VAKANSIEDAE

VAKANSIEDAE


Die stelsel maak outomaties voorsiening vir nasionale publiekevakansiedae. Die vakansiedae help met die statistiese verslagdoening rakende teenwoordighede vir leerders en personeel. Dit verhoed ook dat afwesighede dalk per ongeluk op so 'n dag ingesleutel kan word.
  • Indien 'n nasionale vakansiedag op 'n Sondag val, sal die stelsel outomaties die vakansiedag na 'n Maandag toe verskuif om sodoende die regte aantal skooldae te bereken.
  • Indien u skool 'n behoefte het vir 'n ekstra vakansiedag soos byvoorbeeld Hemelvaart of dalk iets soos die Jaarlikse Atletiek Wyksbyeenkoms wat nie as 'n skooldag bereken moet word nie, kan u 'n ekstra vakansiedag eenmalig byvoeg.

STEL VAKANSIEDAE OP

  • Indien u nuwe vakansiedae wil skep, kliek op die "Laai 'n vakansiedag" knoppie.
  • Vakansiedag tipe: Kies die "vakansiedag tipe" deur te kliek op die kieslys. U kan kies tussen "eenmalig" (slegs vir een kalender jaar) of "jaarliks of "skoolvakansiedag eenmalig".
  • Datum: Die vakansiedag se datum moet aangedui word. 
  • Beskrywing van vakansiedag: Moet in Afrikaans en in Engels in getik word.
  • As die vakansiedag op 'n Sondag is, is die Maandag 'n vakansiedag? Maak u keuse deur die kieslys te kliek.
  • Wanneer u klaar die data ingevul het, kan u op die "Voeg by" knoppie druk om u data te stoor.
  • U sal nou weer terug geneem word na die Vakansiedae skerm.

REDIGEER ‘N VAKANSIEDAG

  • Indien u enige vakansiedae wil redigeer, gaan na die volgende skerm deur op die Vakansiedae knoppie te kliek:
  • Kliek op die sirkel  links van die dag om die betrokke vakansiedag te kies. Kliek dan op die "Redigeer" knoppie.
  • U kan nou data byvoeg of redigeer (onthou om die kieslyste te gebruik).
  • Kliek op die "Stoor" knoppie om u veranderinge te stoor.
VERWYDER ‘N VAKANSIEDAG
  • Indien u enige vakansiedae wil verwyder, kliek op die asblik op om die relevante vakansiedag te verwyder of
  • Kies die relevante vakansiedag deur te kliek op die sirkel  en dan op die "Verwyder" knoppie.
  • Maak u besluit deur op die Ja of Nee knoppie te kliek.
  • U sal nadat u, u keuse gemaak het weer terug wees by die Vakansiedae skerm

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.

    • Related Articles

    • RUGSTEUN

      My Skool > Algemeen > Rugsteun Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Hierdie handleiding is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit verduidelik die “backups” (rugsteun) wat die sisteem maak om u data te beskerm. Die stelsel maak outomaties ...
    • WATERMERKE

      My Skool > Algemeen > Watermerke Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel  VOEG WATERMERKE BY Indien u ‘n agtergrond wil byvoeg, kliek op die "Voeg Agtergrond By" knoppie. Kies die brieftipe deur op die kieslys te kliek. Kies die ...
    • NOODNOMMERS

      Noodnommers is die telefoonnommers, adresse en ander kontakbesonderhede van die naaste polisie stasie, ambulans, brandweer, dokter of hospitaal. Nooddiens besonderhede moet opgestel word op die stelsel. Kies die toepaslike diens van die kieslys af en ...
    • KWARTALE

      My Skool > Algemeen > Kwartale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Opstelling van kwartale is van kardinale belang omdat die stelsel juis kwartaal gedrewe is. Modules soos die Kurrikulum vereis hierdie inligting as boustene vir ...
    • DOKTERS

      Leerders en Personeel wat reeds aan bestaande dokters gekoppel is se besonderhede sal opgedateer word indien u die dokter se besonderhede opdateer. SKEP DOKTER INLIGTING Indien u ‘n nuwe dokter wil laai, kliek op die "Laai 'n huisdokter" knoppie. ...