Bron Kategorieë

Bron Kategorieë




Wanneer hulpbronne bygevoeg word wil ons graag weet na watter kategorie die hulpbron gesorteer moet word. Hierdie naam sal as 'n opskrif in die ouer se toep vertoon.
Wanneer die hulpbron gestoor is, sal toepaslike Ouers en Ander kontakte wat gekoppel is aan een of meer kanale waaraan die hulpbron gekoppel is, na die hupbronne skerm kan gaan op die app (toep) en op die toepaslike Bron Kategorie kan kliek.

Skep 'n hulpbron kategorie

  1. Om 'n kategorie te skep kliek op die "voeg by" knoppie.
  2. Sleutel die Afrikaanse en Engelse naam in vir jou kategorie.
  3. Kies "Ja" om hierdie kategorie te gebruik vir hulpbronne.
  4. Kategorieë waarin hulpbronne gebruik word sal wys op die app van die toepaslike gebruikers.

Redigeer die hulpbron kategorie

Kliek op die toepaslike kategorie en kliek dan op die "verander" knoppie.

Let wel die verander en verwyder knoppies sal slegs beskikbaar raak wanneer die kategorie gekies is. Indien geen kategorie gekies is nie sal die verander en verwyder knoppies onaktief wees.

Verwyder 'n hulpbron kategorie

Slegs kategorieë wat geen hulpbronne aan hulle gekoppel het nie kan verwyder word.
Kliek op die kategorie wat jy wil verwyder en kliek op die verwyder knoppie.
Die stelsel sal 'n boodskap opbring wat vra " Is u seker u wil hierdie kategorie verwyder?" Kliek op Ja of nee.
Wanneer jy probeer om 'n kategorie te verwyder waaraan hulpbronne gekoppel is saldie volgende boodskap opkom: "Hierdie kategorie is tans in gebruik en kan nie verwyder word nie." 

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.

    • Related Articles

    • Kommunikasie Kategorieë

      Inleiding My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kategorieë Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kommunikasie kategorieë is geskep om inligting te kategoriseer wat gedeel word met kliënte/ gebruikers. Skep 'n Kommunikasie Kategorie Om ...
    • Kategorieë

      My Skool > Gedragskode > Kategorieë Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek Kategorieë word gebruik om die redes vir Oortredings of  Erkennings in groepe of vlakke te verdeel. 'n Standaard stel van Kategorieë sal verskaf word wanneer jy die ...
    • Kommunikasie Groepe

      My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kanale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kommunikasie Kanale is die skakels tussen Ouers/ Ander Kontakpersone en d6 Connect inhoud. Multi-platform en d6 Connect boodskappe kan gestuur word aan ...
    • Bate Kategorieë

      Hoe om bate kategorieë te besigtig Kliek op die pyltjie om 'n afdeling uit te brei © Copyright d6 group (Pty) Ltd
    • Multi-Platform Kommunikasie

      My Skool > Kommunikasie > Multi-Platform Kommunikasie Druk <Ctrl><F> to search for words in the article Hierdie funksie laat die gebruiker toe om kommunikasie te stuur deur verskillende mediums sonder duplikasie en onnodige kostes. Dit kan E-pos, SMS ...