Kommunikasie Groepe

Kommunikasie Groepe

My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kanale

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel

Kommunikasie Kanale is die skakels tussen Ouers/ Ander Kontakpersone en d6 Connect inhoud.
Multi-platform en d6 Connect boodskappe kan gestuur word aan lede van hierdie kanale.
Hulle het toegang tot die hulpbronne, kalender gebeure of boodskappe wat na kanale gestuur word, aangesien hulle gekoppel is aan kanale waaraan die inhoud ook gekoppel is.  Inhoud wat aan kanale gekoppel is waar daar geen spesifieke gebruiker gekoppel is nie, sal nie sigbaar wees vir so gebruiker  nie, totdat hy aan die spesifieke kanaal gekoppel is.

Dinamiese en Eie Kanale

Dinamiese kanale:

Hierdie privaat kanaal groepe word deur die stelsel geskep. Verskeie kanaal groepe is beskikbaar, Ouers, Personeel, en Leerders. Hierdie kanale word as sulks opgedateer met die Administratiewe Jaareinde oor rol na die volgende jaar.

Eie kanale:  Skep you eie kanaal groep wat Ouers, Leerders, Ander kontakpersone en Personeel kan insluit as hulle bygevoeg word as Ander kontakpersone.

  1. Privaat: 
          Inhoud wat gekoppel is aan privaat kanale kan slegs besigtig word deur gebruikers wat spesifiek bygevoeg is tot die kanaal deur die skool administrateur. (dus   
          Johan kan die Skoolbeleid hulpbron sien omdat die skool administrateur van die stelsel hom gekoppel het aan bv. "Alle ouers" kanaal)
          
       

       
       
  1. Publiek: Inhoud wat gekoppel is aan publieke kanale is toeganklik vir enige iemand wat die d6 Connect app (toep) aflaai en wat kies om deel te word van jou skool as 'n publieke volger. So 'n individu sal by enige publieke kanaal kan aansluit (of verlaat) wat geskep is en sal toegang hê tot enige publieke inhoud wat die skool administrateur aan sulke kanale koppel.
          
 

     

________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Dinamiese kanale

Hierdie kanale word outomaties geskep van data wat reeds in die stelsel is. Verskeie Dinamiese kanale is beskikbaar vir Leerders, Ouers en Personeel.


Neem asseblief deeglik kennis van die Dinamiese kanale voor jy jou eie kanaal skep.
1. Skep you eie kanale om te kan kommunikeer met gekose Ouers, Leerders, Personeel en ander Kontakpersone.
  • Skep jou eie kanaal deur op die "Skep kanaal" knoppie te kliek.
  • Lees die Kanaal se naam in in Afrikaans en Engels. 
  • Kies of hierdie Kanaal beskikbaar moet wees vir Publieke besigtiging.
  • Privaat: Inhoud wat aan privaat kanale gekoppel is kan slegs deur gebruikers wat spesifiek deur die skool administrateur aan die kanaal gekoppel is besigtig word. (dus Johan kan die Skoolbeleid hulpbron sien omdat die skool administrateur van die stelsel hom gekoppel het aan bv. "Alle ouers" kanaal).
         Publiek:  Inhoud wat gekoppel is aan publieke kanale is toeganklik vir enige iemand wat die d6 Connect app (toep) aflaai en wat kies om deel te word van jou   
         skool as 'n publieke volger. So 'n individu sal by enige publieke kanaal kan aansluit (of verlaat) wat geskep is en sal toegang hê tot enige publieke inhoud wat die
         skool administrateur aan sulke kanale koppel.
  1. Dui aan of hierdie kanaal gekoppel moet aan 'n nuwe of bestaande kalender om lede toe te laat om die kalender gebeure te kan besigtig.         
Die nuwe kalender sal geskep word en kan geredigeer word in die kalender bestuur skerm nadat hierdie kanaal gestoor is.
  1. Jy kan spesifieke personeel toegang gee om hulpbronne by te voeg of te redigeer in die kanaal (afhangend van hulle kommunikasierol.)

2. Kies wie aan die kanaal gekoppel gaan word deur op die toepaslike blokkies te kliek.

Ouers: 
Wanneer jy die Ouers blokkie kies sal 'n skerm oopmaak waar jy spesifieke ouers of ouers van leerders kan kies.
Kies die toepaslike ouers in die linkerkantste blok en plaas hulle oor na die regterkantste blok deur op die blou pyltjie knoppie te kliek.

Leerders:
Wanneer jy op die Leerders blokkie kliek sal 'n skerm oopmaak waar jy spesifieke leerders kan kies.
Leerders se selfoonnommers en/ of e-pos adresse moet ingelees wees op die stelsel om met hulle te kan kommunikeer.
Kies die toepaslike leerders in die linkerblok en skuif oor na regs deur op die blou pyltjie te kliek.

Personeel:
Wanneer jy op die Personeel blokkie kliek sal 'n skerm oopmaak waar jy spesifieke personeellede kan kies.
Kies die toepaslike personeel in die linkerkantste blok en skuif hulle oor na die regterkantste blo deur op die blou pyltjie te kliek.

Ander kontakpersone: 
Wanneer jy kliek op die Ander kontakpersone blokkie sal 'n skerm oopgaan waar jy ander kontakpersone kan kies.
Kies die toepaslike ander kontakpersone in die linkerblok en plaas oor na die regterblok deur op die blou pyltjie te kliek.
Daar is 'n opsie om ander kontakpersone in te voer vanaf die "Ander kontakte" knoppie.

Eie nommers:
Wanneer jy kliek op die Eie nommers blokkie sal 'n skerm oopmaak waar jy 'n selfoonnommer kan inlees.
Kliek op die "voeg by" knoppie.
Die nommer sal gestoor word maar geen verwysing sal die rol van die persoon aandui nie.Indien jy 'n verwysing benodig, koppel liewers die persoon as 'n ander kontakpersoon.

Eie Adresse:
Wanneer jy op die Eie adresse blokkie kliek sal daar 'n skerm oopmaak waar jy 'n e-pos adres kan inlees.
Kliek op "voeg by".
Die adres sal stoor, maar met geen verwysing van die rol van die persoon nie. Indien jy 'n verwysing nodig het, koppel liewers die persoon as 'n ander kontakpersoon.

________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Multi-platform boodskappe

Gebruik Eie/ Dinamiese kanale om e-posse of sms'e te stuur vir groepe ontvangers aangedui in elke toepaslike kanaal.

________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Redigeer/ Verwyder 'n Kommitee/ Group

  • Wanneer jy 'n kanaal wil redigeer kan jy die toepaslike kanaal se naam verlig (highlight) en kliek op "Wysig kanaal". Let wel dat jy nie Dinamiese groepe se gekoppelde lede sal kan verander nie aangesien die kanale geskep is met data wat in die stelsel bestaan.
  • Jy kan ook dubbel kliek op die toepaslike kanaal om dit te redigeer.
  • Om 'n kanaal te verwyder kan jy die toepaslike kanaal verlig (highlight) en dan op "Verwyder kanaal" kliek.
Let wel: Wanneer jy 'n kanaal verwyder sal al die toepaslike inligting op hierdie kanaal ook verwyder word.
Jy kan nie Dinamiese Kanale verwyder nie aangesien hierdie kanale deur die stelsel automaties gegenereer word.

Druk 'n verslag vir die Kanaal:

  1. Kliek op die " druk prentjie knoppie" links van die kanaal se naam.
  2. Kliek op die " Besigtig" knoppie
  3. 'n Lys van leerders van die gekose kanaal sal vertoon.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.


    • Related Articles

    • Multi-Platform Kommunikasie

      My Skool > Kommunikasie > Multi-Platform Kommunikasie Druk <Ctrl><F> to search for words in the article Hierdie funksie laat die gebruiker toe om kommunikasie te stuur deur verskillende mediums sonder duplikasie en onnodige kostes. Dit kan E-pos, SMS ...
    • Kanaal inligting

      Hierdie funksie laat die gebruiker toe om groepe wat onder My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Groepe geskep is te druk. Skuif die kanale waarvoor jy verslae wil genereer oor na die regterblok en kliek op besigtig. © Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Huiswerk

      My Skool > Kommunikasie > Huiswerk Hierdie afdeling in die stelsel word binnekort gestaak weens 'n baie lae gebruik. Huiswerk moet liewer gestoor word as 'n pdf dokument en dan as 'n bron gelaai word, gekoppel aan die gepaste kanale.
    • Kommunikasie Kategorieë

      Inleiding My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kategorieë Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kommunikasie kategorieë is geskep om inligting te kategoriseer wat gedeel word met kliënte/ gebruikers. Skep 'n Kommunikasie Kategorie Om ...
    • Bron Kategorieë

      Wanneer hulpbronne bygevoeg word wil ons graag weet na watter kategorie die hulpbron gesorteer moet word. Hierdie naam sal as 'n opskrif in die ouer se toep vertoon. Wanneer die hulpbron gestoor is, sal toepaslike Ouers en Ander kontakte wat gekoppel ...