FAMILIES

FAMILIES



Families is die manier om leerders wat dieselfde ouers het te groepeer ( broers en susters of al die leerders van 'n kinderhuis byvoorbeeld). Die voordeel van die gebruik van families is om die duplisering van data te voorkom en om inligting tussen verskillende stelsel funksies te deel. Ouers wat skoolgeld betaal maak gebruik van ' n enkele familiekode as 'n verwysing vir alle leerders.

Hierdie funksie maak dit moontlik om ‘n leerder te koppel aan ‘n nuwe familie of ‘n bestaande familie en om ‘n familie se naam te verander.

VERANDER ‘N FAMILIE SE NAAM

Die naam van 'n gesin is 'n blote naamkonvensie vir hoe u skool verwys na families. Dit kan die leerder of ouer se van wees, of 'n kombinasie van altwee. Die standaard in die sisteem is om die van, van die ouer te gebruik. 

Die Beste praktyk is om 'n kombinasie te gebruik van die ouer se van en leerder se van in gevalle waar dit verskil byvoorbeeld: van der Merwe (Schoeman) - waar 'van der Merwe' die ouer se van is en 'Schoeman’ die van van die leerder is.
  • Indien u 'n verandering wil aanbring aan ‘n familie se inligting, moet u eers die familie vind waarvoor die verandering gedoen wil word.  Dit kan op verskeie maniere gedoen word maar twee van die metodes wat u die meeste sal gebruik is soos volg:

1. U kan  by die opsie “Soek vir families” een van die volgende kies : Familiekode of Familienaam. Kies die opsie wat wat u wil gebruik en tik dan die relevante inligting in die blokkie net regs daarvan in.  Kliek dan op die "Soek" knoppie.

2. Die tweede manier is baie eenvoudiger en dit behels dat die relevante soek inligting (bv familienaam of familiekode) slegs in die soekblokkie aan die bokant van die tabel voltooi word. Die stelsel sal direk alle data uit filter wat aan u soek kriteria voldoen.
  • Die familie/s sal nou vertoon.
  • Kies die familie wat u wil redigeer deur op die sirkel te kliek links van die nommer.
  • Kliek op die oranja "Redigeer"  knoppie heel onder.
  • U kan nou die Familie beskrywing (Naam) van die Familie verander.
  • Dit kan as gevolg van verskeie redes wees, byvoorbeeld: 'n spelfout, egskeiding, hertrou of om dubbelsinnigheid te vermy.
  • Wanneer u klaar u Familie verander het kan u op die "Stoor" knoppie kliek.

KOPPEL ‘N NUWE LEERDER AAN ‘N NUWE FAMILIE

Indien ‘n leerder vir die eerste keer by u  skool inskryf kan u die volgende stappe volg:

My Skool > Leerders > Leerders

Kliek op die "Rooi kol met die wit kruis" knoppie. Daar sal nou 6 stappe wees wat u moet volg om ‘n leerder in te skryf. U sal nie instaat wees om na ‘n volgende stap oor te gaan, alvorens u nie die huidige stap afgehandel het nie. Dit is uiters belangrik om al die stappe deeglik te voltooi vir toekomstige transaksies op die stelsel.

  • Die skerm sal vertoon op Stap 1: Familie Inligting
  • Indien dit die eerste leerder van die familie in die skool is kies u die “Nuwe familie” opsie.

KOPPEL ‘N NUWE LEERDER AAN ‘N ANDER (BESTAANDE) FAMILIE

Kliek op die "Rooi kol met die wit kruisie in"  knoppie. Daar sal nou 6 stappe wees wat u moet volg om ‘n leerder in te skryf. U sal nie instaat wees om na ‘n volgende stap oor te gaan, alvorens u nie die huidige stap afgehandel het nie. Dit is uiters belangrik om al die stappe deeglik te voltooi vir toekomstige transaksies op die stelsel.

U moet nou die bestaande familienommer kies, waaraan die nuwe leerder moet gekoppel moet word.
  • Gebruik die af-pyltjies van òf die familiekode òf die familienaam om maklik te soek.
  • Kliek op die "Gaan voort" knoppie

KOPPEL ’N BESTAANDE LEERDER AAN ‘N NUWE FAMILIE

My Skool > Leerders > Leerders

Indien ‘n leerder alreeds bestaan in u skool en gekoppel is aan ‘n bestaande familie en u wil die leerder koppel aan ‘n nuwe familie (Byvoorbeeld, in die geval van ‘n pleegsorg kind, aanneming of egskeiding) kan u die volgende stappe volg:
  • Soek vir die leerder aan wie u wil koppel aan ‘n nuwe familie. U kan alle leerders net soek of by die opsie “Soek ‘n leerder” een van die volgende kies : Nommer, Van, Noemnaam, Familiekode, Familie, selfoon nommer, ID-nommer of Volle name.
  • U kan ook volgens die status u soektog se eindresultaat meer akkuraat maak dmv die opsies beskikbaar by “Kies ‘n Status”: Alle leerders, Duplikate, Huidig, Ingeskryf en Verlaat.
  • Jy kan ook enige besonderhede van ‘n leerder intik in die soek blokkie om ‘n leerder te soek. Die stelsel sal jou direk na die spesifieke besonderhede navigeer.
  • Kliek op die sirkel  langs die gekose inskrywing wat u wil redigeer en kliek op die "Redigeer" knoppie.
  • Kliek op die af-pyltjie en kies “Nuwe Familie”
  • Kliek op die "Voltooi verpligte stappe" knoppie.
  • Die skerm sal nou vertoon op stap 4 van die 6 stap proses.
  • Wanneer u op die "Gaan voort"   knoppie gekliek het by stap 6, sal al u nuwe inligting suksesvol gestoor wees.
  • Die stelsel sal u outomaties terugneem na die "Leerders" funksie.

© Copyright d6 group (Pty) Ltd.

    • Related Articles

    • OUERS

      In hierdie funksie kan inligting van Ouers, Voogde en Rekenpligtiges geredigeer word. LAAI OUER INLIGTING Kliek op die "Laai 'n ouer" knoppie Indien dit ‘n nuwe familie is moet u niks insleutel onder "Familie Inligting" nie. Indien dit ‘n nuwe ouer ...
    • Families

      FAMILIES Families are the way to group learners that share the same parents (brothers and sisters or all learners of a Foster home for example). The benefit of using families is to avoid the duplication of data and to share information between ...
    • SMS Boodskappe

      My Skool > Kommunikasie > SMS Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die SMS funksie gee die geleentheid om met Ouers, Personeel, Leerders, Debiteure en eie nommers te kommunikeer. Kommunikasie met betrekking tot dissipline, sport ...
    • Aksie Kontrole

      My Skool > Gedragskode > Aksie Kontrole Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel. Die funksie is taak gedrewe. My Tuiste > Take. Die taak gedrewe boodskap met betrekking tot Aksie Kontrole sal slegs wys as 'n sekere hoeveelheid ...
    • Redigeer 'n Leerder

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Redigeer 'n leerder Wanneer jy veranderinge wil aanbring aan 'n leerder se inligting, moet jy eers die leerder soek vir wie jy die verandering wil maak. Hierdie kan ...