Dissipline

Dissipline

My Skool > Leerders > Dissipline

Tik <Ctrl> <F> om woorde in die artikel te soek.
Hierdie dokument sal verduidelik hoe om oortredings / erkennings vir 'n spesifieke leerder, registerklas of vakgroep toe te ken.
Hierdie funksie laat personeel, wat die toepaslike stelsel module regte het, toe om oortredings / erkennings in te lees op die stelsel.
Maak asseblief seker dat al die stappe om die dissipline module op te stel gevolg is voordat oortredings / erkennings ingelees kan word. 

Bestaande dissipline -inskrywings:

Die eerste skerm vertoon all bestaande inskrywings.  
Let wel: Die stelsel vertoon outomaties die eerste 25 resultate op hierdie bladsy, as jy meer klasse wil sien, kies die volgende bladsy deur op "next" bo aan die bladsy te kliek. Of jy kan die opsie kies om meer resultate per bladsy te sien deur op die toepaslike hoeveelheid by "Resultate per bladsy" te kliek (10,25,50,100 of 500).   Die inskrywings wat op die skerm vertoon kan uitgevoer word na Excel of Google sheets indien die gebruiker Excel uitvoer regte het.
Maak gebruik van die volgende keuses om spesifieke inskrywings te vertoon. 
  1. Graad: Alle grade of kies 'n spesifieke graad ( Alle grade as standaard)
  2. Status: Alle leerders / Huidige leerders / Verlaat leerders 
  3. Disipline tydperk: 
    1. Jaar: Vertoon die inskrywings van 'n spesifieke jaar
    2. Termyn: Vertoon die inskrywings van 'n spesifieke termyn
    3. Maand:  Vertoon die inskrywings van 'n spesifieke maand
    4. Datum: Vertoon die inskrywings op een spesifieke datum
    5. Eie datums: Vertoon die inskrywings van 'n spesifieke tydperk deur van en tot datums aan te dui.

Hoe om oortredings / erkennings in te lees

  • Kliek op die groot rooi plus koppie bo aan die bladsy. 
  • Kies die toepaslike groep by "groepeer volgens".
  • Kies die registerklas deur op die sirkeltjie links van die klas se naam te kliek en dan die "kies" knoppie, of kliek op die blou pyltjie langs die registerklas se naam.
  • Maak jou keuses deur op die pyltjies in die velde te kliek.

Wys alle leerders? 

  • Wanneer jy "Ja" kies sal al die leerders van die klas vertoon.
  • Wanneer jy "Nee" kies kan jy een spesifieke leerder per klas vertoon.

Wys redes?

  • Jy kan kies of jy slegs "oortredings" of "erkennings" of "alle redes" wil besigtig. 

Vir 'n spesifieke rede?

  • Wanneer jy 'n spesifieke rede kies van die kieslys sal al die leerders in die gekose registerklas die rede vertoon wat jy gekies het. Wanneer jy "geen spesifieke rede" kies sal jy die opsie hê om verskillende redes te kies op die volgende bladsy.
  • Kliek op "gaan voort".

As jou keuse by " Wys alle leerders" "nee" is: 

  • Maak jou keuse deur op die af pyltjies te kliek in elke veld.
    Opmerking: Jy kan 'n opmerking inlees as jy wil uitbrei oor die rede wat jy gekies het. Dit is nie 'n verpligte veld nie maar word aanbeveel, om meer inligting te vertoon as die saak meer aandag nodig het.
  • SMS Ouers: Jy kan 'n SMS stuur na die ouer/s deur die stelsel deur op die blokkie onder "SMS ouers" te kliek. Hierdie opsie dui ook die sms status aan deur die gebruik van kleure.
  • Wanneer jy meer leerders van dieselfde klas op dieselfde dag, kliek op die "voeg lyn by" knoppie.
  • As jy iets verkeerdelik ingelees het, kan jy dit verwyder deur op die blokkie langs die leerder se naam te kliek en dan op "vee lyne uit" knoppie.
  • Kliek op "gaan voort" om die inligting te stoor. 

As jou keuse by " Wys alle leerders" "Ja" is.

  • Maak jou keuse deur op die af pyltjies in elke veld te kliek.
  • Rede: Kies 'n rede van die kieslys af.
Opmerking: Jy kan 'n opmerking inlees as jy meer wil uitbrei op die rede wat jy gekies het. Dit is nie verpligtend nie maar word aanbeveel in geval meer inligting nodig is wanneer die saak meer aandag nodig het.
  • SMS ouers: Jy kan 'n SMS stuur na die ouer/s deur die stelsel deur op die blokkie onder "SMS ouers" te kliek. Hierdie opsie dui ook die sms status aan deur die gebruik van kleure.
  • Om leerders wat geen inskrywings het vir oortredings / erkennings nie, te verwyder, kliek in die boksie langs die leerder se naam en kliek op "vee lyne uit".
  • Kliek op "Gaan voort" om die inligting te stoor.

Om Dissipline oortredings / erkennings vir 'n spesifieke leerder in 'n Spesifieke Registerklas te Redigeer.

  • Jy kan oortredings / erkennings redigeer wat verkeerdelik ingevoer is.
  • Print eerstens die dissiplineverslag vir hierdie spesifieke leerder aangesien jy die datum van die oortreding / erkenning nodig het sowel as die Opvoeder se naam wat die oortreding / erkenning aangemeld het. 
  • Kies die toepaslike registerklas deur op die sirkeltjie (radio button) te kliek en dan op die blou "kies" knoppie of op die blou pyltjie langs die toepaslike registerklas. 
  • Maak jou keuses deur op die kieslyste te kliek.
  • Verwys na die Dissiplineverslag vir die leerder oortreding / erkenning datum en personeellid. 
  • Opvoeder: Kies die naam van die opvoeder wat die oortreding / erkenning aangemeld het.
  • Vertoon all leerders? Kies "Nee" aangesien jy 'n leerder wil kies en nie alle leerdername wil sien nie.
  • Vertoon redes? Kies "alle redes". Vir 'n spesifieke rede kies "Geen spesifieke rede".
  • Kliek op "Gaan Voort" om die veranderinge te stoor.
  • Kies die leerder deur op die kieslys in die "kies 'n leerder" blokkie te kliek.
  • Wanneer jy die leerder kies sal die SMS Ouers outomaties opdateer soos aangedui op die ouer se profiel.
  • Jy kan die blokkies se merkies afhaal as jy nie wil hê die ouers moet die SMS ontvang nie.
  • Kliek op "gaan voort" om die inligting te stoor.

Hoe om 'n Dissipline oortreding / erkenning vir 'n Spesifieke Leerder in 'n Spesifieke Leerder Registerklas te verwyder. 

  • Volg die stappe soos hierbo uiteengesit om die Oortreding / Erkenning te redigeer.
  • "Verwyder" leerder oortredings / erkennings deur te kliek op die blokkie langs die leerder se naam en kliek dan op "vee lyne uit" om die inligting te verwyder. 
  • Kliek op die "gaan voort" knoppie om die inligting te stoor.


 Stuur SMS / d6 Verbind boodskap vir dissipline

  1. Gaan na My Tuiste - My Take - Gedragskode take
  2. As 'n taak aandui dat gedrasboodskaape wag om gestuur te word, kliek op die "Klief hier" skakel om die lys te sien
  3. Kies die gewenste afleweringsmetode hierbo om ook slegs SMS boodskappe te stuur of gratis boodskappe na geregistreerde d6 connect gebruikers te stuur
  4. Dit is moontlik om die boodskapteks wat na die ouer gestuur word te verander.

    1. Om die boodskapsjabloon te wysig, kies een van die boodskappe in die lys en klik op die knoppie" Wysig boodskapsjabloon"
    2. Die gedeeltes aan die linkerkant verander die boodskappe vir oortredings of negatiewe punte
    3. Die afdelings aan die regerkant verander die boodskappe vir herkansings van positiewe punte
    4. Indien nodig,verander die onderwerpteks van die boodskap wat in Afrikaans of Engels gestuur sal word
    5. Verander die boodskapteks deur nuwe teks in te tik en die veldknoppies regs op die skerm te gebruik ( Blaai na regs as dit nie verskyn nie) om veldname in te voer wat deur die aangeduide waarde vervang sal word
    6. Die veld Dissipline/ Erkenning sal die opmerking van die onderwyser in die boodskap vertoon
    7. Nadat u die verandering aangebring het, klik op "Voorskou" onderaan die bladsy om die boodskap was gestuur sal word, te sien
    8. As u tevrede is, kies stoor

  1. Kies die boodskappe wat gestuur moet word - Gaan voort

Let op die aantal karakters in die boodskap, aangesien SMS boodskappe per deel gehef sal word. Tot 160 karakters word een deel besjou. Langer leerdername of onderwyseropmerkings kan die boodskap tot 2, 3 of 4 dele verhoog.

Vrae wat gereeld gevra word.

Ek kan nie die leerder vind wat gekoppel is aan die oortreding / erkenning wat verwyder moet word nie

Druk die Leerder Dissiplineverslag en maak seker dat jy dieselfde datum en opvoeder gebruik as wat op die verslag staan.





© Copyright d6 group (Pty) Ltd.

    • Related Articles

    • DISSIPLINE

      GENEREER DIE DISSIPLINE VERSLAG Kies vir wie die verslag gedruk moet word. Kies die periode waarvoor die verslag opgestel moet word. Indien u enige van die eerste drie Leerders verslae gekies het, kies dan om die onderwyser te vertoon. Indien u enige ...
    • SMS Boodskappe

      My Skool > Kommunikasie > SMS Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die SMS funksie gee die geleentheid om met Ouers, Personeel, Leerders, Debiteure en eie nommers te kommunikeer. Kommunikasie met betrekking tot dissipline, sport ...
    • Leerders

      My Skool > Leerders > Leerders Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die Leerders funksie is die middelpunt van die invordering van die skool se administratiewe data. Hierin kan alle demografiese inligting, kontak inligting en rekening ...
    • Laat leerders toe om inligting op d6 Connect te sien

      My Skool > Kommunikasie Type <Ctrl> <F> to search for words in the article. Aangesien die d6 Connect app uitsluitlik geskep is om ouers toegang te gee na inligting rakende hul kinders, is daar nie 'n spesifieke proses om leerders aan die app te ...
    • SMS Boodskappe

      My Skool > Kommunikasie > SMS  Druk <Ctrl> <F> om woorde te soek in hierdie artikel Die SMS funksie bied aan die gebruiker die geleentheid om met Ouers, Personeel, Leerders, Debiteure, Kanale en eie nommers. Kommunikasie met betrekking tot ...