Hoe om bronne op te stel en te bestuur

Hoe om bronne op te stel en te bestuur

Die Bronne-funksie laat u toe om leêrs en webskakels aan kommunikasiegroepe te koppel sodat dit in die d6 toepassing sigbaar is vir ouers en leerders.

My Skool > Stelsel > Kommunikasie > Deel Dokumente & Inligting: Bronne

Hoe voeg ek 'n bron by?

  1. Kies die mikpunt, tipe,  waaraan u die bron wil koppel.

  2. Klik Voeg by.

  3. Kies die Kategorie vir die bron uit die kieslys. Die kategorie bepaal in watter lêergids die bron op die d6 Connect-toepassing sal verskyn.

  4. Tik 'n Titel en Beskrywing in vir die bron.

  5. Voeg opsioneel 'n vervaldatum en tyd by. Die bron sal nie na die vervaldatum en tyd op die toepassing verskyn nie.

  6. Kies die teiken groepe (die gehoor wat die bron kan sien). U kan verskeie groepe kies.

  7. Klik Voeg by om 'n aanhegsel by te voeg. Kies tussen:

    • Voeg lêers by — 'n Skerm sal oopgaan waar u 'n titel vir die lêer kan invoer en die lêer op u rekenaar kan soek.

    • Voeg 'n webskakel (URL) by — 'n Skerm sal oopgaan waar u 'n titel en die URL kan invoer.

  8. U kan beide lêers en webskakels stuur. Aanhegsels mag nie 25 MB oorskry nie.

  9. Kies opsioneel om 'n blits kennisgewing (push notification)  te stuur deur die toepaslike blokkie te merk om die boodskap onder ontvangers se aandag te bring.

  10. Sodra u klaar is met die opstelling van die bron, kan u dit Publiseer sodat eindgebruikers dit kan sien. Indien u verkies om dit eers later te publiseer en nog aanpassings wil maak, kan u die bron as ’n konsep stoor deur te klik op Stoor as ’n konsep sonder om dit te publiseer.

    Bronne wat as ’n konsep gestoor word, sal in oranje op die hoofskerm verskyn. Hierdie bronne is nie sigbaar vir eindgebruikers nie en kan op ’n later stadium gepubliseer word.

Hoe redigeer, verwyder of kopieer ek 'n bron?

  • Redigeer: Merk of dubbelklik die bron en klik Redigeer. Maak die nodige veranderinge en klik Stoor. Let op: die Redigeer-, Verwyder- en Kopiër-knoppies is slegs sigbaar nadat 'n bron gekies is.

  • Verwyder: Merk of dubbelklik die bron en klik Verwyder. Die stelsel vra of u die bron van alle Groepe wil verwyder. Klik Ja om permanent te verwyder, of kies om dit slegs van die gekose groep te verwyder indien dit aan verskeie groepe gekoppel is, dit kan gedoen word deur om die redigeer knoppie te klik en die groepe te verwyder van die lys .

  • Kopieer: Merk of dubbelklik die bron en klik Kopieer. Die nuwe bron se titel sal as Kopie van [bronnaam] verskyn — u kan die titel verander indien nodig. Kies die teiken groepe en klik Stoor.

Gereelde vrae

Wat is die maksimum aanhegselgrootte vir bronne?

Aanhegsels mag nie 25 MB in totaal oorskry nie. As u 'n groter lêer wil deel, oorweeg om dit in 'n webopslagdiens te plaas en 'n URL-skakel te stuur.

Kan ek 'n bron aan meer as een groep koppel?

Ja. By stap 6 kan u verskeie teiken groepe kies. Die bron sal dan vir alle gekose groepe se lede sigbaar wees.

Wat gebeur met 'n bron na die vervaldatum?

Die bron sal nie meer op die d6 Connect-toepassing verskyn nie na die vervaldatum. Dit bly egter in die stelsel beskikbaar vir admingebruikers.

Kan ek beide 'n lêer en 'n webskakel by dieselfde bron voeg?

Ja. U kan verskeie aanhegsels, insluitend beide lêers en URL-skakels, by 'n enkele bron voeg, solank die totale grootte nie 25 MB oorskry nie.

Hoe stuur ek 'n kennisgewing wanneer ek 'n bron plaas?

Merk die blokkie vir Blits kennisgewing (push notification) om lede in kennis te stel.

Laas opgedateer: Maart 2026  |  Weergawe 1.0

© Kopiereg d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Hoe om kommunikasie bron kategorieë op te stel

      Wanneer hulpbronne bygevoeg word, moet dit aan 'n kategorie gekoppel word. Hierdie kategorienaam verskyn as 'n opskrif in die ouer se app. Ouers en Ander Kontakte wat gekoppel is aan kanale waaraan die hulpbron gepubliseer is, kan op die toepaslike ...
    • Hoe om kommunikasieregte te bestuur

      Gebruik hierdie funksie om te bestuur wie toegang het tot spesifieke modules in d6 Connect, insluitend hulpbronne, kalendergebeure en huiswerk. Dit beperk nie gebruikers om d6 Connect-nuusitems te stuur nie. Die Programregte-Administrateur ...
    • Kommunikasie Groepe

      My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kanale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kommunikasie Kanale is die skakels tussen Ouers/ Ander Kontakpersone en d6 Connect inhoud. Multi-platform en d6 Connect boodskappe kan gestuur word aan ...
    • Hoe om SMS-terugvoer te besigtig en te bestuur

      Die SMS Terugvoer-funksie laat u toe om terugvoer-SMS'e van ontvangers te ontvang en te bestuur. Dit stel twee-rigting kommunikasie tussen die skool en ontvangers moontlik totdat 'n saak opgelos is. Terugvoer kan ontvang word van sekere gekose ...
    • Hoe om prestasies op te stel en te bestuur

      Prestasies is die items waarvoor leerders erkennings/toekennings ontvang. Hierdie word gegroepeer onder Skool Aktiwiteite soos Akademie, Tennis en Leierskap. Tipiese prestasies sluit in: Top 10 per vak, 1ste spankaptein, hoofseun. My Skool > ...