Die stelsel kan gestel word om verjaarsdag boodskappe na Leerders, Ouers en Personeel (kollektief genoem die "ontvangers" in die res van hierdie dokument ). Die stelsel genereer 'n SMS volgens die geboortedatum wat op die leerder, ouer en personeel profiel ingevul is.
Vir elke ontvanger is daar 3 opsies van hoe die boodskappe gestuur kan word.
Om die diens op te stel of om die manier waarop die boodskappe getsuur word te verander, kliek op die toepaslike tab (Leerders, Ouers of Personeel) en kies dan een van die opsies.
Deaktiveer die diens
- Kies hierdie opsie as jy nie die verjaarsdag boodskap diens vir die toepaslike groep wil gebruik nie, dit beteken dat die funksie afgeskakel is vir die groep.
- Kliek op stoor om die verandering te stoor.
Geoutomatiseerde diens
Die geoutomatiseerder diens is soos "auto pilot". Wanneer dit opgetsel is sal dit outomaties loop selfs in die vakansies.
- Kies die tyd wanneer die boodskappe uitgestuur moet word. ( Tussen 07h00 en 18h00).
- Kies 'n voor afopgestelde SMS boodskap van die template wat jy reeds opgestel het. 'n Voorskou van die langste moontlike boodskap in die twee stelseltale word gewys op die skerm met die SMS boodskap lengte rekenaar.
- Elke 160 karakters sal 29c kos
- Let asseblief daarop dat hierdie slegs 'n geskatte berekening is en nie die presiese lengte van die SMS boodskappe wat uitgestuur word nie.
- Onthou om op die "Stoor" knoppie te kliek om veranderings te stoor. Veranderinge sal effek neem die volgende dag.
Taakgedrewe diens
Deur hierdie opsie te kies sal 'n taak op My Tuiste > Take gesien word op die relevante verjaarsdae.
Let asseblief daarop dat die "Stoor" knoppie gekies moet word vir elke ontvanger groep sodat die verandering effek kan neem.
Wanneer daar enige verjaarsdae op die bepaalde dag is sal dit op die taak skerm wys bv:
Jy het 3 leerders wat hulle verjaaarsdae vier vandag. Kliek hier om verjaarsdag boodskappe aan hulle te stuur.
Jy het 2 ouers wat vandag hulle verjaarsdae vier. Kliek hier om verjaarsdag boodskappe aan hulle te stuur.
Jy het 1 personeellid wat vandag hulle verjaarsdag vier. Kliek hier om 'n verjaarsdag boodskap aan hom/ haar te stuur.
Kies die Templaat van die boodskap wat jy wil stuur en kies die ontvangers aan wie jy die boodskap wil stuur.
- Kliek op "gaan voort".
- Kliek op die "Gaan voort" knoppie om die boodskappe te stuur.
Verander die wyse waarop die diens gebruik word.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd.