Hierdie funksie stel die gebruiker in staat om vakgroep indelings te doen en/of te verander. Klasgroeperings is die verdeling van leerders tussen klasse per vakgroep.
Verdeel leerders in Vakgroepe
- Kies die jaar.
- Kies die graad.
- Kies die toepaslike leerprogram.
- Kies die vak wat gebruik sal word vir die allokasie.
- Kies die vakgroep. Indien die vakgroepe liggrys vertoon,
dan is daar geen opvoeders beskikbaar om
van te kies nie. Gaan terug na ‘Skep Vakgroepe’.
- Kies die leerders wat aan die vakgroep geallokeer moet word en plaas hulle oor na die regterkantste blok. Indien leerders teruggeskuif moet word, kies die
name en kliek op die ‘Links-pyltjie’.
- Indien die leerders per registerklas gesorteer moet word, kliek op
die blokkie by ‘Moet
die leerders sorteer word volgens registerklas?’.
- Nou kan die registerklas gekies word en die leerder geallokeer word soos per
die vorige stap.
- Kliek op
"Stoor".
- Volg dieselfde stappe vir al
die vakke en al die vakgroepe.
Indien ‘verlaat’ leerders vertoon op vakgroeplyste
Leerders wat die skool verlaat het sal aanhou vertoon op vakgroeplyste indien die vakke vir hierdie leerders nie verwyder is nie. Tog word dit nie aanbeveel dat vakke verwyder word nie aangesien vakke historiese inligting en punte het wat benodig word vir rapporte.
- Verwyder leerders van
die vakgroep deur na die regterkantste blok te gaan. Tik die woord ‘verlaat’
in die filtreer blok.
- Slegs die
‘verlaat’ status leerders sal vertoon word in liggrys.
- Skuif hierdie leerders terug na links
om hulle van die vakgroep/e te verwyder.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd.