Kategorieë

Kategorieë

My Skool > Gedragskode > Kategorieë

Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek
Kategorieë word gebruik om die redes vir Oortredings of  Erkennings in groepe of vlakke te verdeel. 'n Standaard stel van Kategorieë sal verskaf word wanneer jy die stelsel begin gebruik. Jy kan jou eie kategorieë opstel en verwyder ook. Hierdie dokument sal jou riglyne gee oor hoe om Gedragskode Kategorieë op te stel, te redigeer en te verwyder. Maak asseblief seker dat die Dissipline Hoof en die Opgehoopte Totale opgestel is deur die skool se Stelsel Administrateur voor jy voortgaan.

Skep, Redigeer, en Verwyder Gedrags Kategorieë - Algemene Inligting 

  • Jy kan kies watter kategorie om te wys deur op die af pyltjie langs Alle Kategorieë te kliek, slegs Erkennings of slegs Oortredings.
  • Let wel dat hierdie die kategorieë is waaronder die werklike dissiplinêre oortredings of erkennings gegroepeer word, nie die werklike oortredings of erkennings self nie. Jy sal byvoorbeeld 'n kategorie "Akademie" skep en later 'n erkenning vir " Goeie akademiese vordering deur die termyn" skep. Die hoeveelheid redes gekoppel aan 'n spesifieke kategorie word aan die regterkant gewys.

Skep van 'n nuwe kategorie

  • Wanneer 'n kategorie geredigeer word, kliek op die redigeer knoppie langs die Kategorie se naam. Jy kan veranderings aanbring soos bv. spelfoute regmaak. Wanneer jy klaar is met veranderinge kliek asseblief op "stoor".

Verwyder 'n Kategorie

  • Wanneer jy 'n Kategorie wil verwyder, kliek op die leë sirkeltjie langs die Kategorie se naam en dan op die 'Verwyder" knoppie. Wanneer jy seker is jy wil voortgaan kliek op die " Ja" knoppie om voort te gaan. Let wel: Wanneer hierdie Kategorie met al sy gekoppelde redes verwyder is kan dit nie omgeswaai of herstel word nie.

 Vrae wat gereeld gevra word

Kan ek meer of minder as 3 vlakke van Oortredings/ Erkennings skep?

Jy kan soveel vlakke hê as wat jy wil op die Stelsel.

Ek wil nie Erkennings gebruik nie slegs Oortredings

Wanneer jy nie Erkennnings wil gebruik op die stelsel nie, kan jy die Kategorieë en redes verwyder.

Kanselleer Oortredings en Erkennings mekaar uit op die stelsel?

Nee, Oortredings en Erkennnings kanseleer mekaar nie uit op die stelsel nie.

Ek wil die Kategorieë uitvoer na Excel/ Google sheets. 

Om die lys uit te voer na Excel of Google sheets kliek asseblief op die prentjie knoppie bo aan die lys.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Gedragskode

      My Skool > Gedragskode  Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie maak dit moontlik om die gedragskode van die skool op te stel deur Erkennings en Oortredings te skep en aan die dissipline te koppel deur positiewe en negatiewe ...
    • Bate Kategorieë

      Hoe om bate kategorieë te besigtig Kliek op die pyltjie om 'n afdeling uit te brei © Copyright d6 group (Pty) Ltd
    • Bron Kategorieë

      Wanneer hulpbronne bygevoeg word wil ons graag weet na watter kategorie die hulpbron gesorteer moet word. Hierdie naam sal as 'n opskrif in die ouer se toep vertoon. Wanneer die hulpbron gestoor is, sal toepaslike Ouers en Ander kontakte wat gekoppel ...
    • Kommunikasie Kategorieë

      Inleiding My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kategorieë Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kommunikasie kategorieë is geskep om inligting te kategoriseer wat gedeel word met kliënte/ gebruikers. Skep 'n Kommunikasie Kategorie Om ...
    • Gedrag

      My Skool > Gedragskode > Gedrag Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie laat jou toe om oortredings/ erkennings te skep en te koppel aan die spesifieke vlak wat in die Kategorieë afdeling geskep is. Maak asseblief seker dat ...