SMS Boodskappe

SMS Boodskappe

My Skool > Kommunikasie > SMS


Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel

Die SMS funksie  gee die geleentheid om met Ouers, Personeel, Leerders, Debiteure en eie nommers  te kommunikeer.
Kommunikasie met betrekking tot dissipline, sport geleenthede, uitstaande gelde en algemene kommunikasie is van toepassing hier.

Die Kommunikasie + module kan nou SMS'e stuur na addisionele lande.
Botswana, Kenya, Namibië, Nigirië en Zimbabwe.
Jy sal toegelaat word om landskodes te gebruik om te bepaal waar die boodskap heen moet gaan, en heffing sal gedoen word op grond van die landskode. Let wel dat a.g.v. tegniese beperkings in baie van die bogenoemde lande sal ontvangers nie kan antwoord op die boodskappe wat hulle ontvang het van d6+ af nie.

Stuur 'n nuwe SMS

'n Nuwe bladsy sal oopmaak waar jy kan kies wie die gehoor van jou SMS is, die datum en tyd wanneer die SMS gestuur moet word, kies om of dieselfde SMS vir almal te stuur of volgens die Voorkeurtaal van die Ontvanger.
Sleutel die boodskap in.

SMS aan ouers

  • Kies dan die ouer inligting en watter leerders se ouers die SMS moet ontvang.
  • Kies vir watter ouers, en watter geslag.
  • Kies families aan die linkerkant en kliek op die pyltjie om hulle te allokeer.
  • Kies ouers van die volgende leerders en kies die leerders.
  • Kies ouers van die leerders op waglyste in die volgende grade kies die waglyste.
  • Kies ouers met leerders in die volgende klasse en kies die klasse.
  • Kies ouers en dra oor na regs.

SMS na Leerders

  • Maak jou keuse in die "Vir" veld kies "Vir Leerders"
  • Kies watter leerders die SMS moet ontvang: Huidige Leerders; Verlaat Leerders (Alma Mater Leerders) of Geregistreerde Leerders (Waglys Leerders).
  • Kies Leerders in die volgende grade en kies leerders in die volgende klasse.

SMS aan Debiteure

Kies om die Vooropgestelde SMS te gebruik. By " Gebruik Vooropgestelde SMS"  kies "Ja".
In die "Vooropgestelde SMS" veld sal jy twee opsies kry:
1.  Stuur Debiteur se verwysingsnommer
2. Send familiy code and outstanding balance.
Onderaan die bladsy kies tussen Alle Debiteure, slegs families met kinders in die skool, slegs families met geen kinders meer in die skool, kies families en kies Debiteure van Heffingskategorië. 
Aan Debiteure met uitstaande balanse kies om te stuur met ouderdomsontleding en daaronder die datums.
Aan Debiteure met uitstaande balanse kie som te stuur met uitstaande balanse en kies die balans bedrag.
Wanneer jy kies " Kies families" in die "Vir Debiteure" veld sal 'n blok vertoon met debiteure se name waar jy kan kies aan wie jy wil stuur.
Wanneer jy kies " Kies debiteure van Heffingskategorieë" sal die stelsel 'n blok vertoon met die heffingskategorieë sodat jy daarvanaf kan kies.

SMS aan personeellede

Wanneer jy personeel kies, maak 'n keuse tussen " Alle personeellede", "Kies kategorieë" of kies "personeellede".
Kies die kategorieë en plaas hulle oor na regs.
Kies Personeellede en plaas oor na regs.

SMS aan Kanale

Wanneer jy "Kanale" kies, maak 'n keuse tussen "alle kanale" of "kies kanale".
Kies die kanale aan die linkerkant en plaas oor na regs.

SMS aan eie nommers

Wanneer jy eie nommers gekies het, lees 'n nommer in in die blok daarvoor geskep en kliek op "Voeg by".
Jy kan ook nommer afhaal deur hulle na links te skuif.

Vrae wat gereeld gevra word
Hoeveel karakters kan een SMS wees?

SMS boodskappe kan tot 612 karakters akommodeer (maksimum 4 dele) - let wel dat boodskappe langer as 160 karakters sal afgelewer word in dele, die prys word bereken in dele en nie per SMS nie.

       © Copyright d6 group (Pty) Ltd.
    • Related Articles

    • SMS Boodskappe

      My Skool > Kommunikasie > SMS  Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die SMS funksie bied aan die gebruiker die geleentheid om met Ouers, Personeel, Leerders, Debiteure, Kanale en eie nommers. Kommunikasie met betrekking tot ...
    • OUERS

      In hierdie funksie kan inligting van Ouers, Voogde en Rekenpligtiges geredigeer word. LAAI OUER INLIGTING Kliek op die "Laai 'n ouer" knoppie Indien dit ‘n nuwe familie is moet u niks insleutel onder "Familie Inligting" nie. Indien dit ‘n nuwe ouer ...
    • MY SMS

      My Skool > Kommunikasie > My SMS Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Gaan na hierdie funksie wanneer jy al die SMS'e kan sien wat gestuur is deur 'n spesifieke gebruiker vanuit die stelsel sowel as die antwoorde/ terugvoer van die ...
    • Kommunikasie Groepe

      My Skool > Kommunikasie > Kommunikasie Kanale Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Kommunikasie Kanale is die skakels tussen Ouers/ Ander Kontakpersone en d6 Connect inhoud. Multi-platform en d6 Connect boodskappe kan gestuur word aan ...
    • Multi-Platform Kommunikasie

      My Skool > Kommunikasie > Multi-Platform Kommunikasie Druk <Ctrl><F> to search for words in the article Hierdie funksie laat die gebruiker toe om kommunikasie te stuur deur verskillende mediums sonder duplikasie en onnodige kostes. Dit kan E-pos, SMS ...