Wysig Skool Embleme

Wysig Skool Embleme

My Skool > Algemeen > Wysig Skool Embleme

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel

Hierdie artikel verduidelik hoe om jou skool embleem, rapport agtergrond en die Skoolhoof se handtekening op te stel.
Gebruikers met 'Besigtig en Verander'-regte vir 1.1 Skooladministrasie of 2.1.1 Rapport Template sal toegang tot hierdie opsie hê.

Wysig Skool Embleme

Hierdie items kan in *.jpg of *.png-formaat ingevoer word

Laai skool embleem op

Hierdie embleem (logo) sal gedruk word op alle verslae soos klaslyste, state, skedules en rapporte waar die standaard briefhoof op die rapport templaat gekies word.

Laai  pre-primêre embleem op

Hierdie embleem sal op die Pre-Primêre rapport (grade RRRR-R)  gedruk word waar die Standaard briefhoof op die rapport templaat  gekies word.

Laai rapport agtergrond op

Indien jy jou eie rapport agtergrond verkies, voer 'n A4-grootte agtergrond in wat as 'n *.jpg of *.png prent gestoor is.  Om hierdie agtergrond te gebruik, kies 'Digitale briefhoof' op die rapport templaat. Dit sal die standaard briefhoof vervang wat geskep word vanaf jou skoolinligting by My Skool > Algemeen > Skoolopstelling. Daarom moet dit jou eie embleem en briefhoof, asook 'n watermerk insluit, indien nodig.

Laai borge rapport advertensies op

Slegs *.png-formaat kan ingevoer word.

Skool Embleem Instellings

Met hierdie funksie kan u die embleem-grootte verander deur die pixelwydte en -hoogte van die logo aan te pas. Sowel as die X- en Y-offset.
  1. X offset is die horisontale afstand tussen die linkerkant van die embleem en die linkerkant van die bladsy
  2. Y offset is die vertikale afstand tussen die bokant van die embleem en die bokant van die bladsy

Hierdie afdeling sal amper nooit gebruik word nie. Die verstek instellings is korrek

Skoolhoof Handtekening

  1. Slegs een handtekening kan op die stelsel gestoor word. Indien u verskillende handtekeninge vir verskillende fases wil druk, sal u 'n ander handtekening moet invoer voordat u die rapporte druk.
  2. Die handtekening moet in *.png-formaat wees om opgelaai te word.
  3. As die handtekening te groot vertoon, stoor die handtekening met 'n bietjie ekstra wit spasie aan die linker- en regterkant om te verseker dat dit kleiner op die rapport vertoon. Byvoorbeeld:


    • Related Articles

    • Admin Jaar-Einde

      Die Admin-jaareindeproses (oorrol) moet voltooi word deur elke skool om die volgende jaar se rekords vir die leerders en personeel te skep in d6+. Verkieslik moet die proses eers begin word NADAT die finale punte ingelees is. Behalwe as jy gebruik ...
    • Besigtig of Wysig Leerder Koppelings

      My Skool > Prestasies > Besigtig of Wysig Leerder Koppelings Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek Vertoon Prestasie Koppelings per Kategorie en Aktiwiteit. Foutiewe koppelings kan hier verwyder word. Hersien Koppelings Kies die relevante ...
    • Admin Jaareinde Oorsig

      ADMIN JAAREINDE OORSIG Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Admin Jaareinde proses ('oorrol') moet deur alle skole gedoen word om profiele te skep vir leerders en personeel vir die komende/volgende jaar.   Dit is raadsaam om ...
    • Skool Aktiwiteite

      My SKOOL > PRESTASIES > SKOOL AKTIWITEITE Type <Ctrl> <F> to search for words in the article. Skool Kategorieë en Aktiwiteite word gebruik om veskillende prestasies te groepeer.  Die lys kan volgens die status vertoon word. Een of al hierdie statusse ...
    • Skool Opstelling

      Die Skool opstelling is die eerste en 'n belangrike stap wat voltooi moet word voor jy op die stelsel kan begin. Dit is belangrik om die inligting te voltooi met soveel detail as moontlik sowel as om te verseker dat die inligting waar en korrek is ...