Aksie Kontrole

Aksie Kontrole

My Skool > Gedragskode > Aksie Kontrole

Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel.

Die funksie is taak gedrewe. My Tuiste > Take. Die taak gedrewe boodskap met betrekking tot Aksie Kontrole sal slegs wys as 'n sekere hoeveelheid oortredings bereik is vir 'n spesifieke leerder soos opgestel in die Aksie Opstelling module en die Verwerk Aksies gedoen is. Maak asseblief seker dat die Verwerk Aksies gefinaliseer is.

Aksie Kontrole: Algemene inligting

  • Die prosessesering van aksies kan op twee maniere gedoen word:
  • 1. 'n Taak sal verskyn wanneer jy op die stelsel inteken.
  • 2. Gaan na My Skool > Gedragskode > Aksie Kontrole.
  • Die bladsy sal oopmaak met 'n lys van aksie kontroles.
  • Om briewe te sien vir 'n spesifieke aksie, kliek op die radio knoppie (sirkeltjie) langs die leerder se naam en kliek op die "Besigtig" knoppie.
  • Let Wel: Maak asseblief seker die keuses wat jy gemaak het is korrek. Wanneer jy die "gaan voort" knoppie gekliek het of die leerder verwyder het van hierdie lys, is die enigste manier om die leerder weer terug te kry op die lys, deur die oortredings weer te laai.

Verwerk Aksie Kontrole vir Kennisgewing van Detensie

Wanneer die Aksie Kontrole vir Kennisgewing van Detensie verwerk word, kliek op die knoppie met die blou pyltjie op.

Verwyder 'n leerder se naam van die lys 
  • Wanneer 'n leerder se oortredings van die stelsel af verwyder is, sal die leerders steeds op hierdie lys verskyn.
  • Om 'n  leerder van die lys te verwyder, kliek in die blokkie langs die leerder se naam en dan op "Verwyder".
  • Die volgende boodskap sal verskyn: "Is jy seker jy wil die leerder van die lys verwyder?"
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie om voort te gaan wanneer jy seker is jou keuses is korrek.
Finalisering van die aksie kontrole

  • Kies die leerders wie die detensie bygewoon het deur op die blokkie langs die leerder se naam te kliek en dan die "gaan voort" knoppie.
  • 'n Boodskap sal vertoon in Pienk, wat jou sal waarsku dat die proses nie teruggerol kan word nie.
  • Maak jou keuse, wanneer jy die keuse wil verander sal jy na die vorige bladsy teruggaan. Deur op "Bevestig" te kliek finaliseer hierdie Aksie.
  • Wanneer al die leerders se name gekies word en die "gaan voort" knoppie gekliek is, sal hierdie spesifieke Aksie Kontrole van die lys af verdwyn wat op die bladsy vertoon.

Verwerk Aksie Kontrole vir Onderhoud met ouers

  • Om die Aksie kontrole vir Onderhoud met ouers te verwerk, kliek op die blou pyltjie.
  • Volg dieselfde stappe as met "Kennisgewing van Detensie".

Verwerk Aksie Kontrole vir Onderhoud met Beheerliggaam

  • Om die Aksie kontrole vir Onderhoud met Beheerliggaam te verwerk, kliek op die blou pyltjie.
  • Volg dieselfde stappe as met "Kennisgewing van Detensie".

Vrae wat gereeld gevra word

Ek het 'n leerder verwyder van die Aksie Kontole lys af, maar die leerder se naam verskyn steeds op die lys

  • Die Leerder Oortredings is nie van die stelsel af verwyder nie. Volg asseblief die stappe om die oortredings te verwyder van 'n leerder.
  • Gaan na My Skool > Leerders > Dissipline.
  • Kliek in die sirkeltjie (radio knoppie) langs die leerder se naam van die oortreding wat jy wil verwyder en kliek op "Verwyder".

Daar is geen Aksie kontrole take wat vertoon in die Take skerm wanneer ek aanteken op die stelsel nie

Die Aksie Kontrole take kan slegs besigtig word deur die Dissipline Hoof. Vra jou Skool Stelsel Administrateur om te bevestig wie die Dissipline Hoof tans op die Stelsel is. As jy die Dissipline Hoof is en geen take verskyn op die take skerm, is dit omdat daar tans geen Aksie Kontroles is om te verwerk nie. Leerder Oortredings het nog nie 'n minimum opgehoopte hoeveelheid punte, soos opgestel in die Aksie Opstelling Module, bereik nie en geen briewe is gestuur na leerders nie.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • Aksie Opstelling

      My Skool > Gedragskode > Aksie Opstelling Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel. Sekere dissiplinêre aksies moet opgestel word vir hierdie funksie. Hierdie aksies sal outomaties gegeneer word wanneer die opstelling vir 'n spesifieke ...
    • DISSIPLINE

      GENEREER DIE DISSIPLINE VERSLAG Kies vir wie die verslag gedruk moet word. Kies die periode waarvoor die verslag opgestel moet word. Indien u enige van die eerste drie Leerders verslae gekies het, kies dan om die onderwyser te vertoon. Indien u enige ...
    • Dissipline

      My Skool > Leerders > Dissipline Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek. Hierdie dokument sal verduidelik hoe om oortredings / erkennings vir 'n spesifieke leerder, registerklas of vakgroep toe te ken. Hierdie funksie laat personeel, wat die ...
    • OUERS

      In hierdie funksie kan inligting van Ouers, Voogde en Rekenpligtiges geredigeer word. LAAI OUER INLIGTING Kliek op die "Laai 'n ouer" knoppie Indien dit ‘n nuwe familie is moet u niks insleutel onder "Familie Inligting" nie. Indien dit ‘n nuwe ouer ...
    • SMS Boodskappe

      My Skool > Kommunikasie > SMS Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die SMS funksie gee die geleentheid om met Ouers, Personeel, Leerders, Debiteure en eie nommers te kommunikeer. Kommunikasie met betrekking tot dissipline, sport ...