OUERS

OUERS



In hierdie funksie kan inligting van Ouers, Voogde en Rekenpligtiges geredigeer word.

LAAI OUER INLIGTING

  • Kliek op die "Laai 'n ouer" knoppie
  • Indien dit ‘n nuwe familie is moet u niks insleutel onder "Familie Inligting" nie.
  • Indien dit ‘n nuwe ouer is, maar die Familie bestaan reeds moet u asb die korrekte Familie kode selekteer.
  • Sleutel nou al die inligting van die ouer in. Onthou asseblief dat al die velde wat met 'n rooi asterisk ( * ) gemerk is, verpligte velde is.
  • Om al u inligting te stoor, kliek op die oranja "Voeg by" knoppie aan die onderkant van die skerm.
  • Indien u nie die volledige ID nommer van die ouer ingesleutel het nie, sal u die volgende boodskap sien: ( Die ouer se ID nommer is nie geldig nie. LURITS gaan die ouer se leerders verwerp. Wil u voortgaan? )
  • Kliek op "Nee" om die ID nommer reg te maak.
  • Kliek op die "Ja" knoppie. U inligting sal nou gestoor wees.
  • Die stelsel sal u outomaties terugneem na die Ouers, Voogde of Rekenpligtige skerm toe.
Maak seker u sleutel die volledige en korrekte ID nommer van die ouer in wanneer jy ‘n ouer byvoeg. Die rede hoekom die ID nommer belangrik is, is vir LURITS doeleindes.

REDIGEER OUER INLIGTING

  • Indien u 'n verandering wil aanbring aan ‘n ouer se inligting, kan u by die opsie “Soek vir ouer(s)” een van die volgende soek funksies kies.
  • Wanneer u klaar die opsie gekies het kan u die gekose opsie se inligting intik in die blokkie op die regterkant.
  • Kliek op die blou "Soek" knoppie. Die name van die ouers sal nou vertoon word.
  • Jy kan ook enige besonderhede van ‘n ouer intik in die soek blokkie om ‘n ouer te soek. Die stelsel sal jou direk na die spesifieke besonderhede neem.
  • Kliek op die sirkel ("radio button") op die linker kant van die nommer van die ouer wat u wil redigeer.
  • Kliek op die oranja "Redigeer" knoppie.
  • Alle inligting van die spesifieke ouer sal nou vertoon word.
  • Maak al u veranderinge aan die ouer se profiel en kliek op die groen "Stoor" knoppie om al die nuwe inligting te stoor.
  • Die stelsel sal u outomaties terugneem na die Ouers, Voogde of Rekenpligtige skerm toe.

VERWYDER ‘N OUER/VOOG/REKENPLIGTIGE

Daar moet ten minste een ouer / voog of verantwoordelike persoon wees wat geskakel is aan ‘n leerder. U sal toegelaat word om ‘n ouer te verwyder wat of verkeerdelik bygesit is of oorlede is.

Belangrike Notas:
  • Die Stelsel sal nie toelaat dat ‘n ouer verwyder word indien daar uitstaande Skoolgelde nog gekoppel is teenoor die spesifieke ouer nie. U sal eers die rekeningpligtende moet verander na die ander ouer wie verantwoordelikheid kan vat vir die skoolgelde. Byvoorbeeld, indien die Pa oorlede is moet jy die Ma die rekeningpligtende maak en dan daarna sal jy die Pa kan verwyder. 
  • U kan die spesifieke leerder profiel verander deur ‘n ekstra ouer / voog of verantwoordelike persoon by te voeg. Dit is altyd belangrik om die geskiedenis te behou vir rekord doeleindes.  
  • Indien u ‘n ouer wat verantwoordelik is vir die rekening verwyder sal die 2de ouer outomaties die rekeningpligte word. 
  • Wanneer ‘n ouer verwyder is sal hy geen voorkeur kommunikasie SMS’e / E-posse meer ontvang nie.
  • Indien u 'n ouer wil verwyder, kan u by die opsie “Soek vir ouer(s)” van die kieslys af kies.
  • Wanneer u klaar die opsie gekies het kan u die gekose opsie se inligting intik in die blokkie op die regterkant.
  • Kliek op die blou "Soek" knoppie. Die name van die ouers sal nou vertoon word.
  • Jy kan ook enige besonderhede van ‘n ouer intik in die soek blokkie om ‘n ouer te soek. Die stelsel sal jou direk na die spesifieke besonderhede neem.
  • Kliek op die sirkel ("radio button") op die linker kant van die nommer van die  ouer wat u wil verwyder.
  • Kliek op die rooi "Verwyder" knoppie.
  • Kies die rede waarom u die spesifieke ouer wil verwyder.
  • As u 100% seker is dat u die ouer wil verwyder, gaan na die onderkant van die bladsy waar die stelsel die volgende boodskap vertoon: "Is u seker u wil hierdie veranderinge aanbring en die ouer verwyder?"
  • Kliek op die groen "Ja" knoppie. U veranderinge sal nou outomaties gestoor wees.
  • Die stelsel sal u terugneem na die begin van die Ouers, Voogde of Rekenpligtige skerm toe.
© Copyright d6 group (Pty) Ltd.

    • Related Articles

    • FAMILIES

      Families is die manier om leerders wat dieselfde ouers het te groepeer ( broers en susters of al die leerders van 'n kinderhuis byvoorbeeld). Die voordeel van die gebruik van families is om die duplisering van data te voorkom en om inligting tussen ...
    • SMS Boodskappe

      My Skool > Kommunikasie > SMS Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die SMS funksie gee die geleentheid om met Ouers, Personeel, Leerders, Debiteure en eie nommers te kommunikeer. Kommunikasie met betrekking tot dissipline, sport ...
    • Aksie Kontrole

      My Skool > Gedragskode > Aksie Kontrole Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel. Die funksie is taak gedrewe. My Tuiste > Take. Die taak gedrewe boodskap met betrekking tot Aksie Kontrole sal slegs wys as 'n sekere hoeveelheid ...
    • SMS Boodskappe

      My Skool > Kommunikasie > SMS  Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die SMS funksie bied aan die gebruiker die geleentheid om met Ouers, Personeel, Leerders, Debiteure, Kanale en eie nommers. Kommunikasie met betrekking tot ...
    • OUERLYS

      Gebruik hierdie verslag om ‘n lys van alle ouers alfabeties te genereer. GENEREER ‘N OUERLYS Kies om Detail of Opsomming te vertoon. Indien u Detail gekies het, kies vir watter ouers om te wys, alle ouers, manlik of vroulik. Selekteer die volgorde om ...