Dit is raadsaam om te verseker dat die herregistrasie proses afgehandel is voordat die waglys verslag gebruik word. Dit sal verseker dat voorlopige getalle vir die volgende jaar ook ingesluit kan word op die verslag.
GENEREER ‘N WAGLYS
- Kies om die Volledige waglys, Per graad of Met bykomende inligting te vertoon deur te kliek op die kieslys.
- Kies of herregistrasies ingesluit moet word
- Kies of die huidige herregistrasies gekleur moet word
- Kies die jaar
- Kies om te rangskik volgens Inskrywingsdatum of Alfabeties
- Kies die graad aan die linkerkant en kliek op die regs pyltjies om hul te allokeer.
- Wanneer die lys met bykomende inligting getrek word:
- Kies om die waglyste te druk met Leerderinligting of Ouerinligting.
- Kies om die waglys te druk in Portret of Landskap.
- Kies die kolom opskrif hoogte.
- Indien u gekies het om Leerderinligting te vertoon, kies om die Noemnaam, Volle name of Beide te vertoon, kies ten minste een inligtingsitem en kliek op die regs pyltjies om dit te allokeer.
- Indien u gekies het om Ouerinligting te vertoon, kies om die Telefoonnommers of Adresse te vertoon, en kies ten minste een inligtingsitem en kliek op die regs pyltjies om dit te allokeer.
- Die volgende deel van die skerm gaan vra om Eie kolom opskrifte te druk.
- Sleutel 'n nuwe opskrif in en kliek op voeg by, of kies van die voorafopgestelde lys en allokeer dit met die regs pyltjies
- U kan die volgorde verander met "Op" en "Af"
- Kies die registerklasse en kliek op die regs pyltjies om hul te allokeer.
- Kliek op besigtig om die verslag te wys.
- Ouers se kontakbesonderhede kan ook vertoon word wanneer die keuse gemaak word by die ‘bykomende inligting’ opsie.