Hierdie artikel verduidelik hoe om jou skool se embleem, rapport-agtergrond en die skoolhoof se handtekening op te stel. Gebruikers met "Besigtig en Verander"-regte vir Skooladministrasie of Rapport Template sal toegang tot hierdie opsie he.
Admin > Stelsel Afskop > Wysig Skool Embleme
Hierdie items kan in *.jpg of *.png-formaat ingevoer word.
Hierdie embleem (logo) sal gedruk word op alle verslae soos klaslyste, state, skedules en rapporte waar die standaard briefhoof op die rapport-templaat gekies word.
Hierdie embleem sal op die Pre-Primere rapport (grade RRRR-R) gedruk word waar die Standaard briefhoof op die rapport-templaat gekies word.
Indien jy jou eie rapport-agtergrond verkies, voer 'n A4-grootte agtergrond in wat as 'n *.jpg of *.png prent gestoor is. Om hierdie agtergrond te gebruik, kies "Digitale briefhoof" op die rapport-templaat. Dit sal die standaard briefhoof vervang. Daarom moet dit jou eie embleem en briefhoof, asook 'n watermerk insluit indien nodig.
Slegs *.png-formaat kan ingevoer word.
Met hierdie funksie kan jy die embleem-grootte verander deur die pixelwydte en -hoogte van die logo aan te pas, sowel as die X- en Y-offset. X-offset is die horisontale afstand tussen die linkerkant van die embleem en die linkerkant van die bladsy. Y-offset is die vertikale afstand tussen die bokant van die embleem en die bokant van die bladsy.
Hierdie afdeling sal amper nooit gebruik word nie aangesien die verstek-instellings korrek is.
Slegs een handtekening kan op die stelsel gestoor word. Indien jy verskillende handtekeninge vir verskillende fases wil druk, sal jy 'n ander handtekening moet invoer voordat jy die rapporte druk.
Die handtekening moet in *.png-formaat wees om opgelaai te word.
As die handtekening te groot vertoon, stoor die handtekening met 'n bietjie ekstra wit spasie aan die linker- en regterkant om te verseker dat dit kleiner op die rapport vertoon.
Die skool-embleem en rapport-agtergrond kan in *.jpg of *.png-formaat opgelaai word. Borge-advertensies en die skoolhoof se handtekening moet in *.png-formaat wees.
Slegs een handtekening kan op die stelsel gestoor word. Jy sal 'n ander handtekening moet invoer voordat jy die rapporte vir 'n ander fase druk.
Gewoonlik nie. Die verstek-instellings is korrek en hierdie afdeling sal amper nooit gebruik word nie.
Laas opgedateer: April 2026 | Weergawe 3.0