Waglys Toelatings

Waglys Toelatings

My Skool > Leerders > Waglys Toelatings

Type <Ctrl> <F> to search for words in the article.

Leerders wie aansoek doen om die volgende jaar in te skryf, kan op Waglys A of B geplaas word. Die skool bepaal die manier om hierdie lyste te gebruik. Die meeste skole gebruik waglys A vir die leerders wat waarskynlik aanvaar sal word en waglys B vir die res.

Voeg 'n leerder by 'n waglys

My skool> Leerders> Leerders
  1. Klik op die rooi (+) plusknoppie aan die bokant van die skerm om 'n nuwe leerderrekord te vertoon.
  2. Voer die leerderinligting in. Dit is moontlik om slegs die verpligte inligting (velde met 'n rooi * aangedui) as 'n begin in te voer en dit dan na aanvaarding te voltooi.
  3. Die registrasiedatum moet die datum wees waarop die inligting in die stelsel ingevoer word of die datum waarop die aansoek ontvang is. Dit sal verseker dat 'n verslag gedruk kan word om die eerste-in basis vir aansoeke moontlik te maak.
  4. Die toelatingsdatum is 'n datum in die toekoms wanneer die leerder by die skool aansluit.

Waglys Toelatings

My skool> Leerders> Toelatings op waglys

Die aanvaarde en afgekeurde aansoeke moet per graad aangedui word tydens die Admin Jaar-Einde prosedure, sodat die aanvaarde leerders vir die volgende jaar aan klasse toegeken kan word.
  1. Die rooi kolom dui die aantal leerders in die graad aan wat aanvaar of afgekeur moet word.
  2. Klik op die blou pyltjie langs die graad wat verwerk moet word.
  3. Op die volgende skerm word al die leerders aangedui as 'Geplaas' (toegelaat vir die volgende jaar).
  4. As sommige van hierdie leerders van die hand gewys word, klik dan op die radioknoppie in die toepaslike kolom langs hul naam.
  5. Leerders kan aangedui word as 'Nie geplaas' (op die waglys vir die volgende jaar gehou), of dat hulle hul aansoek 'Onttrek' het.
  6. Klik op "Gaan voort" om die keuses in te stoor en voort te gaan met die volgende graad.
  7. Die proses sal afgehandel wees wanneer geen leerdergetalle in die rooi kolom vertoon word nie.


© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Waglys Toelatings

      My Skool > Leerders > Waglys Toelatings Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek 'n Waglys word geskep deur inligting van leerders wat geregistreer het vir die volgende jaar (toelatingsdatum in die volgende jaar) en leerders wat reeds hulle ...
    • LEERDER GETALLE

      Dit is raadsaam om te verseker dat die toelatings, herregistrasies en promoverings proses afgehandel is voordat die verslag (herregistrasies / promoverings) genereer om leerder getalle te vertoon vir die volgende admin jaar. Dit sal verseker dat die ...
    • Massa E-pos Waglys

      My Skool > Kommunikasie > Massa E-pos Waglys Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel. Hierdie funksie laat die gebruiker toe om die status van e-posse wat in massa uitgestuur word, soos die rekeningstate en die rapporte, te sien. ...
    • LEERDER PROFIEL

      LEERDER PROFIEL Hierdie funksie skep ‘n verslag wat die basiese inligting van die leerder, soos van tyd tot tyd versoek tussen skole, vertoon. Dit is raadsaam om te verseker dat alle data velde op die leerder se profiel inligting volledig ingevoer is ...
    • LEERDER-FAMILIE

      Hierdie verslag word gegenereer om ‘n lys van leerder inligting asook familiekodes te vertoon. GENEREER LEERDER-FAMILIE VERSLAG Kies om te vertoon vir Alle leerders, Huidige of Verlate leerders. Kies om familiekodes te vertoon met Leerder inligting ...