My Skool > Gedragskode > Gedrag
Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.
Hierdie funksie laat jou toe om oortredings/ erkennings te skep en te koppel aan die spesifieke vlak wat in die Kategorieë afdeling geskep is.
Maak asseblief seker dat die Kategorieë afdeling wel opgestel is voordat jy voortgaan.
Stel Gedrag op
- Gaan na My Skool > Gedragskode > Gedrag.
- Hierdie bladsy vertoon die dissiplinêre gedrags redes.
- Jy kan kies om Alle kategorieë te sien, slegs erkennings of slegs Oortredings.
- Jy kan kies om Alle items, Akademies, Algemeen of ander opsies te sien onder Items.
- Daar is 'n hoeveelheid beskikbaar vir die opsomming van hoeveel keer 'n spesifieke rede gebruik was.
Skep 'n Gedrag Rede (Item)
- Wanneer 'n nuwe gedragsrede geskep word kliek op die "Skep 'n Item" knoppie.
- Kies die kategorie deur op die pyltjie langs bv. Akademies (Erkenning) te kliek en van die kieslys te kies.
- Lees die Punt waarde in. Let wel dat 'n oortreding 'n negatiewe nommer soos -5 sal kry en 'n erkenning sal 'n positiewe nommer kry soos 5.
- Kliek op "stoor" om die gedragsrede (Item) by te voeg.
Verwyder 'n Gedrag rede
- Wanner jy 'n gedrag rede wil verwyder kliek op die sirkeltjie (radio) knoppie langs die gedrag rede en kliek dan op die "Verwyder" knoppie.
- 'n Boodskap sal wys wat vra: "Is u seker u wil hierdie gedragitem verwyder wat 0 kere gebruik is?"
- Wanneer jy seker is jy wil hierdie aksie voltooi kliek op "Ja" om voort te gaan.
- Let Wel: Wanneer die Gedrags rede verwyder is kan dit nie omgedraai of herstel word nie.
- Kliek op die "Ja" knoppie om voort te gaan.
Vrae wat gereeld gevra word
Hoeveel Gedrag redes kan gekoppel word aan 'n Kategorie?
Jy kan soveel gedragsrede koppel as wat jy nodig het, daar is geen beperking nie.
Ek wil graag die Gedrag redes uitvoer na Excel of Google Sheets.
Om uit te voer na Excel of Google Sheets kliek op die prentjie knoppie bo aan die lys.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd.