SE PUNTE

  • Hierdie funksie sal toelaat dat jy ‘n gedetailleerde uitleg kan hê van die leerder se punte vir ‘n spesifieke kwartaal en vak.
  • Selekteer die Jaar
  • Selekteer die Graad
  • Selekteer die Kurrikulum
  • Selekteer die Kwartaal
  • Al die leerders van die relevante graad en kwartaal sal vertoon
  • Selekteer ‘n leerder deur op die relevante leerder se naam te kliek
  • Let Wel: Die funksie om ‘Leerders se punte toe te ken’ is slegs beskikbaar vir gebruikers wat regte het tot ‘Besigtig en toeken van leerder punte’, hierdie regte word gegee deur die Stelsel Administrateur (Superuser). Indien niks gebeur wanneer jy op die leerder se naam kliek beteken dit dat u nie regte het om die leerders se punte te kan vervang nie.
  • Die Jaar wat u geselekteer het sal vertoon
  • Die Naam en Graad van die Leerder wat u geselekteer het sal vertoon
  • Die Kwartaal wat u geselekteer sal vertoon
  • Selekteer die spesifieke Vak waar u die punte wil besigtig wat ingelees is.
  • Ingeleesde punte sal vertoon soos per die opstelling van u leerprogram
  •  U sal opmerk dat punte slegs ingesleutel / aangepas kan word volgens die punt tipe (SBA, PAT, Eksamen, ANA), in hierdie geval SBA punte omdat daar in die leerporgram vir kwartaal 1 net SBA opgestel was.
  • Om punte by te voeg kliek op die + knoppie - Let wel dat hierdie funksie net beskikbaar is op die vlak wat u punte insleutel.
  • Indien u skool punte insleutel op Vak Vlak, sal u slegs punte kan insleutel op Vak Vlak
  • Indien u skool punte insleutel op Komponent / Taak Vlak, sal u slegs punte kan insleutel op Komponent / Taak Vlak
  • Indien u skool punte insleutel op Assesserings Vlak, sal u slegs punte kan insleutel op Assesserings Vlak
  •  Punte kan ingesleutel word vir die beskikbare punt tipe(s) deur die ‘Rou punt’ in te voer en die ‘Punt uit’ in die spesifieke kolomme.  Die stelsel sal die % en die vlak outomaties bereken asook die relevante  punte aanpas in die hiërargie bo (Byvoorbeeld Leeruiteenkoms en Vak punte)
  • Kliek op die "Aanvaar veranderings" knoppie om die punte te stoor
  • Let Wel: Die nuwe punt wat u ingelees het waarvoor u punte geskep het sal ook beskikbaar wees onder My Skool > Leerders > Punte: Slegs die punt wat u ingelees het vir die spesifieke leerder sal vertoon, hierdie punte kan egter gebruik word vir alle leerders wat gekoppel is aan die spesifieke Vak.



© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • FINALE RESULTATE

      My skool > Kurrikulum > Finale Resultate    Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat die skool toe om leerders se finale punte, resultate en redes te bereken, kontroleer en aan te pas. Die berekening van die finale ...
    • Kurrikulum Opmerkings

      My Skool > Kurrikulum > Opmerkings  Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat jou toe om opmerkings te skep wat op die rapport kan wys aan die einde van die jaar of termyn. Opmerkings kan bygevoeg word om op die Rapport ...
    • KURRIKULUM DATA VERSLAG

      ‘n Kurrikulum Data Verslag kan gegenereer word om die leeruitkomstes/komponente en hul assesserings wat bestaande is in die Databasis, te vertoon. Hierdie verslag sal beide die voorafopgestelde sowel as die assesserings wat per hand geskep is, ...
    • Rapport Template

      My Skool > Kurrikulum > Rapport Template Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Die Rapport Templaat opstelling word gebruik om die opsies/ voorkeure in te stel wanneer jy 'n rapport gaan druk.  Die Skep of opdatering van rapport template ...
    • LEERPROGRAMME

      Daar moet vir elke graad, per kwartaal 'n leerprogram bestaan om gebruikers in staat te stel om die leerprogramme op te stel by My Skool > Kurrikulum > Leerprogram Opstelling. Die bestaande lys leerprogramme kan volgens hul status gefiltreer word. ...