Aksie Opstelling

Aksie Opstelling

My Skool > Gedragskode > Aksie Opstelling


Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel.

  • Sekere dissiplinêre aksies moet opgestel word vir hierdie funksie. Hierdie aksies sal outomaties gegeneer word wanneer die opstelling vir 'n spesifieke aksie gefinaliseer is.
  • Aksies kan insluit briewe vir Detensie, onderhoud met ouers ens. Let wel: slegs oortredings kan tans in die afdeling verwerk word. Maak asseblief seker dat beide die Kategorieë en Gedrag afdelings opgestel is voor jy voortgaan met hierdie afdeling.

Aksie Opstelling: Algemene inligting

  • 'n Lys van vooropgestelde aksies is alreeds gelaai op die stelsel. Jy kan hierdie aksies redigeer of 'n nuwe aksie skep.
  • Die lys kan vertoon word vir all aksies, slegs oortredings of slegs erkennings.
  • Kliek op die af pyltjie langs"alle aksies" om jou keuse te maak.

Redigeer 'n aksie:

Kliek op die redigeer knoppie langs die aksie wat jy wil redigeer. Hier is dit moontlik om die naam, minimum hoeveelheid punte vir aksie en verskeie ander besonderhede.

Verwyder 'n aksie:

Kliek op die rooi sirkel met die wit kruisie in langs die aksie se naam wat jy wil delete. Jy sal gevra word: " Is jy seker jy wil die aksie verwyder?" Kliek op "Ja".

Skep 'n nuwe aksie:

Maak die keuses vir Gedragskode aksie inligting soos volg:

  • Kies die kategorie aksie wat geneem moet word deur op die pyltjie te kliek  langs bv. Oortredings.
  • Lees die beskrywing in in beide Afrikaans en Engels, as jy net een taal inlees sal die stelsel bv. Afrikaanse briewe/ verslae wat in Engels gegenereer moet word.
  • Hierdie velde word gemerk met 'n rooi * wat aandui dat hierdie verpligte velde is.
  • Jy sal nie toegelaat word om voort te gaan wanneer enige van die * velde nie voltooi is nie.
  • Kies 'n sekere kategorie wat gebruik moet word vir hierdie aksie of dat enige kategorie gebruik kan word. Kliek op die af pyltjie langs "Enige Kategorie" om die keuse te maak.
  • Sleutel die minimum punte waarde in wat 'n aksie kan laat plaasvind. Let Wel: 'n Oortreding sal 'n negatiewe nommer wees, bv -5 en 'n erkenning sal 'n positiewe nommer wees bv. 5. Hierdie wys vir die Stelsel wanneer 'n leerder die minimum hoeveeheid bv. oortredings bereik die Stelsel outomaties 'n brief genereer vir hierdie spesifieke aksie.
  • Maak die keuse deur op die af pyltjie langs " Genereer Briewe aan Ouers". Die beste is om vir oortredings briewe te Genereer aan die ouers. 

Maak die keuse vir die brief soos volg:

  • Kies die tipe brief wat gegenereer moet word deur op die af pyltjie langs Kennisgewings van Oortredings (Detensie).
  • Briewe is vooraf geprogrammeer op die Stelsel.
  • Kies hoe die brief gedruk moet word deur op die pyltjie te kliek langs "Herhalend".
  • En laastens kies of jy die opvoeder se naam ook gedruk wil hê op die brief.
  • Kliek op "stoor" om die Aksie te stoor.

Vrae wat gereeld gevra word:


Ek het die opstelling gedoen vir 'n aksie, maar nie 'n taak ontvang om die dissipline briewe te genereer nie.

Redigeer die aksie en maak seker dat die minimum waarde van die punte nie te hoog is nie. Byvoorbeeld as jy die minimum waarde van die punt -50 maak en meeste van jou gedragskode items het die waarde van -1, die leerders moet 50 oortredeings kry voor die brief gegenereer sal word. Maak die minimum waarde van punte minder bv. -15 of verhoog die waarde van die gedragsitems van bv. -1 na -5.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.

    • Related Articles

    • Gedragskode

      My Skool > Gedragskode  Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie funksie maak dit moontlik om die gedragskode van die skool op te stel deur Erkennings en Oortredings te skep en aan die dissipline te koppel deur positiewe en negatiewe ...
    • Aksie Kontrole

      My Skool > Gedragskode > Aksie Kontrole Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel. Die funksie is taak gedrewe. My Tuiste > Take. Die taak gedrewe boodskap met betrekking tot Aksie Kontrole sal slegs wys as 'n sekere hoeveelheid ...
    • Doen en late opstelling

      Inleiding My Skool > Algemeen > Doen en late opstelling Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel. Hierdie funksie laat jou toe om die beskikbare Doen en Late tipes en redes te sien wat jy gaan gebruik wanneer jy 'n leerder se Doen en Late ...
    • LEERPROGRAM OPSTELLING

      My Skool > Kurrikulum > Leerprogram Opstelling Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Indien u op stap 3 van die Leerprogramopstelling 'n Taak sou verwyder wat opgestel is as deel van 'n Vak-spesifieke formule, sal die taak ook uit die ...
    • Verwerk Aksies

      My Skool > Gedragskode > Verwerk Aksies Druk <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Die Gedragskode Verwerk Aksie funksie is taak gedrewe. Die taak gedrewe boodskap met betrekking tot die Verwerk Aksie verwerking sal slegs verskyn wanneer 'n ...