My Skool > Kurrikulum > Waglys Toelatings
Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel
‘n Waglys word gegenereer om inligting te vertoon van leerders wat vir die volgende jaar ingeskryf is asook van leerders wie se herregistrasies reeds aangedui is.
Dit is raadsaam om te verseker dat die herregistrasie proses afgehandel is voordat die waglys verslag gebruik word. Dit sal verseker dat voorlopige getalle vir die volgende jaar ook ingesluit kan word op die verslag.
- Die skerm vertoon die grade in een kolom aan die linkerkant. Elke graad het 'n blou pyltjie langs die naam.
- Verdere kolomme wys waglys A en B die Totale aantal leerders op die waglys, dan 'n rooi kolom van getalle leerders wat nog nie verwerk is nie en dan 3 groen kolomme van getalle van leerders wat geplaas, nie geplaas of onttrek het.
- Deur te kliek op die blou pyltjie langs die graad naam sal 'n lys van leerders wys waar jy kan kies of die leerder toegelaat is tot die skool of nie.
- Kliek op "Gaan voort" om die inligting te stoor.
- Gaan deur al die grade om al die waglys leerders te stoor.
Om 'n waglys te druk gaan asseblief na Verslae > Leerders > Waglyste.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd.